My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Ter wille van 'n Orrel

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Ter wille van 'n Orrel

As mense wil dink ek spog met my dorp,  moet hulle maar so dink. Ek kan nie help dat hy is soos hy is nie. En as hulle wil dink hier gebeur altyd net snaakse en lawwe goeters - soos middeljariges wat hulle jonk hou op die boeresport of rondom die swembad - dan moet hulle ook maar so dink. Dit alles is net die helfte van die waarheid. Die volle waarheid is dat my dorp se mense nog nie verleer het om te lewe nie. En om te lewe, beteken om ernstig te wees as dit nodig is, en om te lag wanneer daar te lag is. En die gevolg? Eenmaal 'n Wellingtonner, altyd 'n Wellingtonner. Die oues weier om dood te gaan en die jonges kry jy met 'n bom nie hier weggeskiet nie.

G'n wonder dr. Andrew Murray, salige nagedagtenis, het gepraat van "het liewe Wellington" nie. En  van hóm gepraat: Met sy voete op die sypaadjie sit hy nog steeds voor ons kerk en hy hou 'n strenge oog oor alles wat in Kerkstraat voor hom en in Hoofweg links en regs van hom gebeur. Daarom gedra ons ons in dié twee strate, en in die systrate waar hy nie kan sien nie? Daar gaan dit niks erger aan toe as in enige ander dorp nie.

Nie dat ons nie ons struwelings het nie. O nee. In die hele wye wêreld is daar nie 'n plek waar daar lekkerder gepolitiek word, stadsraadverkiesing geveg word, ge-een- en getweesessie word vir die skole, voor die konsistorie gestry word oor lang manel, kort manel, strikdas of gewone das, met lang stokke en tosselsakkies vooraan kollekteer of met gewone bordjies nie, ens. ens. In 'n ou notule lees ek glad dat een afskaffer uit die vorige eeu voorgestel het dat hulle koffie by Nagmaal bedien.

Maar regtig baklei? Nog nooit. Ons maak soos die ou Griekse stamme gemaak het. Lekker stry en skoorsoek, maar wanneer die gevaar dreig, dan staan ons saam. Veral wanneer dit oor 'n goeie saak gaan.

Soos nou laas nog weer toe ons ons kerkorrel wou laat nuut maak. Terloops, ons arme predikante en orrelils kry g'n rus of duurte nie. 'n Man kon dertig jaar laas hier gewoon het, of hy kon net sy nôi een aand hier uitgeneem het, maar as hy die slag doodgaan, of hy wil gaan trou, dan kom hy Wellington toe daarvoor. G'n wonder die orrel kon nie hou nie.

"Broeders," sê ds. Raubenheimer (ds. Lang Piet soos ons hom liefderyk agter sy rug noem), "ons orrel is nie lekker nie. Hy is vir my party oggende so heserig."

"Of hy gaan vir geen rede nie aan die fluit," sê ds. Bester.

Kompleet of die ding begin asma kry.

Ds. Dawie de Villiers van Springbokkapteinfaam sê liewers niks nie, want hy het pas hier begin en wil nog eers die wêreld deurkyk.

En wat sê die eerwaarde kerkraad? 'n Mens praat nie uit jou kerkraad nie. Maar wat gesê mag word, is dat almal dit eens is: Met 'n hees orrel wat soms aan die fluit gaan, moet daar 'n plan gemaak word. 'n Nuwe is te duur. Wat van een van daardie elektroniese orrels wat so ... so vinnig speel, amper soos 'n klavier, wil een diakentjie weet. Arme man. Amper kyk 'n paar van die ouderlinge hom middeldeur. Dis mos 'n ding vir dansmusiek daardie, en vir Ethel Smith se Tico Tico.

O, ekskuus, eerwaarde voorsitter (pleks dat hy vir die ouderling vra hoe hy wat ouderling is, dit weet).

Wat sê die skriba-kassier? Hy sê as ons gou-gou 'n duisend rand kan insamel, kan die orrel se stembande en longpype reggemaak word.

"Dis maklik," sê ds. Raubenheimer: "Ons is agt-en-sestig in die Kerkraad, en as elke man nou 'n maand of twee se rookgeldjies afgee, dan is die orrel betaal."

Auk, dominee. 'n Mens moet opoffer vir 'n goeie saak, maar jy kan darem nie sóveel van vlees en bloed verwag nie.

En weet julle wat gebeur? Piet Hugo, ons hoofdiaken, staan op en hy sê: "Eerwaarde voorsitter, ek het 'n plan." En hy waai sy arm oor die vier-en-dertig ouderlinge. "Ek is lankal lus vir die klomp ouderlinge wat ons so dophou ... of ons nou darem gereeld kerk toe kom en ons ons wyke besoek, en so aan. En nou het ons ons kans gekry." Hy staan amper 'n volle minuut lank stil om seker te maak dat almal hom goed hoor, en toe sê hy: "Net een middag is genoeg, en ons het ons duisend rand. Maar dan moet die ouderlinge saamwerk. Dit sal nét van hulle afhang."

Piet Hugo is nooit reg in sy kop nie! Ons Kerkbasaar en Sendinginsameling is skaars verby. Waar wil hy 'n duisend rand op een middag bymekaar kry?

Maar hy laat hom nie demp nie. Hy kom met sy saak, hy daag die ouderlinge uit, hy verduidelik, en hy beduie. En hy het sy drie-en-dertig diakentrawante soos een man agter hom. Dis 'n waterdigte, onfeilbare plan. Dit kan nie misluk nie - nie as die ouderlinge saamspeel nie. Nie saamwérk nie, maar saamspéél. Letterlik speel.

"Ons is vier-en-dertig diakens," sê hy. "En as ons ds. Dawie wat nog bloedjonk is, bytel, dan is ons vyf-en-dertig. Genoeg vir twee voetbalspanne. 'n Eerste en 'n tweede span..."

"Ek sien die broeder se plan," sê ds. Lang Piet opgewonde. "Die diakens kies twee spanne om teen mekaar te speel en die ouderlinge gaan hulle wyke deur en sorg dat man en muis daar is. En hulle vrouens bak pasteitjies en gee 'n vleisbraai, en..."

"Nee, eerwaarde voorsitter," sê Piet Hugo, "dié ou ligte werkies kan die ouderlinge maar aan ons diakens en ons vrouens oorlaat. Hulle hoef glad niks te werk nie. Hulle moet net saamspeel..."

"Speel? Hoe bedoel broer Piet nou?" Ds. Lang Piet is vlug van begrip maar die broer moet nou nie in raaisels praat nie.

"Eerwaarde voorsitter," sê Piet Hugo, "ons gemeente het oor die tweeduisend lidmate en oor die drieduisend siele. En as ons die Engelse en Jode en Duitsers bytel en nog 'n klomp van die Paarl hier kan kry, dan pak ons die voetbalveld kant en wal vol. Maar dan moet ons die regte rugby speel."

"Die broer bedoel nou vinnige, oop rugby?"

"Nee, eerwaarde voorsitter. Al is dit nie so erg vinnig en oop  nie. Ons diakens se eerste span speel teen die res van die dorp - dis nou die voorwedstryd. En dan kom die eintlike ding, die hoofwedstryd - die diakens se tweede span teen die ouderlinge!"

Die eerwaarde Kerkraad kan 'n grappie geniet en die ouderlinge lag die hardste van almal. Maar die sakelys is nog lank en die broers wil darem voor middernag huis toe gaan. Laat ons nou ernstig gesels oor die noodtoestand van die orrel.

En wat sê broer Piet? Hy sê hy is doodernstig. Die diakens speel 'n rugbywedstryd teen die ouderlinge, en die orrel is so goed soos klaar herstel.

"Ons kan nie 'n fout begaan nie, eerwaarde voorsitter. Die diakens het die spoed, die ouderlinge het die gewig, ds. Bester is 'n ervare skeidsregter, en ds. Raubenheimer vat die vlag. En net om die ouderlinge se agterlyn aan die gang te kry, is ons gewillig om ds. Dawie vir hulle te laat skrumskakel speel.

Ek dien al baie jare in 'n kerkraad, maar van so iets het ek nog nooit gehoor nie. Piet Hugo soek moeilikheid, en as hy hom langer wil snaaks hou, gaan hy onder sensuur kom.

