My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Wolf wolf hoe laat is dit?

Release Sce™ Forte

Medikasie wat die simptome van angs, depressie, ADD / ADHD, demensie en menopouse kan behandel. 'n Nie-gewoonte vormende natuurlike produk en sonder voorskrif. 
Community-verified icon


Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Wolf, wolf hoe laat is dit?

Dit was die middag toe hulle alleen was.

Nursie had die dag vry. En Kok is net ná die middagete met die bus weg. Die koffiekoppies, het sy gesê, sal sy ná die bioskoop kom was. Maar die prent móét sy sien: The story behind it all.

Toe kom die tyding: Matrone se broer lê op sterwe. Die Oues het nie eens geweet sy het 'n broer nie. En ook nie dat sy kan huil nie. Nou ja, iets soos huil. Want daar was nie trane of geluid nie, net 'n ken wat ruk.

Die trekkings het nie lank geduur nie. Matrone vee haar oë met een haal skoon en klap haar hande om aandag te kry - die Oues was nog almal bymekaar in die sitkamer, besig om koffie te drink.

Sy sê met haar gewone stem:

"Ek moet Kaap toe vanmiddag om my broer te gaan groet. Mag ek julle alleen laat staan, of moet ek Dominee bel? Kok sal om vyfuur terug wees, en Nursie kom altyd om sewe-uur terug."

Matrone kyk van die een gesig na die ander. Sy kyk na die Kwartel, wat baie oud en baie doof is, en aan haar hart ly, en almal se lekkergoed steel;

na Lady, wat 'n beroemde sangeres was, maar twintig jaar laas gesing het, en 'n rooi pruik dra, selfs op Sondag;

na  Terblaans, wat nie in 'n Ouetehuis hoort nie, omdat sy nog  jare van werk in haar het (sy hekel tafeldoeke vir aanstaande bruide, en vra R50 vir die heel grotes, die prys van die garing nie bygereken nie);

na Kosta, wat deur geleerdheid tot raserny gedryf is;

na Alfons, wat soos 'n hondjie agter Kosta aanloop;

na Wiesie, Mathilda, Gert en Truia;

na al die ander, wat nie name hoef te hê nie, omdat hulle ingeduik en grou is, met stof in die groewe en spinnerakke in die holtes.

Terblaans is al een wat 'n beswaar gemaak het. Sy kyk verdoemend na Lady, Kosta en Alfons en sê: "Onthou Matrone wat laas gebeur het toe ons alleen was?"

Die taxi, wat deur Matrone bestel is, toet dringend voor die deur.

Kosta staan op. "Matrone," sê hy, "nie almal in die inrigting is kinds nie." hy kyk streng na Terblaans. Lady giggel. "Party van ons kan nóg verantwoordelikheid dra."

Die taxi toet weer.

"Dankie, meneer Kosta. Ek hou nie daarvan om Dominee onnodig lastig te val nie. En nou moet ek gaan. Mevrou Terblaans, sal u vir die middagkoffie sorg? Hier is die sleutel. Mevroue Coetzee en Van Deventer kan u bystaan."

Vir laas kyk Matrone na die Oues.

"Sioet wees," gebied sy, en neem haar handsak op en haas haar na die voordeur.

Wiesie, Kytie en Mathilda beweeg hortend, maar vinnig, na 'n venster, kyk hoe die swart taxi oor die nat blare in die oprit wegry.

Lady wil iets doen wat Kosta gaan behaag. Sy boots Matrone se stap na en gaan staan voor die ander Oues.

"Soet wees, kinders, soet wees. Mooi speel, en mekaar nie seermaak nie."

Kosta bestraf Lady, maar eers ná  hy onbehoorlik vir haar geknipoog het:

"Toe nou, Lady, sê hy, "Matrone is beperk, maar sy probeer haar bes. Dis maklik om met kinders te werk, want jy was self 'n kind. Maar hoe sal jy met ou mense werk - as jy nie self oud is nie? Weet óns, die Oues, wat dit is om oud te wees?"

"O, ék weet," teem Wiesie. "Met my  jig." Sy voer 'n hensopbeweging uit, dat almal haar verknotte pootjies kan sien.

Mathilda begin huil:  "En ék weet, met my are  wat verkalk."

"Kwale," sê Kosta streng, "besoek jonk én oud. Dis nie die alleenreg van die ouderdom nie. Lees maar die koerante en die Reader's Digest. Kyk, het ons na die gees verander? Die lug, byvoorbeeld, dis nog net so blou soos toe ons jonk was?"

Sy voorbeeld is swak gekies. 'n Paar kyk na buite, na die grys lug wat afgesak het tot bo die winterbome.

