Maar waar? Hoe? arme Hennie kon sommer huil so sleg het hy gevoel. Het iemand dit gesteel? Dit was onmoontlik. Hy het niemand behalwe die kruier ontmoet nie en hy was 'n eerlike man.
Vir die derde keer het hy al sy sakke deurgesoek en eindelik vind hy die oorsaak van sy verlies. Daar, in die hoek van sy regterbroeksak, was die gat waar sy geld deurgeval het.
"Weg!" het arme Hennie uitgroep, en hy kyk na die skeur in sy sak. "En wie weet waar? Enige plek van die huis af tot by die stasie. Dit kon in die sand geval het of iemand kon dit opgetel het. Ek wonder wat sal Pa sê?"
Terwyl hy gesit en treur het oor sy verlies, het 'n gedagte by hom opgekom. "Die Here weet waar daardie geld is, en as dit Sy wil is, kan Hy dit aan my terugstuur. Ek gaan Hom nou vra om dit te doen."
Daar waar hy alleen in die kompartement was, het Hennie gekniel en gebid, en dit is die woorde wat hy gesê het: ""Liewe Heer, laat iemand asseblief die geld wat ek verloor het, vind en dit vir my aanstuur."
Drie dae het verbygegaan. Hennie was terug op kosskool, en aangesien hy baie besig was, het hy begin vergeet van die geld. Maar die Here het nie sy gebed vergeet nie.
Een more het hy 'n brief ontvang. Dit was van sy broer Karel. Toe Hennie dit oopmaak, sien hy 'n posorder vir vyf sjielings en hier is die verbasende verhaal wat hy in die brief gelees het:
Karel het self een halfkroon nie ver van die huis af nie, in die straat opgetel. n Myl verder het 'n klein dogtertjie die ander halfkroon opgetel en dit na Karel gebring en hom gevra of hy nie weet aan wie dit behoort nie. Is dit engisins snaaks dat Hennie daardie dag bly was? Sedertdien het hy nooit daaraan getwyfel dat die Here van die hemel gewillig is om na selfs die eenvoudigste gebede van Sy gelowige kinders te luister nie.