Dit was laat en almal was al aan die slaap. Skielik het die boer wakkergeskrik vir die geraas van die wind. Hy het dadelik opgestaan. Hy het besef dat 'n storm aan die kom was en hy het dadelik gedink aan sy beeste, sy hooimiedens en sy skure.
Vinnig is hy na Victor se slaapkamer en daar het die seun vas aan die slaap gelê.
"Staan op, staan op!" het hy geskree. Maar Victor het vas geslaap.
"Staan op, kêrel, het die boer geskree, baie vererg. "Kan jy nie die wind hoor nie?" Victor het nie wakker geword nie.
"Ek sal hom more in die pad steek hieroor, dis nou eenmaal seker," het die boer baie kwaad gesê terwyl hy uit die kamer na die skure gehardloop het. Maar daar het 'n ander verrassing op hom gewag.
Daar het nie deure geslaan in die geweldige wind. Al die diere was deeglik. Hy het by die koeistal gaan inloer. Maar het die diere rustig gelê.
Wat van die miedens, sou hulle staan? het hy wonder. Die wind het hulle vreeslik verwaai teen hierdie tyd. Maar hulle was nie verwaai nie. Om die waarheid te sê was hulle so goed toe dat nie eens een strooitjie losgewaai het nie.
In die donker en die verblindende reën, het die boer alles gaan ondersoek, want hy het verwag dat daar baie dinge verkeerd sou wees, maar alles was heeltemal in orde.
Eindelik is hy papnat weer huis toe. Hy is weer na Victor se kamer, maar die seun het nog vas geslaap. Terwyl die wind so gewoed het om die huis, het die boer Victor se vreemde woorde onthou "Ek kan slaap in winderige nagte". Meteens het hy begryp.
Die seun het alles so goed versorg dat daar niks was om hom oor te bekommer nie. Hy kon slaap in 'n windstorm of 'n aardbewing. Victor het sy werk behou.