Sproetjies
Sias Reyneke
Daar's 'n park in my tuisdorp ver weg van die stad se lawaai
Waar die kinders na skool in die middae kom speel en baljaar
en eendag sien ek 'n klein dogtertjie eenkant alleen
Met traantjies wat rol oor haar sproet gesiggie heen
en ek sê "Sproetjies, liefling daar's 'n reënboog in jou oë. Wil jy graag 'n geheim hoor,
almal wil graag soos jy wees
Want jy's pragtig, lieflik", en sy druk saggies my hand
En sê, "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"
Al die somers en winters is nou reeds so lankal verby
En die glimlag van jonk wees verberg soms die ou hartseer pyn
en eendag sien ek Sproetjies weer en my oë staar verdwaas
Want die lelike eendjie het verander in die mooiste swaan
En ek sê: "Sproetjies, jy's pragtig"
En sy druk saggies my hand
En sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"
Ek gaan by die skouburg een aand na 'n opvoering kyk
En daar dans 'n meisie wat net soos 'n Feë prinses lyk
Met 'n glimlag so stralend begroet sy die hele gehoor
Ek sien toe dis Sproetjies wat harte so bekoor
En ek sê: "Sproetjies, liefling, daar's 'n reënboog in jou oë
Onthou jy nog die parkie, en die trane in jou oë
Sproetjies, jy's pragtig", en ek hou haar teen my vas
Sy sê: "Ek wens ek kon my deur jou oë sien"