My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Tseane en die perd  met die strepe

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Tseane en die perd met die strepe

"Soos ek kyk, dan kyk en na Nkebe,

O! Ha-we-le-le ha!  O! Ha-we-le-le ha!

So sing die jong meisies. Hulle sing so wanneer die maan oor die lug heen loop. En wanneer hulle so sing, dan dans hulle die dans van die Moqoqopelo.

"Whou-ou-ou!" huil die honde vir die maan. So huil hulle wanneer hulle die jong mense hoor sing.

Maar Tseane sit op die grond in die skerm voor haar huis. Sy sing nie. Sy dans nie. Sy sit maar net alleen saam met haar ouboetie daar by die vuur, want sy het nie meer ander mense van haar huis wat nog leef nie. Haar moeder het ook al lank gelede gesterf.

Sy luister na die ander meisies wat sing.

Sy luister na die honde wat so huil, maar sy sit maar stil langs die vuur. Sy kyk na haar bene. Dis mooi bene. Hulle is nie maer soos die bene van 'n siek mens s'n nie, hulle is nie dun soos die bene van 'n ou vrou nie. Hulle is mooi bene. Mooi bene met sterk kuite. As die lig van die vuur daarop val, blink hulle soos die lyf van die waterslang wanneer hy langs die seekoeigat in die son lê en slaap.

Haar ouboetie lê op die grond langs die vuur. Hy praat met haar. Hy sê:"Tseane, kind van my moeder, waarom gaan dans jy nie saam met die ander jong mense nie? Kry jy nie lus om saam met hulle te sing nie? Ek vra jou."

Sy antwoord hom. Sy sê: "Ek wil dit nie hê nie."

Dan luister sy maar weer hoe die ander jong mense sing. Sy luister hoe die honde huil. Sy luister, sy luister, sy luister hoe haar ouboetie praat: "Tseane, jy maak vir my moeg. Jou tyd het gekom dat jy moet trou. Jy is klaar met die skool van die meisies. Ek het vir jou twee skape geslag toe jou tyd daar verby was. Ek het hulle vir jou geslag sodat ek jou kon losmaak. Daardie twee skape se vetderms vir jou met die ou vrou gestuur. Ek het die vetderms vir jou gestuur sodat jy dit om jou nek kon draai. Die twee galblase het ek vir jou gestuur sodat jy dit vol wind kon blaas om dit dan in jou hare te vleg. Ek het gehandel volgens die tradisie van ons voorouers. Praat ek die waarheid?"

En Tseane antwoord vir hom. Sy sê: "Jy praat die waarheid, groot man."

Nou praat hy weer: "Het ek nie vir jou nuwe rokke en nuwe komberse gekoop nie? Het ek nie vir jou tien en nog vyf rokke gekoop nie? Het ek nie vir jou 'n kombers, 'n lesolanka, gekoop nie? Het ek, of het ek nie?"

Sy antwoord: "Jy het."

Nou praat hy verder: "Jy het die tien rokke en die vyf rokke aangetrek. Jy het hulle almal aangetrek - bo-oor mekaar, soos dit hoort. Die jong mans het jou gesien. Hulle sien jy is mooi. Hulle wil vir jou hê. Maar jy, wil jy vir hulle hê? Antwoord my."

Sy antwoord: "Ek wil nie 'n man hê nie. Jy maak vir my moeg."

Nou kyk sy n a die vuur. Sy kyk na haar bene wat so blink. Sy luister na die jong mense; sy luister na die honde wat so huil. Sy luister na die voetstappe wat nader kom.

Dit is sterk voete wat so trap. Dit is die voete van Poho - hy wat begeer om met Tseane te trou.

Sterk soos 'n jong bul is hy. Daarom het hy die naam van die bul gekry, die naam van Poho. Hy kom die skerm in.

Sy spiere speel rond onder sy swart, blink vel wanneer die lig van die vuur daarop val. Dit blink van die sweet soos hy saam met die ander jong mense gedans het. Hy praat met die jong meisie, maar sy kyk nie eens op nie.

Hy sê: "Tseane, moratuwa, beminde. Tjhe, haal jou kombers af, dat ek kan sien hoei mooi jy is."

