"Ek wil by die voëltjies gaan slaap," het Margaret herhaal.
"Wil jy buitekant in die tuin gaan slaap?" het Moeder gevra.
"Ja."
"Maar dit is donker in die tuin, en jy sal nie daarvan hou nie."
"Ek wil by die voëltjies gaan slaap," het Margaret weer gesê.
"Nou ja, goed dan," het Moeder gesê. "As jy by die voëltjies wil gaan slaap, kan jy maar. Kom laat ons tuin toe gaan."
Margaret en haar Moeder is toe na die tuin. Hulle is by die voordeur uit en het vir 'n rukkie op die stoep gestaan.
"Goeienag, Margaret," het Moeder gesê, "en haar 'n soen gegee. Ek hoop jy sal lekker slaap by die voëltjies."
"Goeienag, Mammie," het Margaret gesê, en weggestap.
Moeder het die voordeur toegemaak en gewonder wat nou gaan gebeur. Dit was nie nodig vir haar om lank te wag nie. Daar in die tuin het sy 'n dogtertjie hoor huil, en binne 'n paar oomblikke was daar 'n gestamp aan die deur. Dit was Margaret. Moeder het die deur oopgemaak en gesê: "Maar jy is baie gou terug. Wou die voëltjies jou nie hê nie?"
"Dit is baie koud en donker buite," het Margaret gesê.
"Wel, waar wil jy dan slaap?"
"Ek wil in my eie bedjie slaap."
Toe is hulle weer kamer toe, en baie gou was Margaret in die bed, lekker warm. Toe Moeder weer sien was sy vas aan die slaap.
Nooit weer van daardie aand af het Margaret lus gehad om by die voëltjies te gaan slaap nie.