En weet julle wat gebeur toe? Ons hoofouderling, Master Louw, staan op met ons Kerkalmanak in sy hand, en sonder 'n trek op sy gesig sê hy: "Eerwaarde voorsitter, ek ken my ouderlinge. Ek het die lys hier deurgekyk, en ek wil broer Piet se voorstel sekondeer. As hy ons net so 'n paar weke wil gee om fiks te word, sal ons hulle speel. ek het genoeg voorspelers ... hier is 'n heelagter en 'n stuk of twee, drie senters. Al wat ek dalk 'n bietjie mee sal sukkel, is 'n losskakel en twee vleuels."

Ons kom daardie nag om halfeen by die huis en ons maak ons vrouens wakker en sê vir hulle: 'Daar het 'n vreeslike ding met ons gebeur. Ons gaan teen die diakens rugby speel." 

My vrou glo my nie en gaan maak vir my sterk, swart koffie. Toe ek dit klaar gedrink het, vry sy of ek nog glo ons gaan rugby speel.

"Nou glo ek dit éérs."

"Jy is seker vlagman, of gee jy net die balle aan?"

Ek laat my nie om eenuur in die nag beledig nie.

"Ek speel losskakel!"

"En jou rug, en jou knieë?"

"Ek is die vinnigste man oor veertig op Wellington. Jy weet dit self. En buitendien, ek gaan nie val nie."

"Nie val nie? Gaan julle dan aan-aan speel?"

My vrou soek skoor in die middel van die nag en ek vervies my.

"Ek gaan nou slaap," sê ek, "want oor drie weke moet ek fiks wees. En as jy wil weet waarvoor - nie vir albaster of come-sit-by-me of aan-aan nie, maar vir rugby. Jy spel dit R-U-G-B-Y. En as jy wil weet hoekom ek nie gaan val nie, dan kan ek jou dit ook sê. Omdat ds. Dawie vir my gaan skrumskakel speel, en hy het die langste aangee in Suid-Afrika. So vir wat sal ek val?"

Sy is nog nie tevrede nie en praat iets van "oor jou eie voete val", maar toe gaan slaap ek. Een nagmerrie op die ander, die hele nag deur, sodat ek die volgende môre totaal gedaan opstaan. Ek gaan nooit fiks word nie.

Maar wie sê! Master Louw ons hoofouderling, se naam is nie verniet Master nie. Hy het alles veil vir sy kerk en sy mede-ouderlinge, en hy sal sorg dat ons met eer uit die stryd tree. Hy roep ons bymekaar en hy vat ons een vir een. Hoe oud is jy, broer? Hoeveel voetbal het jy al in jou lewe gespeel? Het jy 'n kwaai vrou? Het jy al ooit aanmanings van hartkloppings en duiseligheid gehad? Is jy gewillig om sê twintig pond binne drie weke af te val? (Dankie tog, ek is 'n riem en hoef niks af te val nie.) Ens. ens. En wat ontdek hy? Dat daar onder die vier-en-dertig 'n hele twintig is wat nog padwaardig is. Ons sal moet oefen en speel vir ons plekke in die span. En as hy sê oefen, dan bedoel  hy oefen. Ons begin môremiddag sononder in sy koeikampie agter die dennelaning waar niemand ons kan sien nie. Geen diaken mag daarvan weet nie!

"En wat van die orige veertien ouderlinge, broer Master? Die ouens wat nog net deug vir rolbal speel en so aan? Gaan hulle nou glad geen bydrae lewer nie?"

"Hulle sal hulle werk kry, toe maar. Soos reklame maak, water en verbande aandra, en raas op die pawiljoen."

En so kom dit dat ds. Dawie vir ons 'n genadelose, moordende oefenprogram vir die volgende drie weke opstel. Die eerste dag net twintig keer om die kampie stap (soos volstruise wat 'n gat in die draad soek om deur te kruip); die tweede dag so 'n kruis tussen 'n stap en 'n draf; die derde dag draffie-stappie, draffie-stappie; die vierde dag al 'n volbloed draf tot net voor jy dood neerslaan; en so al erger tot ons die eerste Sondag so boomstyf is dat ons amper nie orent in die ouderlingsbanke kan kom nie. Iets vreesliks. En ons het nog nie eens geskrum of aan 'n bal geraak nie.