Maar sy antwoord stug: "Ek wil dit nie doen nie."

Poho word baie kwaad vir Tseane. Hy gryp haar aan haar arm. Hy trek haar op sodat sy op haar voete staan. Hy is baie sterk.

Nouo raas hy met haar. Hy sê: "Is jy 'n ou vrou? Is jy skaam vir jou skoonheid? Kom saam met my. Kom dans saam met die ander jong mense dat ek vir jou kan sit en kyk."

Maar sy antwoord: "Ek wil nie dans nie."

En nou slaan hy vir haar.

"Wha, wha, wha!" sê sy kierie, die molamu, toe hy haar op die rokke slaan. Sy voel dit glad nie, want sy het tien rokke aan en nog vyf.

Sy sê: "Ek lag vir jou, want ek voel nie die byt van jou molamu nie."

Nou slaan Poho vir haar oor die arms, daar waar die rokke nie die tande van sy kierie kan wegkeer nie.

"Twagga-twagga-tswagga!" sê die kierie en nou kry sy baie seer. Sy vlug vir die seer en sy hardloop uit na buite, maar hy agtervolg haar. Sy kierie hou aan om te vreet totdat Tseane by die ander jong mense aankom.

Sy kan goed dans. Die dans kruip in haar voete, in haar bene, in haar dye, in haar heupe, oor haar hele bolyf tot in haar arms, haar nek en haar kop...

Sy stamp haar voete, sy stamp hulle.

Sy wikkel haar onderlyf en sy skud haar skouers, sy skud hulle.

Sy skuif haar kop heen en weer op haar nek. Sy laat haar wange bewe, sy laat hulle bewe.

Sy word mal saam met die ander. Sy word mal.

Toe almal mal is van die dans, glip sy weg. Nie een sien haar nie. Sy loop agter die bossies langs die ander dat hulle haar nie kan sien nie. Net toe sy by die voetpad kom, hardloop sy vinnig weg ... vinnig soos die hasie wanneer hy vir 'n hond weghardloop.

In die lig van die maan gaan sy na die lefika, na die hoë rots. Sy kan nog die ander hoor. Hulle stamp die voete. Hulle sing. So sing hulle:

"Ma-bobbejaan klim op die berg, ha-ha, ha-ha! Sy dra haar kind agter die rug, ha-ha, ha-ha!"

Net soos die ma-bobejaan klim Tseane op die hoë rots. Sy klim op die lefika. Wanneer sy bo is, sing sy. Sy sê:

"Kodintshane ya kodinkoroto, / Tseane bemin die mans nie, / sy's lief vir die perd van die veld. Wha, wha, wha, wha wha, wha, wha!"

Die perd van die veld, hy met die strepe oor sy lyf, hoor die stem wat hom roep. Hy hoor dit daar waar hy staan en wei. Hy ruk sy kop regop. Sy neusgate trak hy oop dat hulle oop is.

Hy spits sy ore. Hy spits hulle, want hy hoor hoe sing sy: "Wha, wha, wha, wha wha, wha, wha!"

Hy antwoord en sê: "Hiiiii-hi-hi-hi-hi-hiiii!"

Dan hoor Tseane hoe sy pote op die grond klap. Hulle stamp harder as die voete van Poho die man.

"Káppa-kappa-káppa-kappa!" stamp die voete. Hy hardloop tot by die hoë rots, tot by die lefika. Tseane is bly dat hy daar is. Sy speel met hom, sy speel met hom en sy praat met hom, die perd.

Dan klim sy op sy rug. Hy runnik: "Hiiii-i-hi-hi-hi-hiiiii!" Dan spring hy weg en terwyl hy hardloop, dra hy die jong meisie saam met hom op sy rug weg.

"Káppa-kappa-káppa-kappa!" klink sy pote op die grond en die veld sê agterna: "Káppa-kappa-káppa-kappa!", net so, net so.

Tseane se hart is lekker wanneer sy teruggaan na haar hut toe.

Nog al die tyd sing die ander jong mense. Sy hoor hulle. Sy hoor hulle en sy hoor die honde - hulle wat so huil vir die maan.

