My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
BEKENDES SE REGTE NAME

Wat het Wilhelmina Jacoba Viviers, Zander Tyler, Francois van der Merwe, Louis Andreas Pepler, Henk Opperman, Jacobus Frederik Jersich, Sonia Nel, Ralph John Rabie en Thys Streicher in gemeen? Al hierdie bekende musikante gebruik verhoogname - en jy ken hul glad nie by bogenoemde doopname nie. Soos dit hierbo in hul identiteitsboekies verskyn nie.

Herken jy dalk vir Min Shaw hierbo? Of Bok van Blerk. Wat van Thys die Bosveld Klong? Johannes Kerkorrel of dalk selfs Ray Dylan. Ooit gewonder wat is Nataniël se regte naam!

Dit wil voorkom asof geen kunstenaar meer tevrede is met sy of haar naam nie, en sodra hul eerste CD in die CD-spelers begin draai (of selfs 'n bietjie vroeër), verskyn daar 'n interessante nuwe naam op die kassie - 'n naam wat nie deur familie en vriende by die huis herken word nie. Die uiterste geval van naamsverandering is sekerlik die van die man wat as Prince Rogers Nelson gebore is. Dit was Prince se werklike geboortenaam in 1958, voordat al die speletjies en pret begin het...

In 1993 het PRN sy naam verander na 'n onskryfbare simbool, en daarna was hy alom bekend as Symbol (want so waar as padda manel dra, die simbool was ook onuitspreekbaar). Hy het dit opgevolg met The Artist Formerly Known As Prince, en die naam afgekort tot TAFKAP, met The Artist as alternatief. Toe mense hulle nie aan die rondomtalie wou steur nie, het hy die naam terug verander na Prince - maar nie voordat hy eers gedreig het om Britney Spears te word nie...

'n Interessante brokkie oor Die Bogemelde Kunstenaar is dat hy die klawerbord, kitaar, tromme, saxofoon en minstens 10 ander instrumente kon bespeel teen die tyd dat hy klaar was met sy Hoërskool loopbaan.

BEKENDES SE REGTE NAME

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Female and Male libido boosters


Kyk wie het nog vir hul 'n verhoognaam aangeskaf:

  1. Abel Kraamsaal - Abel Strydom

  2. Adam Tas - Francois van der Merwe

  3. Alan Ladd - Louw Wessels

  4. Alexis - Nicole Williams

  5. Bacchus Nel - Stephen Nel

  6. Ben E. Madison - Ben Blignaut

  7. Bernoldus Niemand - James Phillips

  8. Billy Forest - William Charles Broadman

  9. Bles Bridges - Lawrence John Gabriel Bridges

  10. Bobby Angel - Robert Engelsman

  11. Bobby van Jaarsveld - Pieter van Jaarsveld

  12. Bok van Blerk - Louis Pepler

  13. Bones Brettell - Ronald Brettel

  14. Brendan Jury - Brendan Smit

  15. Chris Chameleon – Chris Mulder

  16. Chris de Burgh - Christopher John Davidson

  17. Clive Bruce - Clive Bruce Bergman

  18. Crocodile Harris - Robin Graham

  19. Dana Winner - Chantal Vanlee

  20. Danny K – Daniel Koppel

  21. David Marks - Spiros D Markantonatos

  22. Dollar Brand - Adolphus Jhannes Brand

  23. Die Baron - Daniel Lukas Heyneke

  24. Die Kavalier - Malcom Watson

  25. Die Troebadoer - Ed van Wyk

  26. Dolly Parton - Dolly Rebecca Parton Dean

  27. Dozi – Henk Opperman

  28. Elton John - Reginald Kennet Dwight

  29. Elvis Blue - Johan Hoogendyk

  30. Eve Boswell - Eva Keleti

  31. Eva Morgan - Desireé Hennings

  32. Francois van Coke – Francois Badenhorst

  33. Fredi Nest - Fredi Nester Esterhuizen

  34. Freddy Mercury - Farrokh Bulsara

  35. Gaynor Hopkins - Bonnie Tyler

  36. Gene Rockwell – Gert Francois Smit

  37. Geoff St John - geoffrey Jacobs

  38. Gerhard Steyn - Gert Potgieter

  39. Gian Groen - Gideon Hanekom

  40. Glenys Lynne - Genys Lynne Mynott

  41. Jean-Michel Byron - Byron du Plessis

  42. Johannes Kerkorrel - Ralph John Rabie

  43. Joanna Field - Joan Elizabeth Lubbe

  44. Jack Parow – Zander Tyler

  45. Jak De Priester - Jaco Papenfus/Jaco Voster (nie seker nie)

  46. James Blunt - James Hillier Blount

  47. Jan Blom - George Harry (Jorrie) Kymdell

  48. Jay - Jaco du Plessis

  49. Jo Black - Jo Engelbrecht

  50. John Ireland - John Griffith

  51. Joshua na die reën - Jacques de Villiers

  52. Karen Zoid – Karen Louise Greeff

  53. Koos Kombuis - André le Roux du Toit

  54. Kupido – Johan Mattheus Wessels

  55. Kurt Darren – Kurt Johan Van Heerden

  56. Lance James – Lance James Liebenberg

  57. Lianie May - Lianie Oosthuizen

  58. Martin Lane - Thinus Esterhuizen

  59. Maritza - Brenda Du Preez

  60. Min Shaw - Wilhelmina Jacoba Viviers

  61. Nadine - Nadine Hoffeldt

  62. Nataniël – Niel Le Roux

  63. Neels Moir - Neels Boshoff

  64. Nianell - Sonia Nel

  65. PJ Powers - Penelope Jane Dunlop

  66. Ray Dillan - Jacobus Frederik Jersich

  67. Reginald Kenneth Dwight - Elton John

  68. Sally Vaughan - Susarah Viljoen

  69. Shania Twain - Eileen Regina Edwards

  70. Snotkop – Francois Henning

  71. Thys die Bosveldklong - Thys Streicher

  72. Tommy Dell - Thomas Albert Berry

  73. Tommy Oliver – Tommy Oliver Hollamby

  74. Valiant Swart - Pierre Nolte

  75. Vicky Leandros - Vassiliki Papathanasiou

  76. Virginia Lee - Virginia de Jager

  77. Worsie Visser - Hermias Cornelius Visser

  78. Wynand Windpomp – Wynand Burger

  79. Yoti Die Griekse Boertjie - Panayoti Loizos

  80. Appel - Christoph Kotzé

  81. Jonathan - Rikus de Beer

  82. Petula Clark - Sally Olwen Clark