My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Wat Charlie by die mark gehoor het

Charlie was by die mark en daar het hy en sy maat Willie albaster gespeel. Hulle het skielik iemand baie hard hoor praat en toe het hulle 'n groot klomp mense rondom 'n man gesien wat op 'n verhoog gestaan en praat het.

"Dit is die predikant!" het Willie gesê.

"Laat ons gaan hoor wat hy te sê het," het Charlie voorgestel.

Toe het hulle daarheen gehardloop en deur die mense gedring om so naby die verhoog te kom as moontlik. Die predikant was besig om te preek en hulle was teleurgestel dat hulle so diep onder die mense ingedring het. Hulle wou weer uit, maar die mense het te veel van agter af gedruk en hulle kon nie beweeg nie.

Toe hulle besef dat hulle kon wegkom nie, het hulle maar geluister. Charlies het nie veel verstaan van wat daar gesê is nie, maar een sin het darem 'n baie diep indruk op hom gemaak. Dit was die teks waaroor die man gepreek het: "As jy nie vandag jou lewe red nie, word jy more doodgemaak." (1 Sam. 19:11)

Die hele pad huis toe kon Charlie maar nie daardie woorde vergeet nie en hy het gewonder wat hulle kon beteken. Hulle het gedurig in sy kop gemaal en dit het hom ontstel.

Omtrent tienuur daardie aand het Charlie se Ma, terwyl sy besig was om iets vir die baba te brei, hom van bo af hoor roep.

"Mammie!"

"Slaap, Charlie," het Mammie terug geroep, "jy moes lankal aan die slaap gewees het."

Sowat 'n halfuur later sy haar verbeel dat sy iemand hoor snik het. Nuuskierig en 'n bietjie ontstel, het sy die trap opgegaan. Ja waarlik, dit was Charlie wat gehuil het.

"Maar Charlie, wat makeer?" het Mammie liefdevol gevra.

"Ek is bang," het Charlie snikkende gesê.

"Waarom is jy dan bang, wat het gebeur?"

"Meneer Brown het vanaand daar by die mark gepreek en gesê dat as ek nie my lewe vannag red nie, mag dit more te laat wees en ek mag sterf."

"Ek is seker hy het dit nie juis so bedoel nie," het Mammie vertroostend gesê.

"Ja hy het," het Charlie gesê met die grootste erns. "Hoe kan ek my lewe vannag red? Wat het hy bedoel?"

"Ek sal jou more alles vertel. Slaap nou, jy is seker baie moeg."

"Nee Mamma, ek moet nou weet. Vertel my."

Mammie het by hom gebly en hom vertel van die verlossing. Sy het voorheen al met hom gepraat oor Jesus, maar toe het Charlie nie eintlik veel belanggestel nie. Mammie het gevoel dat dit nou haar kans was.

Sy het hom vertel hoedat Jesus lank, lank gelede die hemele en die aarde gemaak het en ons eerste voorouers in die pragtige tuin van Eden geplaas het, hoe hulle die Here ongehoorsaam was en hoe hulle nakomelinge dieper in die sonde verval het.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Maar Jesus het hulle nog liefgehad en Hy het baie boodskappers gestuur om hulle te vertel van Sy liefde en hulle te vra om na hom toe terug kom, maar hulle wou nie na die profete luister nie. Eindelik, na verloop van 'n baie lang tydperk, het Jesus self van die hemel afgekom om Sy liefde vir die mense te openbaar.

"Hy het toe al die heerlikheid wat Hy in die hemel gehad het, verlaat, as Kindjie na die aarde gekom en groot geword soos ander seuns. Toe Hy Sy manlike jare bereik het, het Hy rondgegaan en die mense vertel van Sy liefde vir hulle en Hy het hulle siektes genees en hulle op alle maniere gehelp.

"Ook het Hy aan hulle gesê dat as hulle in Hom glo, sal Hy al die verkeerde dinge wat hulle gedoen het, vergewe en hulle red van die straf wat hulle andersins sou moes ondergaan. Hy het aan hulle die ewige lewe belowe en gesê dat Hy hulle eendag sal kom haal sodat hulle vir ewig by Hom kan woon," het Mammie voortgegaan.

"Charlie, dit was groot beloftes hierdie, veral aan mense wat Hom so sleg behandel het en 'n mens sou dink dat almal met blydskap na Hom toe sou gekom het. Maar nee, pleks daarvan het hulle Hom aan 'n groot kruis van hout genael en Hom daar laat hang totdat Hy dood was. Dit was 'n vreeslike ding om aan Jesus, die Koning van die hemel, te doen. Ek wonder soms waarom God nie engele uit die hemel gestuur het om daardie goddelose mense te straf nie. Maar Hy het het - Hy wou hulle nog 'n kans gee.

"Jesus is begrawe deur 'n klompie van Sy vriende, maar binne drie dae het Hy weer lewendig geword en uit die graf opgestaan. Daarna het Hy diegene ontmoet wat in Hom geglo het en hulle vertel dat Hy na die hemel sou gaan, maar Sy belofte sal hou om weer terug te kom. Vandag is Hy nog in die hemel, maar eerlank sal Hy terugkom in al Sy heerlikheid om diegene wat Hom liefhet, te kom haal sodat hulle vir altyd by Hom kan wees."

"Mamma, maar hoe kan ek seker wees dat Hy my ook sal neem?"

"Charlie, die Bybel sê "Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word'. Dit is eintlik wat Meneer Brown bedoel het toe hy gesê dat mense vannag hulle lewe moet red. Hy wou eintlik hê dat jy en al die mense daar by die mark, Jesus moes aanneem as die Here van die hemel, die Redder van die wêreld en die beste Vriend in die hele wêreld. As jy dit doen, hoe jy jou nie meer te bekommer oor wat more of in die toekoms mag gebeur nie, want jy sal veilig in Jesus wees. Hy sal jou jou hele lewe lank beskerm en as Hy dit mag nodig vind om jou deur die dood weg te neem voordat Hy terugkom, sal Hy jou sekerlik nie vergeet wanneer Hy kom nie. Hy sal nie gelukkig wees in die hemel as jy nie ook daar is nie. Glo jy in Hom en verstaan jy?"

"Ja, Mamma, en ek is nou nie meer bang nie."

Mammie het toe onder toe gegaan, baie bly dat haar seuntjie sy hart aan Jesus gegee het. Sy het geweet dat as hy Hom elke dag getrou dien, sal sy lewe veilig wees en dat hy niks sal hoef te vrees nie.

< >