![]() |
| ![]() | ||||
Kaptein: Francois Pienaar | Blaser: Ed Morrison (Engeland) | |||||
Afrigter: Kitch Christie | Bywoning: 62000 |
Os jou b(r)eker!
24 Junie 1995 sal vir ewig as een van die grootse dae in Suid-Afrika se sportgeskiedenis onthou word. Suid-Afrika wen daardie dag sy eerste Rugby Wêreldbeker kroon. Op die veld is Os du Randt, die enigste Suid-Afrikaner ooit - wat spog met twee Rugby Wêreldbeker titels agter sy naam. So hoog word hy geag, dat Rugby World tydskrif hom aanwys as die tweede beste loskop van alle tye. Sy laaste wedstryd? 20 Oktober 2007 natuurlik - toe hy weer as oorwinnaar van die veld kon stap in 'n Rugby Wêreldbeker eindstryd. Hierdie keer op 35 jarige ouderdom in die Stade de France (Parys) Frankryk - nadat hy vir die volle 80 minute op die veld was.
Sy eerste toets was op 8 Oktober 1994 op die ouderdom van 22 jaar as loskopstut teen Argentinië op die Boet Erasmus stadium, in Port Elizabeth.
Dit was die eerste keer wat 'n Suid-Afrikaanse span aan 'n Internasionale sportbyeenkoms deel mag geneem het na die lang stryd teen apartheid. Wit en swart, bloubul en weepee, het verenig en 62, 000 toeskouers het hul span aangehits om Nieu-Zeeland, ons aartsvyand op die rugbyveld - daardie dag met 15 - 12 te klop, tien minute na gewone tyd verstreke is.
Jacobus Petrus "Os" du Randt is gebore op 8 September 1972, het na sy aftrede as skrum afrigter in 2009 by die Cheetas begin. Dit is natuurlik nadat hy die Cheetas ook op provinsiale vlak verteenwoordig het. Verder het du Randt ook die Cheetas in die Super 14 verteenwoordig, asook in die Curriebeker. Hy het ook vir die Cats in die Super 12 gspeel. Ellispark, Johannesburg het die finaal gehuisves. Dit was nadat Suid-Afrika en Nieu-Zeeland die oorblywende 14 spanne afgestof het om die finaal te haal. Die toernooi het op 25 Mei 1995 op Nuweland begin toe Suid-Afrika met 26 - 13 oor Australië geseëvier het.
Volle naam | Jacobus Petrus du Randt | ||
Geboortedatum | 8 September 1972 (40 jaar oud) | ||
Geboorteplek | Elliot, Suid-Afrika | ||
Lengte | 1,9 m | ||
Gewig | 127 kg | ||
Bynaam | Os | ||
Rugbyloopbaan | |||
---|---|---|---|
Posisie(s) | Stut | ||
Provinsiale/Staatspanne | |||
'96-'97, 1999 2000 2002-2007 | Vrystaat Blou Bulle Vrystaat | ||
korrek op . | |||
Super Rugby | Wedst | (pte) | |
1997 1998 2000 2004-2005 2006-2007 | Vrystaat Goue Leeus Noordelike Bulle Cats Sentrale Cheetahs | () | |
korrek op . | |||
Nasionale span(ne) | Wedst | (pte) | |
1994-2007 | ![]() | 80 | (25) |
korrek op . | |||
Ander Inligting | |||
Beroep | Boer | ||
Skool | Laerskool Elliot Adelaide Gimnasium (Piet Retief) | ||
Eggenote | Hannelie | ||
Kinders | Thian, JP |
Os du Randt hou verskeie rekords. Hy is slegs een van 6 spelers in die geskiedenis van die sport, wat met twee Rugby Wêreldbeker titels spog. Hy was ook die Suid-Afrikaanse Speler van die Jaar:1997; Wenner van die Drie Nasie Beker in 2004; Genomineerde Speler van die jaar in 2004 en 2006; Spelers' Speler van die Jaar: 2004; Currie-beker wenner saam met die Cheetahs in 2005; Suid-Afrikaanse speler met die langste Internasionale speeltyd - 13 jaar en 12 dae.
Gebore in the Oos-Kaapse dorpie Elliot, Du Randt, wat sy bynaam bekom as gevolg van sy gespierde liggaamsbou, het vir die eerste keer vir die Spingbokke uitgedraf in 1994 en speel in die 1995 Rugby Wêreldbeker wat Suid-Afrika gewen het. Du Randt was in die jare daarna steeds 'n sleutelspeler in die Bokke XV.
In 2000 het hy egter beserings opgedoen wat hom vir byna twee jaar verhoed het om te speel. Hy het op die ou einde in 2002 weer gespeel maar het aanvanklik gesukkel om sy vorige vermoë te herwin. In 2004, nadat hy ten spyte van sy ouderdom sy vorm in binnelandse kompetisie herwin het, is du Randt deur die nuwe afrigter, Jake White vir die Springbokke gekies.
Posisie | Spelers | Provinsie | Oud | Prev Toetse | Punte |
Loskop | Os du Randt | Cheetas | 22 | 8 | |
Haker | Chris Rossouw | Leeus | 25 | 4 | |
Vaskop | Balie Swart | Leeus | 31 | 13 | |
Slot | Kobus Wiese | Leeus | 31 | 6 | |
Slot | Hannes Strydom | Leeus | 29 | 10 | |
Flank (K) | Francois Pienaar | Leeus | 28 | 20 | |
Flank | Ruben Kruger | Blou Bulle | 25 | 9 | |
Agsteman | Mark Andrews | Sharks | 23 | 12 | |
Skrumskakel | Joost van der Westhuizen | Blou Bulle | 24 | 12 | |
Losskakel | Joel Stransky | WP | 27 | 11 | 3 strafskoppe, 2 skepskoppe |
Linker Vleuel | Chester Williams | WP | 24 | 13 | |
Senter | Hennie Le Roux | Leeus | 27 | 16 | |
Senter | Japie Mulder | Leeus | 25 | 8 | |
Regter Vleuel | James Small | Sharks | 26 | 22 | |
Heelagter | André Joubert | Sharks | 31 | 15 | |
Reserwe | Garry Pagel | WP | 28 | 3 | |
Reserwe | Rudolph Straeuli | Leeus | 31 | 8 | |
Reserwe | Brendan Venter | Cheetas | 25 | 10 |