Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
Stroompies van Vriendelikheid
Bertie en Bobbie was kastig bsig om Pappie in die tuin te help, maar hulle het nie eintlik veel uitgerig nie. "Gee vir my die grasmaaier," het Bertie gesê. "Jy kan die blombedding skoonmaak."
"Ek wil nie die blombedding skoonmaak nie," het Bobbie gesê. "Ek wil die gras sny. In elk geval is dit my beurt met die grasmaaier. Gee daardie maaier hier."
"Ek sal nie," het Bertie gesê. "Loop maak jy die blombedding skoon."
"Ek sal dit nie doen nie," het Bobbie geskreeu. Gee vir my die grasmaaier."
"Ek sal dit nie vir jou gee nie," het Bertie gesê; en hy het vinnig daarmee afgesit, met bobbie op sy hakkel. Die grasmaaier was onderstebo gedraai en dus het dit glad nie gesny nie. Daar het hulle in die rondte gehardloop, en al warmer en kwater geword. "Loop - trek - jy - die - bossies - uit!" het Bertie uitasem geskreeu.
"Los - jy - daardie - grasmaaier!" het bobbie hygend gesê terwyl hy na die handvastel gryp. "Ek sal dit nie gee nie, jou naarheid!" het Bertie vasberade gesê.
"Gee dit hier, jou naarheid," het Bobbie nou in trane gesê.
Hulle wou mekaar net met die vuis bydam toe hulle 'n geluid aar agter die huis hoor soos van iets wat breek. Die twee seuns het stilgestaan en geluister.
"Dis die pomp!" het hulle tegelyk uitgeroep, en hulle het daarheen gehardloop om te gaan kyk. Toe het hulle 'n knal gehoor by die lang paal waraan die elektriese drade vas was, en die smeltdraad aan was.
"hier is nou 'n mooi petalje," het Pappie gesê wat toe ook op die toneel verskyn het. "Die pomp is weer buite werking; en dit beteken geen water totdat ons dit weer reggemaak het nie."
"Wat, geen water nie!" het Bertie uitgeroep, en hy sommer baie dors gevoel. "is daar geen drinkwater nie?"
"Nee," het Pappie gesê. "Julle sal nie kan bad, en ook nie julle gesigte kan was nie."
"En wat sal Moeder doen?" het Bobbie gevra. "Sy sal nie die skottelgoed kan was of kos kan kook nie."
"Nee," het Pappie gesê; dit gaan baie ongerief veroorsaak totdat die man kom om die pomp reg te maak. En om te dink dat dit deur so 'n klein dingetjie veroorsaak is."
"Wat se klein dingetjie?" het Bertie gevra. "Wel," het Pappie gesê, "hierdie pomp word met water gesmeer."
"Hoe? het Bobbie gevra.
"Om die bus warin die as draai glad en gesmeer te hou, moet daar gedurig water op drup uit die tenk. Selfs wanneer die pomp nie werk nie drup die water op dei bus, sodat dit altyd nat en gesmeer bly, reg vir werk wanneer die krag aangeslaan word."