Sy gaan slaap. Sy trek die tien rokke uit en die vyf rokke. Sy trek hulle uit en maak vir haar kop 'n kussing daarvan. Sy gaan lê in die donker hut op haar slaapmat. Die ouboetie van haar word nie eens wakker nie, so saggies werk sy. Hy word nie wakker nie. Hy slaap daar waar hy in die skerm langs die vuur lê.

Sy slaap, dan snork hy soos 'n hond wat kwaad is, wat vir hom klaarmaak om te byt. Hy sê: "Garr-njarr, garr-njarr!"

Ouboetie droom, hy droom, hy droom. Hy droom Tseane se kop word sag. Hy droom sy vat vir Poho. Hy droom die jong man haal sy twintig beeste uit en die twintig skape ook, saam met die ryperd wat hierdie vee moet oppas.

Toe die hoenderhaan vir die ouboetie roep, sien hy dat die droom verniet vir hom bly gemaak het by die hart. Noudat hy wakker is, is hy kwaad. Hy roep vir Tseane.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Sy kom uit en vra: "Wat eet jou? Die vaak hou my nog gevange. Wat eet jou? Antwoord vir my?"

"Regtig waar, kind van my ouers, jy maak vir my moeg. Hoekom weier jy al die mans? Waarom weier jy die vee van Poho? Hy sal sy beeste en skape uithaal vir 'n ander vrou. Jy moet na my vermanings luister, want ek is jou ouboetie. Ek is jou vader. Ek sal jou doodslaan as jy nie luister nie!"

Sy antwoord nie. Sy sê niks nie. Sy gaan in die hut en trek vir haar aan. Die tien rokke en nog die vyf ook. Dan neem sy die kleipot. Sy neem dit en sit dit op haar kop.

Nou praat sy met hom. Sy sê: "Ek gaan na die fontein toe. Ek gaan skep water."

Maar hy antwoord haar nie. Hy roer die pap, maar hy antwoord nie vir haar nie. Hy sit doodstil. Tu-u-u-u.

Hy glo haar nie, hy glo nie dat sy na die fontein toe gaan nie, want daar is baie water in die potte. Hy wil weet waarom sy vir hom lieg. Hy wil weet.

Nou loop hy agter haar aan. Haar kort rokke swaai heen en weer, soos 'n blom wat deur die wind gewaai word.

Sy loop voor, ver voor. Hy loop agter, ver agter, dat sy hom nie kan hoor nie. Hulle loop, hulle loop, hulle loop, hulle loop.

Tseane loop tot by die lefika, die hoë rots. Sy klim op, sy klim op. Sy kom bo. Hy staan onder. Hy luister. Hy luister ... hy hoor sy sing.

Sy sê: "Kodintshane ya kodinkoroto..." Net, net so. Jwalo. Jwalo.

Sy sing vir die perd van die veld. Hy het strepe oor sy lyf, so word daar vertel.

Haar ouboetie hoor haar lied. Die sebra ook. Hy hoor wat Tseane sing. Sy wat hom roep met haar lied: "Wha, wha, wha, wha, wha, wha!"

Hy hoor dit daar waar  hy staan en wei. Hy ruk sy kop regop. Die neusgate rek hy oop, dat hulle oop is. Hy spits sy ore, hy spits hulle. Hy runnik,  hy runnik en spring weg na die stem van haar wat hom roep.

Tseane hoor hoe sy pote op die grond stamp, harder as die voete van Poho wanneer hy dans. Die perd kom staan by haar. Sy lippe is warm wanneer dit aan haar hand raak. Die asem brand haar wanneer dit teen  haar vel blaas.

Tseane klim op sy rug.

"Hiiii-hi-hi-hi-hi-hiiiii!" sê hy, dan galop hy weg met sy beminde op die rug.

"Káppa-kappa-káppa-kappa!" sê die pote en "káppa-kappa-káppa-kappa!" antwoord die veld.

Die ouboetie word bang. Hy vrees die perd met die strepe en hy hardloop weg. Hy dink: Die pitsi is 'n towenaar. Dis 'n ding wat baie lelik is. Hy moet doodgemaak wordm, want hy het die hart gesteel van Tseane, die kind van sy ouers.