Haastig gaan Kosta voort: "En die dou op die spinnerakke, dit lyk nog steeds soos diamante?"

"Of saffiere," sug Lady. Sy het juwele intiem geken. Diamante om haar hals. En met die styg en daal van haar boesem, flikker en blits die diamante in die verhooglig. En dan die applous; ag, liewe hemel, die applous.

"Of smaragde," sê sy.

Truia, die swygsame, vlam op. "Ja, maar julle oë is nog goed!"

Terblaans glimlag voldaan. Sy voel die kompliment is vir haar bedoel.

Die Kwartel het wakker geskrik en knip haar oë soos 'n uil in die skerp lig. "Ek wil lekkergoed hê" neul sy.

"Ons het niks meer nie," antwoord 'n koor van stemme, só hard dat die Kwartel móét hoor.

"Dan moet ons iets speel." Sy pruil. Sy moes baie gepruil het in haar lewe, want pruilkepe skiet van alkante op haar mond af, staan soos hare om 'n oog.

"Láát ons maar speel," sê Terblaans wat graag die leiding van die middag op haar wil neem, "anders kry sy dalk 'n toeval."

"Wat?" vra Lady spottend.

"O, iets soos 'n raaiselspeletjie..."

"Raaisels?" vra Mathilda. "Ek het nog nie alles vergeet nie. Ek ken een..."

"Tog nie daardie een nie, Mathilda," pleit Truia.

Kytie onderskep die raaisel: "'n Doodkis," sê sy, "'n doodkis is die antwoord."

"Stop!" sê Kosta woedend. "Ons gaan nie neuroties word nie."

"Kom ons hou konsert," stel Lady voor.

"Sal jy dan sing?" vra Terblaans geniepsig.

Lady word bleek. Maar sy kry 'n inval, en die bloed keer terug na haar wange.

"Ja," sê sy slu. "Maar dan moet Kosta my begelei."

Terwyl hulle klavier toe stap, fluister Lady iets vir Kosta. Sy skouers skud soos hy lag.

Truia kyk suur na Kosta. Sy hou nie daarvan dat hy op die klavier speel nie. Die klavier is daar vir die huisgodsdiens.

Lady leun met haar een arm op die klavier. Haar ander hand sprei soos 'n web oor haar dy. Sy laat haar kop na agter sak. Dit lyk of haar kop agteroor getrek word - deur 'n onsigbare hand of 'n klipswaar bolla. Haar oë soek na 'n steunpunt - 'n ewigheid, het haar sangmeester dié steunpunt genoem. Sy vind dit in 'n versiering op die gordynkap. Haar oë raak glaserig. Sy sluk. Dan knik sy, maar sonder om na Kosta te kyk, want sy wil haar ewigheid behou. Versigtig versit sy haar hand op die klavier.

Die Oues sit verstom. Nooit, in al die jare dat Lady in Soete Inval is, wou sy sing nie; en nou, vanmiddag met weinig oorredig, stap sy na die klavier. Der Erlkönig. Kosta speel besete, en Lady sing elke woord, maar sonder geluid. Haar gesig lyk beurtelings gekwel en vertroostend, maar met die slotreël is dit afskuwelik vertrek van smart en angs. Selfs ná Kosta opgehou het met speel, bly sy met 'n oopgesperde mond staan.

Die Kwartel het haar handskoene uitgetrek om beter te kan klap. Hulle lê bruin en verskrompeld op haar skoot - twee dooie spreeus.

"Jy't nie gesing nie," sê Terblaans woedend, "Jy't ons vir die gek gehou."

"Dit was gemeen van jou," sê Mathilda tranerig.

"En sy dan?" vra Lady, en wys na die Kwartel, "sy't my gehoor. En my sang waardeer."

"Sy's doof," sê Truia.

"Vir alledaagse geluide, ja. Maar vir musiek van die sfere, daarvoor is sy baie gevoelig." Lady stap na die Kwartel en soen haar op beide wange. "Ek kry julle jammer," sê sy vir die ander, "julle's op die drumpel, en nóg praat die sfere nie met julle nie."

"Maar ons kon vir Kosta hoor," sê Terblaans triomfantelik.

"Natuurlik," sê Lady, Kosta is 'n skat, maar hy's 'n demoon. Hy sal nooit die sfere hoor nie."

Lady sak op 'n stoel neer. Die musiek het haar ontstel. "...das Kind war tot," prewel sy. "My keel, my keel, ek moet iets te drinke kry."

Terblaans kyk na die horlosie bo die kaggelrak. Sy wil wys hoe ver sy kan sien, selfs in die grys lig van die wintermiddag. "Nog vyf-en-dertig minute voor teetyd." Sy knyp haar lippe so styf opmekaar dat haar mond na 'n knoopsgat lyk wat te nou gemaak is.

"Ek sê julle wat: dié middag vra om iets sterkers. Ons het almal iets in die kamer, vir siekte en Krismis en dae soos vandag. Kom ons gaan haal, dit, en wees vrolik." Kosta volg sy eie voorstel onmiddellik op, klim met die tap na sy kamer.

Terblaans draf agter hom aan. "Oor my dooie liggaam!" skree sy. "Ek gaan Dominee bel."

Kosta praat oor sy sy skouer met haar. "Soete Inval steur nie graag vir Dominee op 'n Satragmiddag nie: hy berei sy diens voor vir Sondag. Maar as u tóg bel, sê hy moet 'n paar bottel nagmaalwyn saambring?"

Terblaans protesteer: dit kán nie, dit mág nie.

Maar Terblaans is 'n stem roepende in die woestyn. Die gebeure van die middag het 'n soort spanning onder die  Oues opgebou: eers die nuus van Matrone se broer; toe haar  huilbui; Lady se grieselige mimiek; die grys lug 'n sweer wat klop, maar nie breek nie. En een-een, of in groepies, gaan hulle na hul kamers toe.

Kosta en Lady en Alfons is al op pad terug as party van die ander nogteen die trap opbeur. Lady het 'n Spaanse kam in haar pruik gesteek en 'n pers tjalie met swart fraiings om haar skouers gehang. Sy gooi 'n tafeldoek oor die koffietafel, terwyl Kosta en Alfons glase uit die buffet haal.

Die verskeidenheid drank is 'n openbaring. Gemmer-, anys- en boegoebrandewyn. Jenewer. Gert het bier gebring. Vodka en rietblits. Elkeen skink vir hom van sy eie drank. Skielik is daar 'n sfeer van kameraderie onder die Oues. Hulle kyk skelm na mekaar: dat ons so stout kan wees, n En "Lachaim" sê hulle, en "Gesondheid" en "Bottoms  up". Kytie het nog nooit van "Bottoms up" gehoor nie en stik in haar vodka soos sy lag.

Die Kwartel het nie self drank nie, maar almal dra vir haar iets aan, tot daar vyf glase voor haar staan. Sy proe van elke glas.

Terblaans en haar helpers sit soos die Sanhedrin in die verste hoek van die vertrek. Oor 'n halfuur sal húlle die sterre van die middag wees. Hulle sal sterk koffie gaan maak en oliekolonielappe gereed hou.

Die drinkers raak al hoe meer spraaksaam. Met ieder glasie reis hulle verder die verlede in.

Kytie onthou: "En Pa het 'n gig gehad, en dan ry ons oor na Gum Dale, en bly die hele naweek by die Trollops. Ons speel tennis, en saans speel ons whist."

En Gert onthou die jagpartye. "Op Klapkloof en Kalkoenkrantz. Jakkalsjagte, met die klub se honde, elke man op sy pos. Waar het ons die tyd vir al dié  dinge vandaan gehaal?"

En Lady vertel: "...in die ou Tivoli, soos ek gesê het, met 'n groot besoekende orkes. En my stem sny dwarsdeur die orkes soos 'n mes deur botter. En die dirigent, sir Robert Ashton, soen my hande na die tyd, en sê met trane in sy oë: 'God has laid his finger on your brow, my child'."

Kosta: "Hel, dit was vir jou 'n wilde plek, hoor, daardie buitehotel op Nek. Die geld wat ek daar met dobbel gewen én verloor het. As ek maar die helfte van daardie geld gehad het, dan't ek nie vandag hier gesit nie. En die naweke..."

Kytie gaan sonder enige rede aan die lag. Sy lag so roekeloos dat sy kortasem raak en pers in die gesig word. Terblaans is onmiddellik by met oliekolonie. "Sien julle nou," verwyt sy.

Sonder dat Kosta hulle aansê om dit te doen, neem die Oues hul drankies terug kamer toe. Lady dra die glase kombuis toe. In die donker kombuis begin sy opwas. Sy staan met haar hande in die water wat te warm is. Trane val in die wasbak. Sir Robert het ook vir haar gesê: "You're a virtuoso singe of the upper rank."

Kosta is bedruk toe hy na sy kamer loop. Hy is altyd  bedruk wanneer hy aan die naweke van sy jeug dink. Maar in die hangkas in sy kamer kom hy op iets af wat sy vroulike luim herstel.

In die sitkamer het dit intussen begin donker word. Kosta staan in die lig wat by een van die lang vensters inval en kondig soos 'n vaudeville-kunstenaar aan: "En dames en here, noudat die ou litte weer geolie is, kan ons voortgaan met ons speletjies.

