Miskien het julle nog nie daarvan gehoor nie, maar dit sal eendag werklik gebeur. In sy Boek, die Bybel, het Jesus ons vertel van Sy planne.
Aan Sy dissipels het Hy gesê: "In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is." Joh. 14: 2,3.
Dit beteken dat Jesus vir julle en vir my en vir Pappie en Mammie, en ons boeties en sussies en vriende plek gaan berei het. Hy wil ons almal bymekaar in die hemel by Hom hê.
Hy het gesê dat Hy gou sal terugkom om ons te kom haal na daardie pragtige wonings. Op daardie heerlike dag sal almal wat gesterf het Sy lieflike seun hoor en opstaan, en ons wat in die lewe oorbly sal "saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lig; en so sal ons altyd by die Here wees." 1 Thess. 4:17.
Hier herhaal die Here die belofte: Ons sal almal "saam" wees. Ons sal nie geskei wees nie. Ons sal nie vir ewig eensaam wees nie. Almal wat Jesus liefhet en wat hulle aan Hom oorgegee het, sal eendag by Hom wees.
Op daardie blye dag sê die Bybel sal God "al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie." Openb. 21:4.
Jesus self het gesê: "En Ek sal juig oor Jerusalem en bly wees oor my volk; en daar sal nie meer gehoor word die stem van geween of die stem van geskreeu nie." Jes. 65:19.
Daar sal nie meer oorlog en geen lugbomardemente wees nie. Daar sal niks wees om ons hartseer of bang te maak nie. Ons sal nie meer van dierbares geskei word nie.
Dit is om hierdie rede dat die Bybel sê, "En God sal al die trane van hulle oë afvee - want niemand sal daar ooit ween nie. Ons sal vir ewig met ons dierbares verenig wees, en hoe lank die ewigheid is, kan ons nons nie in hierdie lewe voorstel nie.
Dit sal 'n vreeslike heerlike dag wees wanneer ons almal in Gods koninkryk verenig is!
Ek wil baie graag daar wees, en julle seker ook. Om almal gelukkig te sien, sal onbeskryflik wees! Kan ons ons voorstel hoedat duisende Vaders en Moeders hulle kinders omhels en uitroep, "O, hier is julle!" En hoe bly sal die kinders nie wees nie!
Van die verlostes lees ons: "En die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." Jes. 35:10.
Ja, hulle het baie om oor bly te wees, het hulle nie? Hulle sal so bly en gelukkig wees dat hulle gedurig sal sing. Is julle van plan om daar te wees? Ek hoop so. Jesus verwag julle daar.