"Ek het minstens tweehonderd spiere in my lyf waarvan ek nooit geweet het nie," sê broer Anton Nel nukkerig. "Saans moet my vrou my insmeer en soggens moet my kinders my skoene vir my aantrek."

Broer Joubert Cillie sê hy het 'n miltsteek wat nooiot weer gaan verskiet nie; en broer Gert van Zyl sê hy moet snags publiek van die bed afseil en hom op die grond staan en omdraai. 'n Ouderling mag nie lieg nie, so dit is seker so.

Sal ons nie maar die spulletjie los nie? Maar dié oggend raak die orrel geheel en al aamborstig en ds. Dawie sê ons moet die Maandag met skrums en lynstane begin.

En so oefen ons die volgende twee weke tot ons stywe lywe weer slap word en ons naderhand mekaar begin laagvat en afknou. Dis net ek wat nie val nie, so lekker laat loop ds. Dawie die bal vir my. Ek het ure tyd om te hardloop, uit te gee, lugskoppies, grondskoppies en skepskoppe te gee.  As dit so aangaan, speel ek volgende jaar vir Wellington.

'n Paar van die voorspelers se klere hang die derde week soos sakke aan hulle lywe, so skraal het hulle geword. Wat nog nie rietskraal beteken nie, want toe die keurkomitee eindelik die span aankondig, toe sê broer Master se skaal in die kelder die ag voorspelers saam weeg net mooi 'n ton. Tweehonderd-en-vyftig pond per man! Ons sal die ou paar diakentjies in die grond in skrum. (Ek het vergeet om te sê, ons het ons broer oud-ouderling A.W. Retief - dis nou hy van die S.A. Rugbyraad - skelmpies van Bellville af ingesmokkel. Op sy dag was hy Matiekaptein, W.P.-voorspeler, en op 'n nerf na Springbok.)

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

En so breek een van die grootste dae in die annale van Wellington se Moedergemeente eindelik aan - die Saterdag net nadat die Boland-Rugby-unie sy laaste ligawedstryde klaar gespeel het. Stadion Boland en die ganse publiek van die Wagenmakers- en Drakensteinvalleie is ons s'n. Ons ouderlinge het ons spesiaal uitgerus vir die okkasie - gitswart truie en broeke, ter wille van die waardigheid van ons amp, maar net nie voetbalstewels nie. Albei spanne speel met tennisskoene - dít ter wille van besparing en veiligheid. Niemand wil doodgetrap of -geskop wees nie. Die diakens speel in ons dorp se kleure - helder groen. All Blacks vs. Springbokke.

Laat dit nooit van my dorp en my buurdorp, Paarl, gesê word dat hulle nie 'n goeie saak ondersteun nie. Stadion Boland sit gepak - meer as tweeduisend op die pawiljoen en nog vier keer soveel op die tydelike hoenderstellasies en die grondwal. Daar is 'n dosyn roomys- en koeldrankkraampies, want dis so warm dat die besies skree; dit krioel van die Noodhulp- en Rooikruisuniforms; al vyf die dorp se dokters is daar en die Paarlse ambulanswa staan naby die suidelike doelpale. Dis 'n voorbode wat my die koue rillings gee.

Ons span ouderlinge sit met ons vrouens en kinders en kleinkinders en ons drie leraars in die middel van die pawiljoen en ons kyk hoe die diakens se eerste span dit uitspook teen die res van die dorp. Ons harte sak in ons skoene, want kyk, die diakens is besig om te wen. Dit kan ook nie anders met drie gereelde Bolandspelers in hulle span nie. Maar hoe sterk is hulle tweede span? Ds. Bester is skeidsregter en ds. Lang Piet een van die grensregters. Joubert Cillie belowe hulle elkeen drie mandjies hanepoot en Marius Malherbe 'n slagskaap as hulle ons kan laat wen. Maar hulle sê 'n mens mag nie steel nie en ook nie teen jou naaste kwaad spreek nie. Broer ouderling Fanie de Villiers, ons burgemeester, vra of die diakens dan vandag ons naaste is en die leraars sê ja, selfs vandag. Dit beteken broer Hennie Basson mag ook nie doodslaan nie? vra broer Boetie van Zyl. (Broer Hennie is onmenslik sterk, net onder die sewe voet lank, met twee hande soos rogbrode. Ons het hom ook geleen van ons afgestigte dogtergemeente, Wellington-Noord.) Nee, ons mag ook nie doodslaan nie. Broer Alwyn van der Merwe sê hy het nog nooit iets in die Wet van byt gelees nie. En ds. Bester sê dit ís so, maar hy gaan ook g'n bytery toelaat nie.

