My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Roelf se idee

Dit is swaar tye," het Mammie gesê, "en ek is bevrees daar gaan nie vanjaar geld wees vir Kersgeskenke nie."
"O, maar Mammie sê elke jaar so," het Tina geantwoord.

"Maar ek bedoel dit hierdie keer, ons kan dit nie bekostig nie," het Mammie geantwoord.

Die kinders het baie terneergedruk gelyk. Roelf en Tina het die saak buite onder die boom in die agterplaas gaan bespreek.

"Ek gee nie baie om nie," het Roelf gesê, "al wou ek baie graag twee nuwe buitebande vir my fiets gehad het. Die slegste van alles is egter dat arme Sannie en Sussie niks gaan kry nie. Hulle sien so uit na Kersfees. Hulle gaan vreeslik huil. Geen presente nie."

"Wel, wat ook al gebeur," het Tina gesê, "hulle tweetjies moet iets kry. Ek gee nie juis om as ek nie daardie nuwe boek kry wat ek so graag wou gehad het nie, maar hulle moet regtig iets kry, Boetie."

Beide Roelf en Tina het hulle twee kleiner sussies baie lief gehad en hulle het altyd hul bes probeer om hulle gelukkig te maak. Dit was dus te verstane dat hulle nie daaraan kon dink dat die twee liewe goedjies Kersfeesmôre moes wakker word hulle kouse leeg te vind nie.

"Sê nou ons kan niks koop nie," het Roelf dapper gesê, "dan kan ons tog nog iets vir hulle maak. A, ek het 'n blink gedagte."

"Wat is dit?" het Tina gevra.

"Ek sal jou sê," het Roelf begin. "Kom ons maak vir hulle 'n mooi pophuis. Hulle sal uit hul velle spring van blydskap. Ek sal die huis maak en die diere en vensters insit en jy kan die gordyne maak en die mure almal plak."
"Dit sal pragtig lyk!" het Tina uitgeroep. "Dit behoort ons nie 'n sent te kos nie. Kom ons begin sommer nou, Boetie."

""Nou kom," het Roelf gesê en hy het sommer begin aanstryk pakkamer toe. "A, hier is 'n mooi kas," het hy uitgeroep. "Kyk, die kante is glad en mooi gelyk en dit is net mooi groot genoeg. Al wat ek moet doen, is om 'n dak te maak en dan sal ek natuurlik 'n deur moet insit en binnekant die kamers afskort."

"Mooi so!" het Tina juigend gesê, "ek wens amper jy kan dit vir my maak. Sal hulle nie bly wees nie!"

Roelf het sommer dadelik aan die werk gespring. Hy het 'n bietjie houtwerk op skool geleer en kon dus met gereedskap werk. Baie gou het die kas na 'n huis begin lyk, met 'n oulike spitsdak. Aan elke kant het hy 'n venster ingesny en voor het hy 'n deur en vier vensters gemaak. Die voordeur het natuurlik skarniere aangehad sodat mens maklik by die kamers kon kom. Toe het hy die kante rooi geverf en daarop strepe met 'n potlood getrek sodat dit net soos 'n steenmuur gelyk het. Die dak het hy grys geverf sodat dit na dakteëls lyk.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Dit het hom 'n hele paar dae geneem voordat hy sy deel van die werk voltooi het en toe het Tina begin.
Bo in die solder het sy plakpapier gekry en daarvan het sy genoeg afgesny om die mure mee te plak. In die ou kas het sy ook 'n klomp ou lappe gekry en daarvan het sy gordyntjies gemaak. Van die dikkerige lappe het sy vloermatte gemaak. Teen die tyd dat sy hiermee klaar was, het die huisie al net baie mooi gelyk. Maar daar was nog geen huisraad in nie.

Gevolglik het Roelf maar weer aan die werk gespring. Van 'n klompie lë vuurhoutjiedosies het hy 'n laaikas gemaak met laaie wat regtig oop en toe gaan. 'n Stukkie blink papier, rond gesny met Mammie se skêr, het as spieël gedien. Van 'n vierkantige stukkie plank het hy 'n tafeltjie gemaak en dit het nie lank geduur nie of stoeltjies wat by die tafel pas, het ook klaar gestaan. Om die waarheid tesê het dit Roelf glad nie lank geneem om al die meubels te maak nie. En dit het mooi gelyk!

Toe het hulle die pakkamer se deur gesluit en vir Kersoggend gewag.

Eindelik het Kersfees gekom. Baie vroeg die môre, terwyl die twee dogtertjies nog geslaap het, het Roelf en Tina die pophuis ingebring en dit by die voetenent van hul bedjie neergesit. Met die woelery het een per ongeluk aan die katel geskop en Sannie het wakker geword.

Verbaas het sy haar oë gevryf en toe roep sy uit: "O!" Dit het Sussie wakker gemaak en dadelik het sy orent gekom om te sien wat aan die gang was.

"Wat 'n pragtige huisie!" het albei tegelyk uitgeroep, "is dit Tina s'n?"

"Nee, dis julle s'n." het Tina gesê. Roelf en ek het dit vir julle gemaak. Weet julle dan nie dis vandag Kersfees nie? Ons het die huisie spesiaal gemaak om dit vanmôre aan julle te oorhandig.

"O, hoe mooi," het hulle uitgeroep, terwyl hulle uit die bed uitspring en hulle arms om Tina en Roelf slaan.
Dit wys net, jy hoef nie duur Kersgeskenke te koop nie....maak iets - dis baie spesiaal en baie kosbaar. 

< >