Die Eerste Minister was die regeringshoof van Suid-Afrika van 1910 tot 1984. Suid-Afrika het in daardie tydperk die Britse grondwetlike
model gevolg, waar die staatshoof (Die Goewerneur-Generaal van Suid-Afrika tot 1961 en die Staatspresident van Suid-Afrika
daarna seremonieel en bo die partypolitiek verhewe was, terwyl die regeringshoof 'n politieke leier was. Die eerste minister is deur
die staatshoof aangestel, maar in die praktyk was hy altyd die hoof van die politieke party of koalisie met die meerderheid van die setels in
die parlement. Die ampte van staatshoof en regeringshoof is in 1984 saamgesnoer en die amp van Eerste Minister afgeskaf nadat
'n nuwe grondwet aangeneem is en die drie-kamer parlement ingevoer is.