Toe die voorwedstryd se rustydfluitjie blaas, neem ons afskeid van ons families en gaan kleedkamers toe. En net die verkleëry alleen maak die hele geleentheid die moeite werd. Ek is dik van die lag as ek kyk hoe party ouens hulle mage inhou, hulle borse uitstoot, en hoela-hoela om in hulle kortbroeke in te kom. Die wit tennisskoene by die swart monderings lyk te snaaks, maar dit alles kan nog gaan. Dis toe ons kaptein, ds. Dawie, vra dat die broeders tog nie met los goeters wat kan breek op die veld moet gaan nie, dat ek besef hoe die jare met ons gewerk het. Die brille en kunsgebitte en gehoorapparaat of twee - 'n laai en 'n skottel vol. As die goed moet deurmekaar, sal party nooit weer kan sien of eet nie. Een ouderling is so doof soos 'n kwartel en so blind soos 'n mol toe hy van alles ontslae geraak het. En hy sal ook nie 'n diaken kan byt n ie. Maar hy het die gewilligheid en sê hy sal soos 'n renoster op sy neus staatmaak.

Ds. Dawie hou sy spanpraatjie soos net hy dit kan doen en toe hy klaar is, het ons nie 'n bang haar op ons koppe nie. Altesaam is daar in elk geval nie baie koppe met hare nie.

"Daar blaas die eindfluitjie," sê ds. Bester. "Is julle gereed? Onthou, julle speel 'n kwartier aan 'n kant en niemand loop huis toe voor die wedstryd verby is nie."

Toe ons in 'n ry gaan staan om op te draf, moet ons die ou skele aan die arm lei. Hy beur al stortbaddens se kant toe. En almal wil naby broer Hennie Basson, die sterke, staan. Die moeilikheid is net dat hy die hart van 'n lam in hom het. As ons h om net kan kwaad kry op die veld, is daar geen probleem nie.

Toe blaas dominee die fluitjie en ons draf onder die pawiljoen uit. Bulle van Basan, so fiks as kan kom en lus vir al wat 'n diaken is.

Die mense om die veld raas dat dit weergalm van Bainskloof tot Dutoitskloof. Die motors toet, die kameras flits en die skeel ouderling hardloop twee seuntjies om wat handtekeninge kom jag.

Die diakens het die loot gewen en hulle losskakel, François Henn, skop af. En as julle nou dink die spelery was 'n klug, dan hoef julle nie verder te lees nie. Want kyk, dis 'n volbloed wedstryd sonder enige nonsies. Wat ontbreek in spoed en vaardigheid, word vergoed met gewilligheid en brute krag. En ds. Bester sien niks oor nie.

Ons verloor die eerste lynstaan en ons agterlynmanne moet keer. Maar dis waarvoor ons gekom het, en ds. Dawie en ek en Flappie Lochner en dr. Johan van der Merwe loop onder ons opponente in en duik hulle dat hulle op 'n streep bly lê. Hulle skrik hulle morsdood en het dit so op hulle senuwees dat hulle die volgende vyf minute skaars 'n bal kan raakvat.

En praat van skrum! In my lewensdag het ek nog nie so iets gesien nie. As broeders A.W. Retief en Hennie Basson wegsak in die slot, dan loop ons met die diakentjies. My buurman Charlie van der Merwe is haker en met al die gewig agter hom is daar net geen moeilikheid nie. Vaskop of loskop, dis om't ewe. Te heerlik. Ds. Dawie skiet die bal vir my vyftien, twintig tree ver, en ek voer vir Flappie langs my. Hy laat loop vir dr. Johan, en dié gee vir Joubert Cillie op die vleuel.

"Loop, Joubertjie, loop!"

Die pawiljoen is rasend.

Joubert trek sy kop tussen sy skouers in en hy loop. ek kan my oë nie glo nie. Hy is by sy man verby; h y gee dadelik terug binnetoe ... dr. Johan ... Flappie ... ek ... ds. Dawie ... weer ek. Die hoek is oop voor my en ek het nog 'n paar swart truie langs my om te help as dit nodig is.

Maar mense, toe lig 'n ding my op en hy gooi my met bal en al dat ek tussen 'n plaat skoolkinders val.

Dit kan nie waar wees nie! Daar was geen groen trui naby my nie. En toe hulle my orent help, wat sal ek sien. Dis mooi my eie man - die skeel ouderling wat my vir 'n diaken aangesien het.

"Kyk, broer," sê ek vir hom, "jy het gesê jy sal op jou neus gaan. Ruik nou goed aan my, want as jy my weer duik, is daar moeilikheid."

Hoe later, hoe kwater. Die son is warm en die besies skree. En toe die diakens sien hulle kan nie deurkom nie, begin hulle ons afknou. Veral waar ds. Bester nie kan sien nie. Hulle pootjie ds. Dawie om die skrum en in die lynstane ruk hulle broer Fanie de Villiers se bene onder hom uit. Onbeskofte spul.

"Kyk hoe lyk my oor," gaan kla broer Master naderhand by dominee. "Het dominee dan nie gesê hulle mag nie byt nie?"

Ds. Bester stop die spel en praat mooi met ons. "Los mekaar nou uit, broeders," sê hy, "en speel die bal. Julle moet ' n voorbeeld vir die gemeente wees.

En net om weerwraak te neem, gryp ds. Dawie die bal en hardloop 'n pad deur die hele diakonie en gaan druk tussen die pale.

Ek is so bly dat ek die bal op sy punt stel en hom dwarsoor die dwarslat en dwarsoor die hoenderstellasie tot op die krieketveld skop.

Rustyd loop ons 5-0 voor en ons gaan drink emmers water voor die pawiljoen uit. Ons vrouens en kinders en kleinkinders kan hulle oë en ore nie glo nie.

Marius Malherbe se vrou kruip deur die draad en kom vra bekommerd of sy hart nog nie gaan staan het nie; en A.W. Retief se kleinseun kom voel aan sy oupa se kuite. "Jislaaik, kyk net Oupa se dikke bene. Oupa is darem stérk, né?"

"Hoe lyk dit nou vir jou, Piet Hugo?" vra ek manhaftig. "Wil julle verder speel of lootjies trek?"

Maar hy is so moeg dat hy nie kan antwoord nie en dit gee my soveel moed dat ek sommer nog 'n halwe gieter water uitdrink. Ek is so dik soos 'n balie toe ons weer opdraf, en so fiks - dit voel vir my ons kan tot pikdonker speel.

Maar dis net daar wat ons die fout begaan het. Ek bedoel die waterdrinkery. Nes ek wegspring met die bal, dan skommel ek en kan nie my swaai-aangee regkry nie. En ds. Dawie skiet die bal so hard uit dat hy klap teen my maag. Die spul ouderlingvoorspelers het nog die gewig, maar as hulle orent is, kan hulle nie buk nie, en as die skrum opbreek, kan hulle nie orent nie. En net om te wen, het die diakens nog een of twee van hulle eerstespanspelers ingesit. Verbeel jou, Steve Oelofsen is dan heelagter. Die man is so sterk soos 'n bees, blitsvinnig en daarby skop hy torpedoballe wat tot in hulle hoe-se-naam trek.

Hoe later hoe kwater. Die ouderlinge kan naderhand niemeer stoot in die skrum nie. Hulle staan nog net - 'n ton spiere, vet en water. En ek en Flappie en ds. Johan en Joubert Cillie begin miltsteek en sooibrand kry. Dis net ds. Dawie wat sy man staan, maar die diakens weet dit en doen enige ding om hom te keer. Hulle pootjie hom, gryp hom voordat hy die bal het en hou hom vas.

Ook nie lank nie, toe hardloop Steve Oelofsen sommer van heelagter af dwarsdeur ons almal en druk 'n drie. Drie minute later doen Helius Truter dieselfde; Piet Hugo skop met 'n vloekskoot 'n skepskop oor, en toe ons weer sien, is ons 11-5 agter.

"Ek kan nie meer nie, dominee," hyg Marius. "My hart wil ingee."

"En hulle druk hulle vingers in my oë, dominee," sê Alwyn van der Merwe. "En kyk hoe lyk my twee ore. Gaar gebyt. Sulke vuilis ... ag, ekskuus, dominee."

"Hou nog net 'n bietjie uit, broeders," sê ds. Bester. "Daar is nog net ses minute speeltyd oor. Dink net aan die orrel."

"Wat sal die orrel my help as ek dood is?" hyg broer Gert van Zyl.

En dis tóé dat Marius Malherbe 'n ingewing kry. "Manne," sê hy toe 'n paar van hulle aansukkel na 'n skrum toe, "kan julle dan nie plan maak en vir Groot Hennie Basson kwaad kry nie? Hoe lyk dit, A.W., maak 'n plan, jong. Dis ál hoop wat daar nog is."

In die volgende lynstaan hoor ek A.W. sê: "Die manne slaan darem woes, né Hennie? Kyk hoe lyk my mond."

"Nog nie juis agtergekom nie."

En 'n rukkie later weer: "Broer Hennie, wat sal jy maak as 'n man jou moedswillig op jou oog slaan?"

"Sal seker maar 'n ongeluk wees, broer."

O so! Jy wíl nie kwaad word nie, né? Of dit nou A.W. of Master of Marius is, weet ek nie, maar toe daar weer 'n losskrum kom, haak die een of ander ouderling met aartsgeweld af en hy slaan Groot Hennie Basson van agter af met 'n regterhaakhou - nommerpas op die oog, skoon uit die skrum uit. Toe hy val, dril die aarde tot waar ek staan.

"Julle ...!!!

Kwaad is Hennie Basson en met die enigste oog wat hy oor het, soek hy net 'n diaken wat hy kan nek omdraai.

Maar kyk, toe speel ons darem rugby. Voor hardloop Hennie Basson soos 'n strootskraper en die orige sewe voorspelers krap net die dooies uit die pad uit. As daar 'n losskrum kom, vat Hennie die diakens twee-twee en drie-drie aan hulle nekke en gooi hulle kante toe weg. Ds. Dawie voer my, en ek voer vir Flappie en dr. Johann en Joubertjie. En toe daar nog net ' n minuut oor is, toe staan daar 11-11 op die telbord.

"Slaat hom nog 'n keer," hyg Marius, hand op die hart. Maar A.W. is bang Hennie verloor sy ander oog ook.

En dis ook nie nodig nie. Want op die diakens se kwartlyn kry Hennie self die bal in die hande. Met sy dik arm vee hy alles voor hom weg en hy drafstap doellyn toe. Steve Oelofsen kry hom darem aan sy trui se mou beet en die orige diakens klim op sy rug. Maar hy stap aan lyn toe.

Die tienduisend mense op die veld spring almal regop en gaan aan die skree.

"Loop, Hennie, loop!!"

'n Tree van die lyn af ry tien diakens op Hennie se rug. Die ander vyf lê erens langs die pad vir die ambulans en wag.

Toe stort Groot Hennie Basson met sy vrag oor die lyn en hy druk die bal heeltemal plat in die gras. Totaal plat en pap. En toe hy onder die diakens uitkruip, lag hy te lekker. Niks meer kwaad nie.

Ds. Bester vra 'n ander bal vir die vervyfskop, maar ons sê nee dankie, hy kan maar die fluitjie blaas. Ons wen ver genoeg.

En die Sondagoggend toe kondig ds. Lang Piet van die preekstoel af aan dat daar met 'n gesellige byeenkoms op Stadion Boland twaalfhonderd-en-dertig rand en sewentien sent ten behoewe van die orrelfonds ingesamel is.

Baie gesellig. Kyk hoe lyk die diakens se oë en monde. En party ouderlinge bly maar sit as daar gesing word. Maar wat maak dit saak?

"Het lieve Wellington."

Oor jou en jou mense wil ek nog 'n boek skryf.

P.H. Nortje

Vertellers 2

Die tweede groot verhaalboek

deur Merwe Scholtz 

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >