My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Roer die liefde in

Mamma was besig om die kerspoedings te maak en Jimmie en Freddie het gestaan en kyk. Hulle het graag gestaan en kyk hoe Mammie werk, want sy het sulke goed daarin gesit en so nou en dan het hulle 'n stukkie gesuikerde lemoenskil of 'n rosyntjie gekry.

Mammie het gesê dat kerspoedings onder aangename omstandighede gemaak moet word, want hulle word gemaak vir die beste dag van die jaar. Sy het gesê dat alles wat sy in 'n poeding sit, iets goeds en vriendeliks beteken. Daardie groot rosyntjies was vir goedheid, die klein korente vir mooi gedagtes, die meel vir vriendelikheid, die botter vir welwillendheid en die speserye vir goeie dade. Die melk en eiers om die mengsel te bind is die liefde wat ingeroer word, het sy gesê.

Mammie was net mooi goed op stryk met die werk toe mevrou Jones haar oor die heining roep om iets te vra. "Ek gaan gou vir 'n paar minute na mevrou Jones toe, moet nou nie stout wees solank ek weg is nie," het sy vir Freddie en Jimmie gesê.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Sy het 'n bietjie langer weggebly as wat sy verwag het en die twee seuns het moeg geword om te wag. Hulle het toe besluit om vir Mamma te help.

"Ek sal solank die poeding vir Mammie roer," het Freddie gesê en 'n groot lepel geneem. "Ek weet sy sal bly wees dat ek alles omgeroer het terwy sy weg was."

"Jimmie wil dit ook roer," het sy klein boetie gesê.  Freddie het hom toe op die tafel getel en hom ook 'n lepel gegee. Hulle het begin roer en dit was nie lank nie of hul neusies en wange en gesigte was vol deeg en af en toe het stukkies deeg ook in hul mondjies verdwyn. Freddie het daar 'n koppievol eierdooiers gesien en dit ook ingeroer. Terwyl hy nog besig was om die klewerige mengsel om te roer, het die deur skielik oopgegaan en daar was Mammmie.

"My lieweland! Wat maak julle," het sy uitgeroep.

Ewe ongeërg en trots het Freddie gesê "ons het al die mooi gedagtes en goeie dade omgeroer en nou roer ons die liefde in." 

Natuurlik kon Mammie onder daardie omstandighede nie met hulle raas nie.

Die seuns se aandgebed was so:  "Liewe Here, Dankie vir 'n lekker dag en vir al die mooi dinge. Seën my nou en maak my 'n soet seuntjie.  Seën al die arm mense en die siekes in hospitale. Seën die sendelinge, help hulle om al die mense te leer van Jesus.  Seën vir Mammie en Pappie. Bewaar ons almal. Gee ons 'n goeie nagrus, om Jesus wil, Amen."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >