Vleisrolletjies
250 g aartappels, geskil
250 g uie
200 ml water
1,5 kg gemaalde beesvleis
15 ml koljander
10 ml gedroogde tiemie
5 ml fyn kruienaeltjies
10 ml sout
2 ml peper
40 g koekmeelblom
500 g gesifte koekmeelblom
20 ml bakpoeier
10 ml sout
250 g botter
4 eiergele
125 ml koue water
1 eierwit
50 ml melke
Metode:
Sny aartappels in kwarte. Gooi in 'n groot kastrol saam met uie en water en kook tot sag. Druk aartappels en uie fyn en voeg vleis en geurmiddels by. Meng en kook sonder deksel tot vleis gaar is. Strooi 40g meel bo-oor en roer baie goed. Kook 1 minuut, laat afkoel en plaas in koelkas om goed koud te word. Skep dessertlepelsvol en fatsoeneer in worsies van 5cm.
Sif meel, bakpoeier en sout saam in 'n groot mengbak. Voeg botter by en vryf met die vingers in tot goed gemeng. Klits eiergele en water saam, voeg by en meng tot 'n deeg. Rol dun uit en sny in reghoeke van 6 x 10cm. Rol vleis daarin toe, plaas op 'n gesmeerde bakplaat en maak 3 skuins, vlak snytjies op elke rolletjie.
Klits eierwit en melk saam en verf rolletjies hiermee. Bak 15 minute by 230°C. Lewer 5 dosyn vleisrolletjies.