My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Willem se Geheim

"Ek wens ek kon 'n seerower wees!" het Willem gesê. "Alles is so dooierig en ek wil graag opwinding hê."

"Ja, laat ons iets vind om te doen," sê Gwen. Dis vakansietyd. Die skool het tien dae gelede gesluit en die kinders het begin moeg word vir hul speelgoed. Hulle wou iets nuuts hê.

"Natuurlik kan ons nie seerowers wees nie, want hulle sal ons gou na die polisiestasie neem," sê Gwen.

"O ja, maar kan ons nie aan iets anders dink nie? Laat ons dink" sê Willem.

En toe het hulle begin dink. Vir 'n hele paar minute het nie een iets gesê nie. Skielik het Willem opgespring.

"Ek weet," het hy uitgeroep. "Laat ons onsself die Verrassingspakket-maatskappy noem. Ek sal president wees, en jy. Sus, wel jy kan die sekretaris wees."

"Goed Willie," sê Gwen, heeltemal gewillig om enigiets te doen wat haar broer voorgestel het, "maar wat sal ons doen?"

"Doen? Wel, ons sal mense verras."

"Watter soort?"

"O, goeies natuurlik," antwoord Willem. "Ons sal mense soek wat dinge vir hulle gedoen wil hê en dan sal ons hulle laat raai wie dit gedoen het. Ek dink dit sal ons baie pret verskaf."

"Ek dink ook so. Wat sal ons eerste doen? Laat ons sommer gou begin," sê Gwen.

"Goed. Ek sal 'n lys opstel en dan kan ons besluit waarmee om te begin." Willem het 'n potlood en papier geneem en sy lys opgestel. "Maar wees nou versigtig," het hy ernstig gesê, "moet niemand laat uitvind wat ons van plan is om te doen nie. Dit moet 'n geheim wees."

"Natuurlik moet ons nie," sê Gwen.

Nog daardie selfde namiddag toe Mammie van die stad af kom, was sy so moeg dat sy in haar gemakstoel neergesak het. Wat 'n transformasie! Ná die middagete moes sy haastig uitgaan en al die vuil skottelgoed moes sommer so bly staan. Maar nou was alles skoon en op hul plek, die kombuis was aankant en die tafel gedek vir die aandete. Die kolebak was vol steenkool en, ja, selfs die vensters was skoongemaak!

Alles in die huis was doodstil. Daar was niemand nie. Watter vriendelike persoon het dit alles gedoen?

Willem en Gwen het uit die tuin binnegekom. Mammie het hulle gevra of Tante miskien in haar afwesigheid daar was. Willem het gesê sover hy weet nie, maar dat dit darem lyk of iemand daar was.

"Wel, is dit nie gaaf nie! Ek het nou niks om te doen nie en ek kan heerlik gaan rus! Ek wonder wie dit alles gedoen het?" sê Mammie.

Toe het sy 'n brief oopgeskeur wat sy op die mat voor die deur gevind het. Daarin het gestaan: "Die Verrassingspakket-maatskappy het vanmiddag hier 'n sakebesoek afgelê"

"Wat sou dit nou beteken?" vra sy.

"Ek wonder," sê Willem.

"Laat ons maar eet," stel Gwen voor. En hulle het geëet.

* * * * * * * *

Die volgende more het twee kinders die straat afgestap na die huis van ou Mevrou Higgins, 'n arme ou tannie wat bedlêend was en vir wie niemand eintlik omgegee het nie.

Die seun, wat 'n pakkie in sy hand gehad het, het saggies aan die deur geklop. Niemand het kom oopmaak nie en toe het loer hy by die venster in. Mev. Higgins was vas aan die slaap. Stilletjies het hy die deur oopgemaak, ingegaan, gevolg deur sy suster. Hulle het op hul tone na die kamer gegaan en die pakkie wat hy gedra het, op die tafel langs die bed neergesit en weer uitgegaan. Die dogtertjie was so opgewonde dat sy by die trap geval het.

"Gwen, wees tog versigtig!" sê die seun. Die geraas het die ou dame laat wakkerskrik. "W-wie is daar?" roep sy. Maar die deur was toe en die twee kinders het so vinnig as hulle kon weggehardloop.

Mev Higgins het die pakket oopgemaak - daar was drie eiers in. "Wat 'n seën!" het sy vir haarself gesê, "maar wie sou die eiers gestuur het?" Sy het die papier beskou waarin die eiers was en daar het sy gelees: "Met liefde van die Verrassingspakket-maatskappy."

********

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Faan Marais, 'n skoolmaat van Willem, het pampoentjies gehad. Hy moes natuurlik in die huis bly en dit het hom baie ongelukkig gemaak. Van sy bed af kon hy deur die venster kyk op 'n gedeelte van die tuin wat met 'n hoë muur toe was.

Een middag het hy weer lusteloos deur die venster gekyk toe hy skielik 'n vierkantige dosie oor die tuinmuur sien kom - dit was saggies met 'n toutjie neergelaat.

"Mamma, kyk gou daar, wat is daar in die tuin?" het hy uitgeroep.

Mammie was net so verras en sy het die pakkie gaan haal en Faan het dit oopgemaak. Binnekant was vier kleiner pakkies. Op een het gestaan "Maak Maandag oop"; op die tweede "Maak Woensdag oop"; op die derde "Maak Vrydag oop"; en op die vierde "Maak Sondag oop".

Daar dit Maandag is, het Faan die eerste pakkie oopgemaak. Dit was 'n verfdoos - iets wat hy lankal baie graag wou gehad het! Faan het gemeen dat hy daardie dosie al tevore gesien het, maar hy kon nie dink waar nie. Binne-in was 'n briefie waarin gestaan het: "Met beste wense van die Verrassingspakket-maatskappy".

"Wat is dit" vra hy. Niemand het geweet nie.

Een middag is die Verrassingspakket-maatskappy betrap. Willem en Gwen het 'n tweede besoek by mev. Higgins gaan aflê. Hierdie keer het hulle behalwe eiers, ook 'n ruiker geneem. Baie stilleltjies het hulle die huis ingegaan, die goed op die tafel gesit en weer uitgegaan.

Die kinders was so versigtig om nie die ou dame wakker te maak nie, dat hulle nooit 'n man in die ander kamer sien sit nie. Dit was die dokter.

Sodra die kinders uit was en die deur toegemaak het, het hy na die tafel gegaan, die pakkie opgeneem en gelees: "Met liefde van die Verrassingspakket-maatskappy".

"So, nou verstaan ek waarvan die ou dame gepraat het! En nou kan ek ook begryp wat Faan Marais my gister vertel het," sê hy.

En dit verduidelik ook hoe dit gebeur het dat daar 'n paar dae later 'n brief by die huis van Willem en Gwen afgeler is, geadresseer aan die Verrassingspakket-maatskappy, met die uitnodiging om by Dr. De Klerk se huis te kom eet.

Die kinders het 'n heerlike tyd deurgebring by die dokter en daar was vir hulle twee verrassingspakkette wat vergoed het vir alles wat hulle weggegee het.

Natuurlik het die kinders nie geweet hoe die dokter hul geheim ontdek het nie en hy het niks gesê nie. Dit was sommer 'n baie lekker geheim. Willem en Gwen was so gelukkig as kinders maar kon wees. Willem het gesê dat dit baie lekkerder was as om seerowers te wees. Hy was baie in sy skik met sy modelvliegtuig en Gwen met haar pop.

< >