PK#1 Hoenderpot : Plek Bespreking #48
Ons hou kerrie-hoender pot!
U word hartlik uitgenooi na ons POTJIEKOS op 30 Mei 2021. Dit word aangebied by Whispering Tree Tops in Centurion. Vanaf 14h00 tot 22h00. Kom kuier lekker saam; en maak nuwe vriende, of sien ou vriende! Ons No. 12 pot kan 48 honger monde voed. Ons gaan jolig wees - want Duar Burger het aangebied om ons musikaal te vermaak.
Dus ~ heerlike kos. Veilige (privaat) plek. Lewendige en Live musiek. Ons stuur hierdie skakel uit om seker te maak u bespreek u plek, aangesien uitgawes aangegaan word om die sukses van die byeenkoms te verseker (musiek, bykosse en potjie en Tommie Havenga se venue).
Met ontvangs van u bespreking, sal 'n faktuur gelewer word vir betaling (R50). Dit dien ook as jou bespreking. Sou jy dit nie kan maak nie, is jy welkom om die kaartjie / bespreking aan 'n vriend of vriendin te gee. Die doel is juis sodat 48 mense met mekaar kuier; nuwe vriendskappe gevorm word, of dalk...net dalk...'n lewensmaat vir die toekoms.
Bring jou eie Cooler boks met verversings / drankies / wyn.


Wat moet jy saambring? Verversings. Kampstoel. Sonskerm. FUN Attitude. Lagspiere. Rys, sowel as Pap en Sous sal voorsien word.
Bank: Capitec
Takkode: 470010
Rekening: 127 236 2823
Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)
*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!

