Toe het die mooi prinses gesê "Ja, asseblief."
Toe het die dogtertjie gehardloop net so vinnig soos sy kon na haar huis en uitgeroep: "Mammie, kom gou! Die prinses het boetie ontdek! Sy soek iemand om hom op te pas."
Mammie het haar werk net so laat staan en net soos sy was na die rivier gehardloop. Daar het sy die mooi prinses gesien en nog ander dames en ook die bootjie met haar liewe babatjie daarin.
Toe het die prinses vir Mammmie gesê "Sal jy asseblief die baba vir my oppas?"
En die Mammie het dadelik gesê "O ek sal!" Sy het toe die baba teen haar bors gedruk en sy en die dogtertjie het met hom so vinnig as hulle kon, huis toe gehardloop. En vir 'n lang tyd het hulle gelukkig saamgewoon.