R Akronieme
R
r. regs; radius (straal); reël; rente; rivier; recto(regterkantse bladsy van ’n oop boek)
R rand (ons geldeenheid); röntgen (internasionale eenheid om ’n dosis x-strale te meet); Réaumur(temperatuurskaal); Rankine (temperatuurskaal); rydberg(wiskundige kontante)
R. Reuters (internasionale persagentskap, in die negentiende eeu gestig deur baron Paul Julius von Reuter)
R. (ook regt.) regter
°R graad of grade Rankine
R & B rhythm and blues
Ra simbool vir radium (element)
RA rumatoïede artritis; regter-advokaat
rab. rabat
rad. radiaal, radiale
radiol. radiologie; radiologies, radiologiese
RAK Raad op Atoomkrag (destyds)
rail. rallentando (verlangsamend, in musiek)
RAM random access memory (lees- en skryfgeheue, van ’n rekenaar)
RAO Radioastronomie-observatorium
rap. rapport
RAVO Raad op Arbeidsverhoudinge in die Onderwys
Rb simbool vir rubidium (element)
RBT rooibloedseltelling
rd. roede
Rd riksdaalder
rdh. raadsheer
RDK Regterlike DIenskommissie
rdl. raadslidrdr. radar
Re simbool vir renium (element)
red. redakteur; redaksie; redaktrise
redupl. reduplikasie; redupliserend, redupliserende
ref. referensie; referent
refl. refleksief, refleksiewe
reg. regering; regisseur; register; registrasie; registreer;regulasie
regsg. regsgeleerd, regsgeleerde; regsgeleerdheid
regt. regiment
regt. (ook R.) regter
rek. rekening
rekeningk. rekeningkunde; rekeningkundig,rekeningkundige
rekenk. rekenkunde; rekenkundig, rekenkundige
rek.wet. (ook RW) rekenaarwetenskap
rel. relatief, relatiewe
REM rapid eye movement (vinnige oogbewegings)
RENAMO (ook Renamo) Resistência Nacional Moçambicana (destydse Mosambiekse bevrydingsbeweging)
rep. republiek; republikeins, republikeinse
Rep. Republikein; Republikeins, Republikeinse
resp. respektiewe; respektiewelik; respondent
ret. retoer
RF République Francaise (Republiek van Frankryk)
RGN Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing
RGO (ook RO) rekenaargesteunde onderrig
RGV rekenaargeïntegreerde vervaardiging
rh. regterhand
Rh simbool vir rodium (element)
Rh. faktor in die bloed, genoem na die rhesus- of resus-aap
RH relatiewe humiditeit
RHK regimentshoofkwartier
RHO Raad op Hoër Onderwys
Rhod. Rhodesië (tans Zimbabwe); Rhodesies, Rhodesiese
RI resident-ingenieur; Romanum Imperium (Romeinse Ryk); Rex et Imperator (koning-keiser); Regina et Imperatrix (koningin-keiserin)
Rig. Rigters (boek in die Bybel)