Dit was 'n warm, bedompige somersdag in Washington, D.C.
Almal het warm en moeg gevoel Of 'n mens geloop of stilgestaan het, jy was maar altyd nat van die sweet. 'n Skoon hemp het slegs twintig minute gehou, en 'n boordjie net vyf minute.
Dit het gelyk of die stad verlate was, want die hitte het die meeste mense binne gehou; maar dit was binne omtrent net so warm en bedompig soos buite. Om twaalfuur het ek na 'n restaurant gegaan. Al die gaste daar het net so neerslagtig gelyk as ek. Dit was te warm om te eet; te warm om jou aan iets of iemand te steur.
Toe, skielik, het ek die jong kelnerin opgemerk wat besig was om die mense te bedien; sy het ewe vrolik geglimlag. Die kontras was so treffend dat ek vir 'n hele ruk na haar gesit en kyk het.
Wanneer sy by 'n tafel kom waar almal so moeg en warm en ongeduldig sit, het sy so opgeruimd en vriendelik geglimlag dat sy almal aangesteek het. Sy het almal vriendelik gegroet, en haar teenwoordigheid het hulle in 'n beter stemming gebring.
Vir die aandete het ek weer na daardie restaurant gegaan, net om te sien of daardie vriendleik kelnerin nog net so vriendelik was.
Die aand was nog bedompiger as die dag. Dit was vir my amper te veel inspanning om na die plek te stap. Ja, daardie opgeruimde kelnerin was nog daar, en sy het nog net so vriendelik geglimlag. Ek moet erken dat ek half skaam gevoel het, want terwyl ek gerus het, het sy gewerk, en hier was ek nou, heeltemal afgemat, terwyl sy die mense so blymoedig bedien het.
Hoe warmer dit was, hoe koeler het sy gelyk. Hoe ongeduldiger die mense was, hoe vriendeliker het sy geglimlag. Hoe moeiliker dit was om hulle tevrede te stel, hoe gretiger was sy om hulle te help.
Toe het ek begin dink. Gestel dat alle mense so 'n vriendleike gees sou toon soos daardie kelnerin, wat 'n gelukkige plek sou hierdie ou wêreld nie wees nie! Het julle opgemerk hoe aangenaam dit is om met mense te praat wat glimlag? Dit laat 'n mens sommer ook vriendelik voel, nie waar nie? Dit laat 'n mens goed voel, en as jy jou weer kom kry, glimlag jy ook.
Terwyl ek daar in die restaurant gesit en alles gadegeslaan het, het ek teruggedink aan 'n ou lied wat ons vanmelewe in die kerk gesing het: "Daar is 'n heerlik land, Ver, ver van hier."
Miskien ken julle dit ook. Toe het ek begin wonder wat dit nou eintlik sal wees wat daardie land so heerlik sal maak. Daar word gesê dat die strate van goud, die stadspoorte van pêrels, en die mure van jaspis sal wees. Verder sal daar "'n see van glas, gemeng met vuur," 'n pragtige rivier, en mooi bome en blomme wees. In daardie stad sal daar wonings vir ons wees. Die beligting sal volmaak wees, en dit sal nooit te warm of te koud word nie. Maar is dit al hierdie geriewe wat die mense daar gelukkig en vriendelik sal maak?
Nee, ek glo nie.
Daar is baie mense vandag wat mooi huise en tuine het, maar hulle is die onvriendelikste mense op aarde, en die moeilikste om oor die weg mee te kom. Daar is kinders met hope speelgoed en ander dinge, maar hulle is klein duiweltjies.
Miskien ken julle sulke kinders..Nee, dit is nie die mooi dinge wat die hemel so 'n salige en heerlike plek sal maak nie; maar dit is die vreugde in die mense se harte en hulle glimlaggende gesigte.
