My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
TOP TIEN GRAPPE IV

Was gister by die Poskantoor. Sien die blond voor my hou aan blaas in 'n koevert (voor my in die ry). 

Moes toe vra: "Askuus, wat doen jy?"

Blond: "Duh, ek stuur 'n stemboodskap!"

301.

Die muis-gesin sit en TV kyk toe die kat instorm in hul huisie.

Pa kat skrik sy alie af en begin sommer blaf soos 'n hond.

Die kat op sy beurt skrik en hardloop weg. 

Toe pa muis sy asem terug kry sê hy vir sy twee kinders: "Ek hoop julle kan nou die waarde van 'n tweede taal verstaan!"

302.

Juffrou: Kosie, hoekom is jou huiswerk in jou suster se handskrif?"

Kosie: "Ek het haar pen gebruik Juffrou!!"

303.

'n Jong man vra die oom om met sy dogter te trou. 

Geskok vra die oom: "Boeta, sal jy haar darem kan onderhou?"

Jong man: "Oom, al moet ek aan die matras vashou; ek sal haar onder hou."

304.

Oupa vat die blonde 5-jarige dogtertjie elke dag skool toe. Toe Oupa een oggend siek is; moet Ouma inspring en vir Ansie skool toe vat. 

Die aand vertel sy haar ma en pa dat die ryery baie anders is saam met Ouma as met Oupa.

"Hoekom?", vra hulle.

Sy antwoord: "Ek en Ouma het nie een flippen idioot, blinde bliksem of dom donner op die pad gesien nie."

305.

Was gister 'n dol dag; in die hardloop het ek my foon so hard laat val; twee van my contacts is in die hospitaal.

306.

R4,000 Beloning. Ek soek DRINGEND hulp asseblief. Die kinders het my tuinhekkie oopgelos en my MAN het uitgekom. Baie gevaarlik! en luister nie as mens hom roep nie. Hy hardloop gewoonlik weg as 'n mens hom wil vang.

Hy reageer op die name "engel" , "liefie" en "skat". Bruin hare, onlangs geskeer . Hy is nie gesteriliseer nie. Moet hom asb nie voer nie, hy is op 'n spesiale dieët.....!!! As julle hom sien, sê net vir hom ek soek die TV remote. (moenie dit self probeer afneem nie)

(Geleen)

307.

Julle, ek is VERSKRIKLIK kwaad vir myself. Op die ingewing van die oomblik (en omdat ek 'n man is) koop ek gisteraand vir my 'n opblaas pop.

Wink wink. Ja, daardie soort opblaas pop. Oorgretig (en miskien omdat dit 'n eerste keer is - het ek haar onmiddelik opgeblaas. Ek sien vanoggend, noudat ek noukeurig die instruksies lees - dat sy HOPELOOS te hard opgeblaas is. Ek het haar nou bietjie afgeblaas. Nou het sy REKMERKE! Enige raad?

308.

Die waarheid oor Peter de Villiers se ontslag in 2011 as Springbok Afrigter is uiteindelik uit. Hy is positief getoets vir helium.

309.

"Meneer," sê klein Jannie. "Daar is iets wat ek nie verstaan nie."

"En wat is dit, Jannie?" vra die meneer.

"Volgens die Bybel het die Kinders van Israel die Rooi See oorgesteek?"

"Ja, dit is so!" sê die meneer.

"En die kinders van Israel het teen die Fillistyne oorlog gemaak?"

"Ja, dit is so!" sê die meneer.

"En die kinders van Israel het die Tempel gebou?"

"Ja, jy is weer reg, Jannie" sê die meneer.

"En die kinders van Israel het teen die Egiptenare geveg, en teen die Romeine geveg, en..."

"Wat is nou jou vraag Jannie?" onderbreek die meneer hom.

"Nou wat het die grootmense dan gedoen?"

310.

Jannie kom een oggend baie opgewonde by die skool aan.

Eerste periode vra juffrou wat is fout?

"Juffrou, ons hondjie het laas nag 6 kleintjies gekry en hulle almal skree vir die Bulls."

Twee maande later kom die skool inspekteur kuier en vra die kinders so 'n paar vrae. Toe hy vra wie het troetel diere, is Jannie se hand eerste op.

"Meneer, ons hond het nou die dag 6 kleintjies gehad en hulle almal skree vir die Stormers."

"Maar Jannie," se juffrou, "nou die dag het hulle almal vir die Bulls geskree?"

"Ja juffrou," antwoord Jannie, "maar juffrou moet onthou hulle ogies het in die tussentyd oop gegaan.

311.

Vyf-en-twintig jaar getroude man (50) en vrou (50) se huwelik sukkel. Toe die vrou een aand tuis kom; kry sy 'n nota teen die yskas. 

"My Liewe Vrou,

Soos jy weet is ons huwelik nie meer wat dit was nie. Dit is ook nie meer opwindend nie. Ek het 'n 18-jarige poppie ontmoet, en het besluit om die nag saam met haar deur te bring. Ek sal more weer tuis wees."

Toe die man die volgende dag by die huis kom; kry hy 'n nota teen die yskas.

"My Liewe Man,

Ek weet ons huwelik is nie meer wat dit was nie. Ek het probeer om ons sekslewe op te kikker deur sexy nagklere te dra, maar jy wou niks weet nie. Ek het ook per toeval 'n gym instrukteur van 18-jaar ontmoet. Aangesien jy 'n wiskunde onderwyser is behoort jy dat 18 in gaan in 50 baie meer keer as 50 in 18. Sien jou  eers volgende week.

Lovies,

Vroulief".

311.

