"Wag net so 'n bietjie," sê Mamma terwyl sy na die 41ste hoofstuk van Jesaja gesoek het.
"Luister nou mooi, ek sal eers vers tien lees. Daarin het ons 'n heerlike belofte wat baie sal help wanneer 'n mens moedeloos voel. 'Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou, kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.'
"Is dit nie mooi nie? In vers 13 staan hierdie vertroostende woorde: 'Ek, die Here jou God, gryp jou regterhand aan, wat vir jou sê: Wees nie bevrees nie, Ek help jou'. Blykbaar was God hier besig om Sy volk moed in te praat om nie op te gee of moedeloos te word omdat dinge verkeerd geloop het nie."En nou in verse 14 en 15 kry ons die snaakse uitdrukking: 'Wees nie bevrees nie, wurmpie van Jakob... Kyk, Ek maak vir jou 'n skerp nuwe dorsslee wat baie tande het - jy sal berge dors en fynmaal en heuwels maak soos kaf.' "
"Nou sien ek die wurmtande," het Marta glimlaggend gesê.
"Ja," sê Mammie, "is dit nie 'n baie aanmoedigende belofte nie? God het geweet dat Sy volk nietig en waardeloos gevoel het soos 'n wurm en gedink het dat h ulle niks kon doen nie. En toe het Hy aan hulle gesê Skep nuwe moed! Vertrou op My en probeer weer en Ek sal vir jou tande gee wat sterk genoeg is om berge fyn te kou!"
"Ek het dit nog nooit voorheen in die Bybel gesien nie," het Marta uitgeroep. "Dit is baie aanmoedigend, is dit nie?"
"Dit is en ek glo dat dit daar staan om ons hierdie oomblik nuwe moed te gee. God lei ons soms deur moeilike plekke om ons te toets, maar nie om ons moedeloos te maak nie. Hy wil hê dat ons alle moeilikhede moet oorwin. Na elke oorwinning wat ons behaal, sal ons sterker wees. Ons sal sulke sterk tande kry dat ons deur die grootste berge van moeilikheid sal kan byt, sê Mammie.
"Mamma," sy haar in die rede geval, "weet Mams wat ek nou op hierdie oomblik dink?"
"Nee, maar ek kan raai, maar ek is darem nie seker nie."
"Wel, ek wens dat ek sommer more weer die eksamen kan skryf!"