In die hemel sal daar nie een onvriendelike persoon wees nie. Wanneer julle eendag in die strate van die Nuwe Jerusalem stap - soos ek hoop dat julle sal - sal julle nie eens die state van goud en die pêrel poorte opmerk nie, want julle sal net die glimlaggende gesigte van die mense raaksien wat julle daar sal teëkom.
Julle sal onbeskryflik bly wees om almal so gelukkig en opgeruimd te sien - veral nadat julle so baie miserabele en ongeduldige mense op die aarde gesien het.
Aan alle kante sal julle vrolike gelag hoor, want die Bybel sê dat ons monde "gevul met gelag" sal wees. Almal se harte sal oorloop van blydskap.
En so sal die geluk van die hemel vir ewig voortduur. Sal dit nie wonderlik wees nie?
"Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle lei na lewende waterfonteine, en God sal alle trane van hulle oë afvee."
Openb. 7: 16,17.
"En die losgekooptes van die Here sal teruggaan en na Sion kom met gejubel, en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg." Jes. 25:10.
So 'n hemel is die moeite werd om voor te streef, voor te lewe, en op te hoop. Sal julle nie ook graag daar wil wees nie?
Wel, julle kan as julle wil. Maar dan sal julle Jesus moet toelaat om alles uit julle hart weg te neem wat daardie heerlike plek kan bederf. Elke gemene gedagte, elke onvriendelike plan, en alles wat wreed en laag en onbeskof en onbeleef iss, moet weggeneem word. Want eigiets wat iemand se geluk kan bederf, of wat hom kan kwaaddoen, kan nie daar toegelaat word nie.
Jesus kan al daardie dinge wegneem. Hy kan julle verander en julle geskik maak om in Sy heerlike hemel te woon. Dit is waarom Hy na hierdie aarde gekom het - Hy het gekom om ons te reinig van alles wat onrein is, en ons te berei om daardie wonderlike nuwe wêreld van ewige geluk en salgheid wat Hy gaan berei het, vir ewig te beërf.
En beste van alles is dat ons, terwyl ons klaarmaak vir die aanstaande wêreld, baie gelukkiger op hierdie aarde sal wees!
Ons onvriendelikheid en ons geklaag en alle harde woorde sal verdwyn, en nin hulle plek sal gelag en vreugde die duisternis rondom ons verdryf, en die lig van die hemel self sal van ons uitstraal.
Dit is op hierdie manier dat julle daardie heerlike land, ver, ver van hier, sal kan beërf.
Laat ons nou die pad daarheen neem.
Daar is baie mense vandag wat mooi huise en tuine het, maar hulle is die onvriendelikste mense op aarde, en die moeilikste om oor die weg mee te kom. Daar is kinders met hope speelgoed en ander dinge, maar hulle is klein duiweltjies.
Miskien ken julle sulke kinders..Nee, dit is nie die mooi dinge wat die hemel so 'n salige en heerlike plek sal maak nie; maar dit is die vreugde in die mense se harte en hulle glimlaggende gesigte.
In die hemel sal daar nie een onvriendelike persoon wees nie. Wanneer julle eendag in die strate van die Nuwe Jerusalem stap - soos ek hoop dat julle sal - sal julle nie eens die state van goud en die pêrel poorte opmerk nie, want julle sal net die glimlaggende gesigte van die mense raaksien wat julle daar sal teëkom.
Julle sal onbeskryflik bly wees om almal so gelukkig en opgeruimd te sien - veral nadat julle so baie miserabele en ongeduldige mense op die aarde gesien het.
Aan alle kante sal julle vrolike gelag hoor, want die Bybel sê dat ons monde "gevul met gelag" sal wees. Almal se harte sal oorloop van blydskap.
En so sal die geluk van die hemel vir ewig voortduur. Sal dit nie wonderlik wees nie?
"Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie; want die Lam wat in die middel van die troon is, sal hulle laat wei en hulle lei na lewende waterfonteine, en God sal alle trane van hulle oë afvee." Openb. 7: 16,17.