"Net nie weer konsert nie," sê Mathilda suur.

"Of raaisels nie," sê Truia met 'n sug.

"O, nee, iets heel onskuldig. Iets uit ons kindertyd. Onthou julle nog: Wolf, wolf hoe laat is dit?"

"Wat praat Kosta alles?" skree die Kwartel.

Iemand tolk digby haar oor. "Hy wil  hê ons moet 'Wolf, wolf, hoe is dit?' speel. Stel jou voor, op ons leeftyd!"

"Wie's oud?" protesteer die Kwartel. "Ek speel saam."

"En ek," sê Lady wat met nat hande uit die kombuis kom. Sy droog haar hande aan die naaste antimakassar af.

"En ek," sê Alfons.

"En ek," sê Kytie. "As kinders het ons dit saans in die maanlig op die werf gespeel."

Kosta skuif stoele uit die pad uit. Alfons help hom. Kosta haal 'n prent van die muur af: 'n afbeelding van 'n vrou in 'n yl rok wat haar aan 'n rots vasklamp. Branders breek aand ie voet van die rots; en oor alles skyn die maan deur 'n spleet in die swart wolke. Rots deur Eeuwen staan onder aan die prent geskryf. Hy sit die prent teen die rug van 'n stoel.

"As julle agter dié stoel is," verduidelik hy, "is julle tuis, is julle in HOME, maar as ek julle vang voor julle tuis is - o, wee!" Hy grom, en boots Frankenstein na.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Lady moet opnuut die speletjie verduidelik, want die Kwartel het Kosta nie mooi gehoor nie. Maar Lady is baie geduldig met die Kwartel.

Die speles loop agter Kosta aan.

"Wolf, wolf, hoe laat is dit?" singpraat hulle.

"Sesuur."

"Wolf, wolf, hoe laat is dit?"

"Agtuur."

"Wolf, wolf, hoe laat is dit?"

"Vieruur."

"Wolf, wolf, hoe laat is dit?"

"TWAALFUUR."

Kosta laat Fons en Lady toe om die Kwartel by die huis te kry.

Die Kwartel straal van vreugde. Sy is gek na speletjies. Maar Terblaans is bekokmmerd. "Die inspanning is te veel vir haar."

"Sê jy dan vir haar om op te hou," Kosta maak 'n galante buiging.

Terblaans stap by Rots der Euwen verby en reem die Kwartel aan die arm. "Oumatjie," skree  sy, "jy moet rus."

"Loop," antwoord de Kwartel," jy's nie in die komedie nie."

Met 'n ek-was-my-hande-in-onskuld-gebaar, stap Terblaans terug na die ander Oues. Sy fluister iets aan mev. Van Deventer, wat haar kop skud en hard met die tong klik.

Die winterskemer vul die kamer soos mis, maar niemand dink daaraan om 'n lig aan te skakel nie.

Kosta loop voor. Hy loop na die donkerste hoekie van die vertrek, sit bliksensnel 'n masker op sy gesig. Met 'n rats omswaai van die lyf skree hy: "Twaalfuur!"

Selfs Lady skrik haar buite weste vir die doodshoof wat soos fosfor in die halfdonker gloei. Sy los die Kwartel en vlug soos 'n kind na asiel. En Kytie en Fons vlug saam.

Het die Kwartel gegil? Niemand kan met sekerheid sê nie - miskien het sy maar net haar mond oopgesper. Die dood kon haar betrap het vóór 'n gil. In 'n hopie sak sy neer.

Die Oues tree behoedsaam nader. Selfs Terblaans sê niks nie. Hulle vorm 'n kring om die Kwartel wat so stil soos wasgoed lê.

Dis Kosta wat uiteindelik praat, laag en hees, die masker steeds op sy gesig.

"Wolf, wolf, hoe laat is dit?"

"Twaalfuur," sê Kytie.

"Twaalfuur," prewel Truia.

"Twaalfuur," snik Mathilda.

En as almal geantwoord het, wys Kosta na Lady. Sy skud haar kop, maar meer vingers wys na haar. Sy wil ontsnap uit die kring, maar sy word teruggehou.

Lady klem  haar hande saam. Sy gryp terug na die klimakse, die triomfe, van 'n lang leeftyd, trek hulle saam tot 'n sublieme swanesang; nie na die gordynkap kyk sy meer nie, want sy't haar ewigheid verplaas. Met toe oë staan sy, haar bleek keel al wat klop en leef in die winterlig.

"Twaalfuur," sing sy, en kruisig haar aan 'n hoë E.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >