Gestopte Wildsboud
1 medium wildsboud, 2 tot 2,5 kg
250 g spek
250 ml asyn (1k)
25 ml sout (2e)
5 ml peper (1t)
2 ml fyn gemmer
12,5 ml suiker (1e)
75 g ontpitte rosyntjies
2 knoffelhuisies, gekap
1 groot ui, in skywe gesny
12,5 ml appelkooskonfyt (1e)
6 naeltjies
25 ml koekmeelblom (2e)
Metode:
Saag die skenkelbeen af en vee die boud met 'n klam lap af. Sny die spek in 10mm repe en laat 'n uur lank in die mengsel van die asyn, sout, peper, gemmer en suiker lê. Steek gate in die boud met 'n skerppuntmes. Rek die gate deur die voorvinger daarin te steek. Steek in elke gat 'n rosyntjie, 'n klein stukkie knoffel en dan 'n repie spek, Rangskik die uieskywe bo-op die boud en gooi die asynmengsel daaroor. Laat 3 dae lank staan en draai twee maal per dag om. Smeer die boud met die appelkooskonfyt en sit in 'n dikboomkastrol. Voeg die asyn waarin dit geweek het, aangevul met 250 tot 375ml water, en die naeltjies by en kook stadig totdat die vleis sag is. Draai 'n paar keer om en laat bruin braai nadat die vloeistof weggekook het. Haal die boud uit en verdik die sous met die meelblom.
Joey Pienaar