Hy maak ' n plan. Hy sal 'n warm yster steek deur die hart van daardie perd. Wanneer hy dood is, sal die liefde van Tseane los wees. Die jong meisie sal weer soos ander wees. Sy sal die liefde van Poho neem.

Die ouboetie wag net totdat Tseane eendag besig is om die vloer van hulle hut met nat mis te smeer, toe gaan  hy na die lefika toe.

Eers maak hy 'n vuur met droë mis. Gou maak hy die skerp yster warm - die yster wat die dier sal doodsteek. Dan klim hy op die rots, hy klim op, hy klim op totdat hy heelbo staan.

Nou maak hy sy stem dun, dun, dun. Hy maak sy stem dun soos die stem van 'n vrou wat nog nie kinders gehad het nie.

Hy sing vir die perd van die veld, die pitsi naheng, met 'n stem wat gaan soos dié van Tseane. Hy roep:

"Kodintshane ya kodinkoroto, / Tseane bemin die mans nie, / sy's lief vir die perd van die veld.

Net so. Jwalo. Jwalo. Dan sing hy met die klein, dun stemmetjie "Wha-wha-wha-wha-wha-wha!"

Hy hoor die hoefgeklap. Hulle kom nader. Al harder en harder: "Káppa-kappa-káppa-kappa!"

Hy is bly, hy is bly, hy is bly.

Net toe die perd van die veld by die hoë rots kom, steek die ouboetie die warm yster in die hart van hom, die pitsi naheng, die perd van die veld.

Sy hart breek, hy breek. En toe sy hart breek, gaan staan hy regop op sy agterpote. Hy kap met die voorpote in die lug. Hy roep vir Tseane met 'n vreeslike runnik. Toe slaan hy op die grond neer. Hy slaan neer. Hy is dood.

"Jonna-nna-we!" skree die ouboetie. Hy is bang. Hy vlug die berge in. Hy vlug weg van die werk van sy hande. Hy is bang om naby die towenaar te bly - hy wat nou dood is.

Tseane het die roepstem van die perd gehoor. Sy is bly dat hy haar roep. Sy hardloop veld toe. Sy hardloop na die lefika toe. Sy klim op, sy klim totdat sy heelbo staan. Wanneer sy so klouter, sing sy die lied van die ma-bobbejaar. Wanneer sy so klouter, lag sy soos die ma-bobbejaan. Sy lag: "Ha-ha, ha-ha! Ha-ha, ha-ha!"

Sy kyk oor die velde. Waar is haar beminde? Hy het haar geroep. Nou is hy weg!

Sy weet nie dat hy dood lê in die skaduwee van die rots nie. Sy weet dit nie. Sy weet dit nie. Sy sing vir hom. Hy kom nie! Sy roep hom. Hy hoor nie! So word daar vertel.

Toe sien sy hom met die yster in sy hart. Hy lê in die skaduwee van die lefika. Sy vat die  yster in haar hand en steek dit in haar eie hart, net so diep as sy kan.

Toe sy nou langs die perd neerval, toe sy val aan die sy van die pitsi naheng, toe hoor sy in haar ore hoe haar moeder vir haar sing. Sy wat lankal dood is, roep vir haar. "Wha-wha-wha-wha-wha-wha!"

Net so. Net so. Jwalo. Jwalo.

Die perd wat dood is, hoor die lied. Hy ruk regop. Hy spits die ore. Hy spits hulle, want hy hoor die lied waarmee Tseane altyd vir hom geroep het.

Hy gaan staan op sy vier pote. Tseane klim op sy rug, van hom, die perd van die veld.

"Wha-wha-wha-wha-wha-wha!" So roep die dood.

Die perd antwoord op die lied: "Hiii-hi-hi-hi-hi-hi-hiiii!" antwoord hy.

Toe dra hy vir Tseane weg op sy rug. Net so. Net so. Netso, word daar deur die ou mense vertel. Hy dra Tseane weg oor die veld, tot daar waar die dood vir hulle wag.

"Káppa-kappa-káppa-kappa!" stamp die perdehoewe op die grond, en "Káppa-kappa-káppa-kappa!" antwoord die veld.

Hier eindig die verhaal.

Minnie Postma

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >