My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Vlammende bakens

Dit was 'n nag duisend, 6 Mei 1935, toe die mense van Engeland die jubileum van Koning George V gevier het.

Om al die wonderlike dinge wat daardie dag plaasgevind het, te kroon - die koninklike optog vanaf Buckingham-paleis na die St. Pauluskatedraal, die verskyning van die koninklike gesin op die balkon van die paleis en die wonderlike beligting van al die ou geskiedkundige geboue - het die Koning self 'n vreugdevuur in Hyde Park aangesteek.

Dis of ek nou nog die vlamme van daardie hoë vuur in die lug kan sien opskiet, met lang tonge vuur in die duisternis en die lig daarvan op die gesigte van duisende en duisende mense wat kom kyk het.

Toe die Koning in sy paleis die knoppie wat hierdie geweldige groot vuur aan die brand moet steek, gedruk het, is honderde ander vure oor die hele land ook aangesteek. Van heuwel tot heuwel het hulle die blye boodskap verkondig dat die Koning gespaar was om 25 jaar te regeer.

Orals het mense by die hoogste plekke opgeklim om die vure te sien brand. Party het gesê dat hulle meer as dertig kon sien. Ek is seker dat elke seun en dogter wat daardie vure gesien het, al was dit net een, dit nooit sal vergeet nie.

Daar is iets wonderliks omtrent 'n seinvuur. Dit laat 'n mens dink aan die ou dae waarvan mens in die geskiedenisboeke lees. In daardie dae is seinvure dikwels gebruik om mense te waarsku. Voordat die radio en die telefoon uitgevind is, was hulle die beste en die vinnigste middel om belangrike nuus soos die aankoms van 'n vyandelilke leër, oor te sein.

Julle onthou seker nog die verhaal van die Armada. Toe uitgevind is dat daardie magtige Spaanse vloot Engeland se kuste nader met die doel om die Protestantse Koningin Elizabeth se mag te breek en die Rooms-Katolieke geloof op die mense af te dwing, was dit van die uiterste belang dat die hele land dadelik in kennis gestel word van die gevaar van 'n oprukkende vyand.

Daar was destyds geen telegraafdiens of radio nie. Al wat gedoen kon word, was om met seinvure die hele land te waarsku.

Ons lees hoe die wagter by een poort die donker nag ingekyk en oor 'n sekere heuwel die vuurrooilig die donker sien inskiet het. Toe verbreek die geskal van trompette en die gebulder van kanonne die doodse stilte van die nag en met 'n geskree en 'n geroep het die Koning se stad wakker geword.

Van toring tot toring en van heuwel tot heuwel het die seinvure as waarskuwings gebrand en die mense het geweet dat hulle hul dadelik moes bewapen om hul huise en dorpe te verdedig. Daardie vure op die rante was die tekens van groot dinge wat plaasvind en 'n digter wat daarvan geskryf het, het gesê dat al die heuwels naderhand soos vuurspuwende berge teen die donkerte van die nag gelyk het.

En daardie seinvure het hul taak volbring, want die hele land het hul gewapen en van oraloor bymekaargekom om die invallers af te slaan.

Maar daar is ander seinvure behalwe dié wat van hout en teervaatjies gemaak word en wat net 'n uur of so brand en dan weer doodgaan. En alhoewel julle nie die jubileum-vure gesien het nie, kan julle hierdie "vure" sien. Vanaand en elke aand kan hulle lig gesien word in hierdie verbasende tye waarin ons leef.

Onthou julle dat Jesus eenmaal gesê het dat - voordat Hy weer terugkom - Hy aan die wêreld Sy koms sou bekendmaak deur middel van sekere "tekens"....gebeurtenisse van een of ander aard waardeur die mense kon weet dat Sy koms na hierdie aarde naby is?

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Daar sal tekens wees," het Hy gesê (Luk. 21:25).

Hy mag netsowel gesê het "Ek sal seinvure aansteek -  ja, seinvure in elke land op aarde, sodat hulle helder lig elkeen kan waarsku dat My koms voor die deur is."

Daardie beloofde seinvure is reeds aangesteek. As julle net wil kyk, kan julle hulle om julle sien. Dink net byvoorbeeld aan die wonderlike uitvindsels van vandag: radio, beeldradio, vliegtuie, vliegbote en al die dinge waarvan die Voortrekkers niks geweet het nie. Wat anders is hierdie dinge as tekens dat ons in "die tyd van die einde" leef wanneer die kennis sal vermeerder, soos die profeet Daniël gesê het sou gebeur? (Dan. 12:4) Elkeen is inderdaad 'n vlammende seinvuur om aan ons te sê dat Jesus een van die dae terugkom.

Dink net hoe verskriklik bang die groot manne is vir die dinge wat hulle verwag wat oor die aarde gaan kom. Dink aan die wêreldoorloë wat ons gehad het. Sê vir my of dit nie die "benoudheid van nasies" is wat die Here voorspel het, wat sou heers net voor Sy koms nie? (Luk. 21:25)  Dit is maar net 'n ander seinvuur.

En kyk net hoe word die evangelie van Jesus vandag oor die hele wêreld verkondig. Was daar ooit tevore sulke sending-bedrywigheid? Nooit nie. Jesus het gesê dat wanneer Sy evangelie aan die hele wêreld verkondig is as 'n getuienis teen almal, dan sal die "einde" kom (Matt. 24:14)  Dit is nog 'n vuur op die rante.

En daar is nog baie ander as hier net plek was om van al die ander te vertel - vlammende seinvure in elke land wat aan al die mense verkondig dat die koms van Jesus naby is.

Watter betekenis behoort hulle vir ons te hê? Niks anders as dit nie: dat ons moet seker maak dat ons ons harte aan Hom gee. As ons dit doen, hoef ons niks te vrees nie. Vir Sy kinders  is die gedagte aan Sy koms iets wat hulle baie bly maak.

Want dit gaan nie 'n ander Jesus wees wat met heerlikheid uit die lug gaan neerdaal nie, maar "hierdie selfde" Jesus wat lank gelede in die Heilige Land gewoon en klein kindertjies op Sy knie laat sit en wat gesê het: "Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God." (Mark. 10:14)

Wanneer Hy weer kom, gaan Hy net so vriendelik, net so liefdevol, net so goedhartig en net so mensliewend wees as wat Hy hier op aarde was, al is Hy dan die "Koning van die konings en Here van die here".

< >