(6 porsies)
500 ml gaar fyngemaakte pampoen (2 k)
60 g koekmeelblom 125ml (½ koppie)
5 ml bakpoeier ( 1 t)
knippie sout
2 eiers, geklits
kaneelsuiker
Metode:
Meng die pampoen, meelblom, bakpoeier en sout en maak aan met die eier op 'n taamlike slap beslag te maak. Braai lepelsvol alkante bruin in warm vet of olie. Dreineer op absorbeerpapier en strooi kaneelsuiker oor.
Joey Pienaar