My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Waarom Moeder sê: "Moenie!"

Joe, MOENIE aan daardie ketel raak nie, die water is amper kokend!" het Moeder uitgeroep. "Ek het maar net die deksel opgetel om te sien hoeveel water daarin is," het Joe half bitsig gesê. "Ek wou niemand seermaak nie."

"Maar dis gevaarlik om met 'n ketel kookwater te peuter; jy kan lelik verbrand."

Joe het maar daar by die stoof bly staan, en nie te lank nie of hy het weer met die skakelaars gepeuter. "Joe," het Moeder gesê en toe sy sien dat hy weer besig was om kwaad te doen, "gaan weg daar van die stoof af, en moenie laat ek jou weer dit sien doen nie!"

Joe is toe daar van die stoof af weg, soekende na iets om te doen. Eindelik het hy 'n stukkie hout opgetel en daaraan begin sny met die grootmes wat hy daar op die kombuistafel sien lê het. Terwyl hy nog so lekker besig was, het Moeder weer geroep.

"Joe! Wat maak jy nou weer daar? Sit neer die mes - dis baie skerp en netnou sny jy jou daarmee."

Joe het die mes op die tafel neergesit, en toe na iets anders gesoek om te doen. Hy het op die vloer gaan sit en in sy sakke begin voel. In een van sy sakke het hy 'n stukkie draad gekry. Nadat hy vir 'n tydjie daarmee gespeel het, het hy dit ingesteek in die gate by die elektriese skakelaar waar die prop ingedruk word.

Skielik was daar 'n harde slag, en al die ligte het doodgegaan. "Joe!" het Moeder verskrik uitgeroep, "wat het jy nou aangevang?"

"Ek het niks gedoen nie," het Joe gesê. "Ek het sommer die draad hier in die gate in die muur gesteek!"

"Jou stoute kind! Het ek jou nie al baie maal gesê om nie met die elektrisiteit te speel nie? Nou het jy die draad laat smelt, en al die ligte is dood. Doen dit weer nog een keer en dan sal jy sien."

Joe het toe na die eetkamer gestap. Moeder het op 'n leertjie gestaan en 'n nuwe smeltdraad ingesit. Terwyl sy daar besig was, het sy Joe hoor mompel: "Dis gedurig net moenie, moenie, moenie." Moeder het toe besef dat dit hoog tyd was om sake 'n bietjie aan Joe te verduidelik. Toe dit slapenstyd was, het sy Joe gaan toemaak en hom ook nag gesê.

Toe het sy gesê: "Joe, wonder jy soms waarom ek so baie sê: "Moenie so maak nie?"

Joe het nou gewonder hoe sy Moeder agtergekom het wat hy dink. "Wel, hier is nou die rede: Wanneer ek sê 'moenie' dan is dit vir jou eie goed. Onthou jy dat ek gesê het dat jy nie aan die ketel moet raak nie? Wel, as jy dit opgetel het, sou jy die warm water op jouself of op jou klein boetie gestort het; en dan sou daar groot moeilikheid gewees het, en jy sou die spytste van almal gewees het, sou jy nie?"

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

"Ek sou," het Joe gesê.

"En nou, omtrent die stoof. As jy die gas sommer enige tyd aandraai, kan daar snaakse dinge gebeur en groot skade aangerig word. Jy mag die kos laat verbrand, of gevaarliker nog, jy mag die huis aan die brand steek. Jy sal dit tog seker nie wil doen nie?"

"O, nee," het Joe gesê.

"Dit is daarom dat ek gesê het: "Moenie aan die stoof raak nie." En daar is nog 'n ander rede: "As jy aan die stoof raak, sal jou klein boetie dit ook wil doen; hy mag lelik verbrand, en dit sal vreeslik wees."

"Maar waarom het Moeder my belet om met die mes te sny? Ek het mos sommer aan 'n stukkie hout gesny."

"Ek weet," het Moeder gesê, "maar as die mes net een slag gly, kan jou hand 'n kwaai raps kry met die skerp mes. Voordat jy weet wat gebeur het, kan jy jou vinger sny tot aan die been. Wanneer jy aan 'n stukkie hout wil sny, moet jy jou eie messie gebruik, want dit is nie so gevaarlik as die grote nie."

"Maar ek het my nie gesny nie," het Joe gesê.

"Ek weet jy het nie," het Moeder gesê, "en ek is baie bly daaroor; maar dit kon gebeur het. En nou omtrent die elektrisiteit. Dit is seker skaars nodig om jou te sê waarom jy nie daarmee moet peuter nie. "

"Omdat ek die ligte laat doodgaan het," het Joe gesê.

"Ja, maar dit is nie al nie," het Moeder gesê. Elektrisiteit is 'n baie goeie ding op die regte plek, maar op die verkeerde plek is dit baie gevaarlik."

"Hoekom?"

"Om hierdie rede: As jy die stukkie draad daarin druk soos jy vandag gedoen het, en jy staan op 'n nat plek, of hou aan yster vas, sal jy 'n vreeslike skok kry wat jou erg kan verbrand, of dit kan jou heeltemal doodmaak."

"O, dis vreeslik," het Joe gesê.

"Moeder het voortgegaan: "Ek hoop dat jy nou verstaan dat wanneer ek sê moenie, is daar 'n baie goeie rede daarvoor. Dit is nie omdat ek jou nie liefhet nie, maar omdat ek jou liefhet."

Moeder het toe vir Joe nag gesê, en hy het aan die slaap geraak. Die volgende dag toe Moeder weer moes nee sê, het hy verstaan en dadelik gehoorsaam.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >