My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 

 "Dit is ons Ernst

- Dr. D.F Malan

(oor Afrikaans)

Saamgestel deur

 Abraham H. de Vries, uit sy boek 100 JAAR VAN AFRIKAANSE KORTVERHALE  ISBN0-7981-3569-7

Allan Pease, uit sy boek LYFTAAL ISBN 0-624-03347-3

Anton F. Prinsloo, uit sy boek ANNERLIKE AFRIKAANS ISBN978-1-96919-265-5

  Anton F. Prinsloo, uit sy boek DIE AAP IN JOU KOFFIE ISBN978--1-86919-463-5

Anton F. Prinsloo, uit sy boek FEITE, FALERS FIKSIE ISBN 0-7981-4214-6

Anton F. Prinsloo, uit sy boek 'N DIEF AAN DIE KERS ISBN978-1-86890-176-0

Anton F. Prinsloo, uit sy boek SPREEKWOORDE EN WAAR HULLE VANDAAN KOM  ISBN978-1-86890-101-2

A.S. Maxwell, uit sy boek OOM ATTIE SE SLAAPTYD STORIES 1 - 5

Carel Boshoff, uit sy boek NP VAN WYK LOUW EN DIE DERDE AFRIKANER ISBN978-0-620-60396-6

C.J Langenhoven, uit sy boek DIE BESTE SPOOKSTORIES ISBN 0-624 03139 X

Danie Smuts, uit sy boek BOERE RATE ISBN978-0-14-353921-8

Dawid van Lill, uit sy boek VAN LILL SE SUID-AFRIKAANSE TRIVIA ISBN 1-86872-927-3

Dawid van Lill, uit sy boek WAT 'n VRAAG! ISBN 0-7981-3970-5

De Villiers Gouws, IDIOMEWOORDEBOEK ISBN 0-625-02290-4

DJ Opperman, uit sy boek SENIOR VERSEBOEK  ISBN0-624-021793

Ettienne De Wilzem, uit sy boek, JEUGHELDE VAN DIE TRANSVAAL ISBN1-86819-176-1

Fanie Olivier, uit sy boek DIE MOOISTE AFRIKAANSE LIEFDESGEDIGTE ISBN0-7981-4704-0

F F Odendaal & R Gouws, uit hul boek HANDWOORDEBOEK VAN DIE AFRIKAANSE TAAL ISBN978-1-77025-665-1

Fransjohan Pretorius, uit sy boek GESKIEDENIS VAN SUID-AFRIKA ISBN978-0-624-05466-5

Frikkie Wallis, uit sy boek, NUUSDABOEK ISBN07981-4018-6

George Claassen, uit sy boek SêGOED MET SLAANKRAG ISBN978-0-624-06318-6

Hermann Giliomee, uit sy boek, DIE LAASTE AFRIKANER-LEIERS ISBN978-0-624-05255-5

Johanna De Wet, uit haar boek  WAT PRAAT JY!  ISBN978-1-86919388-1

Kritzinger Labuschagne, uit hul boek VERKLARENDE AFRIKAANSE WOORDEBOEK ISBN 0-627-01089X

Leon Wessels, uit sy boek VEREENIGING, DIE ONVOLTOOIDE VREDE ISBN978--4152-0121-3

Merwe Scholtz, uit sy boek VERTELLERS: DIE GROOT AFRIKAANSE VERHAALBOEK ISBN978-0-624028-888-1

Merwe Scholtz, uit sy boek VERTELLERS2: DIE TWEEDE GROOT VERHAALBOEK ISBN 0-7981-2853-4

PH Kapp uit sy boek ONS VOLKSFEESTE ISBN062-4-00636-0

P.J van der Watt, uit sy boek JEUGHELDE ISBN 0-86985-360-1

Rena de Villiers, uit haar boek KENNETJIE en ander KINDERSPELETJIES ISBN 0-7933-3433-2

RP Botha, G Kraes, CH Winckler uit hul boek AFRIKAANSE IDIOME EN ANDER VASTE UITDRUKKINGS ISBN1-868125-394

Van der Merwe, uit sy boek DIE KORREKTE WOORD ISBN0-627-0714-2

Vriende van Afrikaans, uit hul boek DAE UIT ONS GESKIEDENIS ISBN978-0-9814177-6-9


KRONOLOGIE

1602  Die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC) word in Amsterdam gestig

1618  Die sinode van Dordrecht besluit die hoof van die huishouding het die reg om te bepaal of lede van sy huishouding, ook die slawe en bediendes, tot die doop gebring moet word

1652  Die VOC vestig 'n verversingstasie aan die Suidpunt van Afrika

1657  Jan van Riebeeck stel nege amptenare vry om vryburgers te word

1658  Die grootskaalse invoer van slawe begin

1659  Die Skiereilandse Khoi-Khois onder Doman val die nedersetting aan

1679  Simon van der Stel stig Stellenbosch

1688  'n Geselskap van 180 Franse Hugenote kom aan

1713  Pokke wis baie van die Khoi-Khois in die weste uit

1715  Onder die kommandostelsel verdedig burgers die binneland

1716  Die regering besluit teen gesubsidieerde Europese immigrasie; die ekonomie in die weste word op slawery gevestig

1717  Leningsplase word die basis van grondbesit in die binneland

1743  Die regering stel 'n kollege van landdros en heemrade in Swellendam in

1770  Kommando's probeer die San (Boesmans) uitwis

1778  Die Kaapse Patriot-beweging veg vir groter regte en vryhede

1779  Die Eerste Grensoorlog tussen burgers en Xhosas

1786  Die regering stel 'n kollege van landdros en heemrade in die nuwe distrik Graaff-Reinet in

1793  Die Tweede Grensoorlog. 'n Onsuksesvolle poging om die Xhosas uit die Suurveld te verdryf

1795  Franse revolusionêre leërs val Nederland binne. Die Bataafse Republiek kom tot stand; die Prins van Oranje vlug en vra Brittanje om die Kaap te beset

1795  Die eerste Britse bewind

1799  Khoi-Khois in die ooste kom in opstand en die Derde Grensoorlog begin

1803  Die Kaap word deur amptenare van die Bataafse bewind bestuur

1806  Brittanje herower die Kaap en die tweede Britse bewind begin

1808  Die invoer van slawe word beëindig

1811  Die Vierde Grensoorlog. Xhosas word uit die Suurveld verdryf

1819  Die vyfde Grensoorlog. Die regering stel 'n "neutrale gebied" in tussen die Visrivier en Keiskammarivier

1822  Die regering kondig aan dat Engels binne vyf jaar die enigste taal van die administrasie en regspleging sal wees

1824  Die eerste sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk

1828  Die afskaffing van die kolleges van landros en heemrade en instelling van magistrate en hooggeregshof; vryhandel vervang die pagte stelsel. Khoi-Khois word op gelyke voet voor die reg saam met die koloniste geplaas

1830  De Zuid-Afrikaan, die eerste Hollandse koerant, verskyn

1834  Slawerny in die Britse Ryk word beëindig  deur die formele vrylating van slawe op 1 Desember 1838

1834  Die Sesde Grensoorlog

1835  Die eerste fase van die Groot Trek

1838  Die Slag by Bloedrivier

1839  Voortrekkers stig die Republiek Natalia

1844  Hendrik Potgieter en sy mense stig 'n burgerraad vir die gebied Potchefstroom-Winburg

1852  Brittanje erken die Zuid-Afrikaansche Republiek in Transvaal

1854  Verteenwoordigende regering met 'n Parlement word in die Kaapkolonie ingevoer; Brittanje erken die Republiek van die Oranje-Vrystaat

1869  Diamante word ontdek en Kimberley kom tot stand

1872  Verantwoordelike regering word in die Kaapkolonie ingestel

1875  Die Genootskap van Regte Afrikaners word in die Paarl gestig

1877  Brittanje annekseer Transvaal

1880  Die Afrikanerbond word gestig

1886  Goud word aan die Witwatersrand ontdek

1895  Die Jameson-inval in Transvaal

1899  Die Anglo-Boereoorlog

1905  Eugene Marais se gedig "Winternag"verskyn

1907  Die unifikasiebeweging

1910  Louis Botha as leier van die Suid-Afrikaanse Party word die eerste premier van die Unie van Suid-Afrika

1912  Stigting van die South African Native National Congress, later African National Congress genoem

1914  J.B.M. Hertzog stig die Nasionale Party

1915  de Burger verskyn in Kaapstad

1918  Die Afrikaner-Broederbond word in Johannesburg gestig

1918  Sanlam en Santam word gestig

1922  Groot staking op die Witwatersrand

1924  Die Pakt-alliansie met die NP as hoofvennoot wen die verkiesing en Hertzog word eerste minister

1925  Afrikaans word as ampstaal erken

1929  Die staat neem wetgewing aan om Yskor tot stand te bring

1932  Die Carnegie-verslag oor wit armoede verskyn

1934  Samesmelting van die SAP en die NP om die Verenigde Party te vorm met Hertzog as leier  en Jan Smuts as onderleier. D.F Malan word leier van die gesuiwerde Nasionale Party

1934  Die eerste gedigte van N.P van Wyk Louw en ander "Dertigers"verskyn

1938  Die eeufeesviering van die Groot Trek

1939  Die eerste Ekonomiese Volkskongres besluit om die Afrikaners se toetrede tot die moderne ekonomie te koordineer

1939  Suid-Afrika se toetrede tot die oorlog in Europa laat die VP-regering skeur; Smuts word eerste minister

1948  'n Afrikaner-maatskappy, Bonuskor, word vir die eerste keer op die aandelebeurs genoteer

1949  Die Nasionale Party wen die verkiesing en begin met die instelling van die apartheidstelsel

1960  Slagting by Sharpeville en 'n groot, maar kortstondige uitstroming van kapitaal begin; die regering kondig 'n noodtoestand af en verbied die ANC en die Pan African Congress

1961  Suid-Afrika word 'n republiek

1975  Suid-Afrikaanse troepe val Angola binne, die begin van 'n grensoorlog wat tot 1988 duur, waarna sowel Suid-Afrikaanse as Kubaanse troepe uit Angola ontrek word

1976  'n Opstand breek in Soweto uit

1983  'n Nuwe grondwet word aangeneem wat voorsiening maak vir 'n uitvoerende president en afsonderlike kamers vir wit mense, bruin mense en Indiërs  in die Parlement

1984  Opstande breek in Sebokeng en ander Oos-Randse swart woonbuurte uit

1985  'n Gedeeltelike Noodtoestand

1986  'n Algemene Noodtoestand, 'n grootskaalse vlug van kapitaal en omvattende sanksies teen Suid-Afrika

1990  Die verbod op die ANC en sekere ander buite parlementêre bewegings word herroep en die regering verbind hom tot 'n proses om tot 'n demokratiese grondwetlike skikking te kom

1993  'n Tussentydse grondwet word aangeneem. Afrikaans word een van elf amptelike tale

1994  Die eerste insluitende demokratiese verkiesing

1996  Die finale grondwet word aangeneem en die NP ontrek hom aan die regering van Nasionale eenheid en kondig sy ontbinding as party aan in 2004

2000  Demokratiese Alliansie kom tot stand uit die DP en NP; twee derdes van die Afrikaners stem DA in 2004