My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Slaan uit die "Nie"

Ek weet nie wat hierdie seun se naam is, waar hy woon, waar hy skool gaan, of wat hy wil wees wanneer hy groot is nie, maar dit weet ek: hy sal 'n sukses van die lewe maak. Dit is nou maar klaar, hy het energie en moed en hy is beslis en mik hoog - hierdie eienskappe saam sal enige seun baie ver in die lewe bring.

Julle verstaan natuurlik in watter omstandighede hy homself bevind. Hy het voor 'n reuseprobleem te staan gekom wat met die eerste oogopslag te veel vir hom gelyk het. Maar - pleks van moed opgee en sy lot betreur - het hy al sy kragte ingespan en die saak aangepak in die gees van 'n oorwinnaar.

Wat die aard van sy probleem is, is ek nie bereid om te sê nie. Miksien was hy op skool en het te doen gekry met 'n swaar som. Pleks dat hy moedeloos geword en maar gaan speel het, of die antwoord van 'n ander seun afgeskryf het, het hy vir homself gesê "Hierdie probleem kan opgelos word en ek gaan dit oplos, al moet ek die hele nag hier sit."

Of dit kan wees dat die seun in sy Pa se werkswinkel besig is met houtwerk en eindelik vind dat die voeë nie pas nie. Pleks van die gapings op te vul met stopverf en skaafsels en te sê dat hy sae en beitels haat, sien hy die probleem in die oë en hy sê "Ek het êrens 'n fout begaan - ek sal weer probeer. Dit kan gedoen word."

Of miskien was hy met sy fiets weg om vir Mammie 'n werkie te doen en toe kry hy halfpad 'n pap wiel. Plaks van op te gee en terug te kom, het hy maar die res van die pad in die reën en modder geloop en die boodskap afgelewer.

Enige seun wat 'n sukses van die lewe wil maak, moet leer om die "nie" uit te slaan. Almal wat groot dinge in die wêreld gedoen het, het eers besluit dat "kan nie" nie in die woordeboek is nie.

Julle het miskien gehoor van die byna onoorkomelike moeilikhede waarvoor die grawers van die Panamakanaal te staan gekom het - hoe hulle moes veg teen siektes, deur berge grawe, riviere van koers laat verander en 'n duisend ander reuseprobleme te bowe kom. Wat het hulle dan gehelp om die groot werk klaar te maak? Die woorde van "The Song of the Panama Canal Builders" gee ons die antwoord in die volgende vrye vertaling:

"Het julle riviere wat julle nie kan deur nie? / Het julle berge wat julle nie kan oor nie? / Ons is die manne wat die ontmoontlike kan doen, / Ons kan doen wat geen mens kan doen nie."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Al die manne van wie ons in die Bybel lees dat hulle groot dinge vir God gedoen het, het eerste van alles geglo dat niks "heeltemal onmoontlik is nie".

Moses het Israel deur die Rooi See gelei. Josua het die volgende geslag droogvoets oor die volle Jordaanrivier geneem. Elia het beide vuur en water van die hemel laat neerdaal. Elisa het net sulke wonderwerke verrig. Petrus, Johannes, Paulus en ander het ook baie "onmoontlike" dinge doen.

"Maar" sê julle, "God het hulle gehelp." Dit is waar, maar hulle moes eers self glo dat hierdie dinge wel gedoen kon word met God se hulp. Hulle het Hom gevra om Sy hulp en toe het hulle self die probleme aangepak, wetende dat hulle sal slaag. Hulle het geglo "by God is alle dinge moontlik".

Eindelik wil ons dan nog een baie vername eienskap noem vir sukses in 'n seun se lewe. Ons het al gepraat van energie, moed, volharding en dat hy hoog moet mik, maar by hierdie dinge moet daar ook vertrou wees - nie selfvertroue nie, maar vertroue in God. Dit moet by hom 'n uitgemaakte saak wees dat "alle dinge moontlik is vir diegene wat glo". Wanneer hy dus voor 'n groot probleem te staan kom, moet hy leer om - soos Paulus - tesê: "ek kan dit doen", "Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee."

Nadat ons Jesus om hulp gevra het, kan ons enige moeilikheid aanpak, seker van sukses. Slaan die nie uit "ek kan nie" en sê "Dit kán gedoen word."

< >