Vier potte konfyt

(VIND DIE AUDIO WEERGAWE ONDERAAN DIE BLAD)

Oom Attie se Slaaptyd stories

Deel Twee

deur Arthur S. Maxwell

Tubby en Toby het net teruggekkom uit die groot stad. Hulle het vreeslik baie te vertel gehad en hulle was ook baie moeg, maar dit wou hulle nie erken nie. Hulle het feitlik die hele dag saam met Mammie rondgestap om na die baie interessante goed te kyk. Hulle het so interessante dinge gehad om aan Pappie te vertel, dat hulle naderhand heeltemal deurmekaar geraak het.

Toe het hulle die goed aan Pappie gewys wat hulle gedurende die dag daar in die hande gekry het. Hulle het allerhande monsters gehad - kleinstukkies kaas in silwerpapier toegedraai, pakkies beskuitjies en ander goed, maar hulle kosbaarste besitting was vier oulike potjies konfyt.

Hulle het vreeslik opgewonde geraak toe hulle daardie pragtige potjies uitgepak het! Hulle het te mooi gelyk daar op die tafel en die lig het hulle deurskynend gemaak. Een het aarbeide bevat, een appelkose, een brame en een was vol lemoenkonfyt.

Tubby en Toby het baie lank geneem om te besluit hoe om die konfyt te deel, maar eintlik het Tubby die aarbeie en appelkoos geneem en Toby het die brame en lemoen geneem.

Om te dink dat elkeen van hulle twee potjies konfyt besit het! Hulle kon maar nie daaroor kom nie. Tubby en Toby het elkeen hul twee potjies konfyt by hul borde op tafel gesit, sodat hulle maar altyd die oog daarop k on hou. Die potjies was klein, maar in die oë van die trotse Tubby en Toby was h ulle net so groot soos dié wat Mammie daar in die kas gehad het.

Hulle kon maar nie klaarkry om te praat van hulle konfyt nie - hoe hulle dit gekry het en wat hulle daarmee gaan doen. Hulle sou dit alleen eet en hulle het uitgereken dat as elkeen 'n lepelvol elke dag sou eet, sou dit vir weke hou.

Hulle was net omtrent klaar met die aandele toe Pappie iets gesê dat hulle 'n bietjie van stryk gebring het.

"Arme ou Pappie!" het hy gesê asof hy met homself gepraat het. "Arme ou Pappie," het hy baie mistroostig gesê. "Hy het nooit 'n pot konfyt vir homself nie. Niemand gee hom ooit iets nie. Arme ou Pappie!"

Tubby en Toby het stil geword. Hulle albei het na Pappie vraend en verras gekyk, asof hulle nie seker was of hy gemeen het wat hy gesê het nie. Toe het hulle weer na hulle kosbare potjies gekyk.

"Pappa," het Tubby gesê, "neem vir Pappie hierdie potjie konfyt."

"Baie dankie, my kind, maar ek wil regtig nie jou konfyt hê nie - ek het sommer gespeel."

"Nee, maar Pappie moet dit neem," het Tubby aangehou en hy het die potjie kkonfyt voor Pappie neergesit. "Pappie sien, ek sal mos nog een vir myself hê."

Pappie was baie bly daaroor, maar op daardie oomblik het hy belanggestel in iets anders. Hy het gesit en loer na Toby.
Daar het 'n stryd in Toby se binneste gewoed. Hy het hard asemgehaal en dan na die een en dan weer na die ander van sy potjies konfyt gekyk. Hy het die lemoenkonfyt opgetel en dit weer neergesit, toe het hy die braamkonfyt opgetel - 'n mens kon sien daar was 'n groot stryd aan die gang.

"Pappa," het hy eindelik gesê, "ek sal vir Pappie ook een van my potjies konfyt gee. Pappie kan die potjie met die brame kry."

So gesê, het Toby die potjie voor Pappie neergesit.

"Julle is twee dierbare seuns," het Pappie trots gesê. "Natuurlik sal ek nie julle konfyt neem nie, maar ek is darem baie bly dat julle dit aan my gegee het. Ek sal dit altyd onthou. En nou sal ek sien wat ek kan kry."

Pappie het in sy linkerbroeksak rondgevoel en daar was die geklink van geld - 'n geluid waarmee Tubby en Toby maar te goed bekend was!
Radio Kuber Kontrei is 'n gratis Afrikaanse Agtergrond musiek kanaal. Kliek op ► links en luister via TuneIn. Maak asb. die ♥ rooi! deur ons as 'n FAVOURITE te merk. Vind ons APP op Google Play