Leentjie raak verlief op haar nuwe tandarts en kort voor lank het hulle 'n rits vuurwarm ontmoetings in die spreekkamer. 

Maar eendag sê hy ewe hartseer: "Liefie. Ons sal moet ophou om mekaar te sien.  Jou man gaan snuf in die neus kry. "

"Ag nooit skat," verseker sy hom. "Ons sien mekaar al vyf maande lank, en hy vermoed niks nie."

"Ja," antwoord hy, "maar jy het nog net een tand oor."

312.

'n Vriend skryf op Facebook. Ek is teleurgesteld. Ek was gister Gansbaai toe. Daar was geen ganse nie. Toe gaan ek Tietiesbaai toe.

Daar was ook geen ganse nie...

Kommentaar op sy tydlyn: "Hoe kan ons verwag dat ons kinders na ons moet luister as Tarzan half kaal rond hardloop; Aspoestertjie eers na 12 in die aand by die huis kom; Pinoccio altyd lieg; Alladin die prins van diewe is; Batman teen 320kmph rondjaag; Sleeping Beauty te lui is om op te staan; en dan bly Sneeuwitjie by sewe mans! Halloo!!??"

313.

'n Dogtertjie kla by haar pappa. 

"Pappa, ek wens ek het 'n baba sussie!!"

Pappa probeer snaaks wees en sê: "Maar skat, jy het alreeds 'n sussie!"

Verward vra sy: "Ek het?"

"Natuurlik," antwoord die pappa.

"Jy sien haar net nie; want elke keer as jy in die huis inkom, hardloop sy by die agterdeur uit."

Die dogtertjie dink 'n oomblik, en dan verhelder haar gesiggie: "

"O! dan maak sy soos die ander pappa as jy huistoe kom!"

314.

‘n Man is ernstig aangerand en lê bewusteloos in ‘n sloot langs die pad en bloei. Twee sielkundiges kom verby, bekyk die bloeiende man en sê vir mekaar: “Ons moet die mens kry wat dit gedoen het. Hy het hulp nodig.”

315.

'n Ou oom staan in 'n trein, en kyk hoe 'n vrou borsvoed. Haar baba weier om te drink. Sy drei hom.

"As jy nie drink nie, gee ek dit vir dié oom." So gaan dit aan en aan. Weer weier die baba; weer dreig die mamma. Toe wip die oom sy gat en sê: "Daai baba moet nou sy mind opmaak. Ek moes al 4 stasies terug afgeklim het!!"

316.

Jannie kom tuis met 'n werklik afskuwelike swak rapport.

Toe sê sy pa woedend: "So 'n swak rapport verdien net één ding; 'n goeie pakslae!"

Waarop Jannie sê: "Nee, dit is reg so! Ek weet waar ons meneer woon."

317.

Indien jou vrou vra: "Liefie, wat moet ek dra om weer sexy te lyk vir jou!" 

...is 'n kas bier, definitief die verkeerde antwoord! 

318.

Wanneer jou eerste kind geld insluk, jaag jy dokter toe...

Met die 3de een, trek jy dit van sy sakgeld af...

319.

Twee slange gesels:

Slang 1: "Is ons giftig?"
Slang 2: "Ja, hoekom?"
Slang 1: "Ek't nou net my lip raakgebyt."

320.

Saru het in ’n mediaverklaring gesê hulle is daartoe verbind om die Wêreldbeker-toernooi in 2032 terug te bring na Suid-Afrika, op voorwaarde dat Saskok dit goedkeur en die regering dit steun. Voorts het hul met groot 'fanfare' die nuwe, aangepasde kwotastelselsel vir die 2024 URC Kompetisie bekend gestel.

Kwota stelsel vir die 2024 URC Kompetisie ~

Sharks moet ten alle tye 10 Indiërs op die veld hê.

Stormers moet ten alle tye 10 Kleurlinge op die veld hê.

Cheetahs moet ten alle tye 10 Boere op die veld hê.

Lions moet ten alle tye 10 swart Spelers op die veld hê. 

321.

Na 'n wilde jaagtog kry die verkeerspolisie die man gestop.

Polisieman: "Meneer, hoekom jaag jy so verskriklik?"

Man: "My vrou het my so drie jaar gelede gelos vir 'n polisieman. Toe ek jou sien, dog ek dit is dié polisieman, en jy wil haar terug bring!"

322.

Ek: "Jy moet slaap!"

Brein: "Ek wonder watter kleur word 'n Smurfie as jy hom wurg?"

323.

In 'n onlangse studie deur Wits Universiteit is bevind dat die gemiddelde Suid-Afrikaner stap omtrent 1,200km per jaar.

Intussen is 'n studie deur Distell bevind Suid-Afrikaners drink gemiddeld ongeveer 50 liter alkohol per jaar. Dit beteken die gemiddelde Suid-Afrikaner kry omtrent 24km op 'n liter. Dit maak mens mos trots Suid-Afrikaans. 

324.

Vandag - presies drie jaar gelede - het ons in SOLID lockdown gegaan. Al wat toe wettiglik mag gerook het, was 'n Ford bakkie.

325.

Ai. Dis ook nie maklik om oud te word nie!

Ek was gisteraand al twintig minute in my bed, toe ek die Mr. Delivery outjie hoor hoes in die sitkamer. Daar onthou ek toe, ek was eintlik oppad na my slaapkamer toe om die beursie te kom haal.

326.

Jannie kom by die huis van skool af en sê vir sy ma hy het 'n nuwe woord vir "f**ken geleer.

"En wat is dit?" vra sy ma. 

"My Juffrou het gesê dit is SNERPEND koud."

Lus vir verder lag?

BRAKPAN