Die verkeer het nou begin ophoop agter hulle, en het reeds tot ver in die stad gestrek - busse, motors, waens, motorfietse, trollies - terwyl almal ongeduldig geword en hulle nekke gerek het om te sien wat dan die moelikheid is daar voor. 'n Boot op die rivier het geblaas om te laat weet dat hy wou verbygaan, maar ou Fred het om aan die wêreld nie gesteur nie. Juis op hierdie tydstip het 'n seun met 'n appel in sy hand daar verbygekom. Toe hy die lang ry motors en busse sien, het hy dadelik gedink dat daar 'n ongeluk was en hy het na plek begin hardloop waar ou Fred nou tussen 'n hele klomp mense, nog steeds geweier het om 'n poot te versit, ten spyte van al hulle geraas en dreigemente.
Dick het tussen die mense deurgedruk om beter te kan sien, nog steeds kouende aan sy lekker appel. Toe die drywer Dick sien, het hy sommer 'n blink gedagte gekry.
"Leen my asseblief daardie stuk appel!" skreeu hy vir Dick.
Dick het geskrik. Hy wou nie sy appel weggee nie- want dit was te lekker. Maar toe hy sien hoe bekommerd die arme man lyk, het hy hom die helfte wat oorgebly het, gegee.
Die uitwerking op ou Fred was wonderlik. Toe sy baas die stuk appel voor hom hou, rek hy sy nek om dit by te kom. Toe sit hy een poot vorentoe, toe die ander een, en voor hy weet waar hy was, was hy oor die brug en op pad dokke toe.
Toe begin die busse, motors, waens, trollies, motorfietse, en die stoomboot almal weer beweeg - en dit net omdat 'n jong seun sy halwe appel opgeoffer het.
Hoeveel goed het die seun nie daardie môre gedoen nie! Dit is nou wel waar, hy het nie baie gehad om te gee nie, maar hy het dit gegee en juis net toe dit die nodigste was. Dit wys net wat seuns kan doen as hulle hul oë oop hou vir kanse om te help. Hulle doen dit miskien nie altyd so voor al die mense soos Dick nie, maar hulle kan soms van groot nut wees, selfs tuis. 'n Halwe appel, 'n vriendelike woord, 'n bossie blomme, 'n glas koue water, of net 'n bietjie liefde laat baie wiele begin draai. Probeer net en kyk!