My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Op die vleuels van die Wind

Wanneer ons tot God in die geloof bid, kan ons daarvan seker wees dat hy ons gebede sal verhoor.

En as ons probeer om Hom lief te hê net soos Hy ons liefhet, sal ons allerhande wonderlike dinge sien gebeur, want liefde op die vleuels van gebed is die sleutel tot die skatkamers van die hemel.

Het julle God al ooit vir iets gevra wat julle regtig nodig het, of vir iets wat ander kan gelukkig maak, en dan gewag op die antwoord? Dit is wonderlik om dit te doen! As julle in geloof vra, en glo dat God sal doen wat julle vra, kan daar geen twyfel wees aan wat Hy sal doen nie.

Ek weet dat dit so is, want so baie kinders, en grootmense ook, het my al vertel van hulle gebede wat verhoor is. Baie van hierdie stories het al in Slaaptyd-stories verskyn. En ek ontvang gedurig nuwes.

Hier is een wat 'n dogtertjie my nou die dag vertel het. Dit is baie eenvoudig, maar vir daardie dogtertjie het dit baie beteken. Sy sal dit nooit vergeet nie. Ek was by ' kampvergadering waar ek sook gewoonlik stories vertel het aan die kinders. Later het 'n dogtertjie na my toe gekom en gevra of sy my ook 'n storie kan vertel. Ek onthou nie meer haar naam nie, maar een ding onthou ek goed: sy het 'n baie mooi blou jassie aangehad. Gewoonlik onthou ek nie klere nie, maar daardie blou jassie onthou ek goed. En daar is 'n rede.

"Moeder het vir my hierdie jaar net voor die kampvergadering gekoop," het sy gesê. Dit het meer as drie pond gekos, en dit is baie geld vir ons om te betaal. Moder het baie van die jas gehou; maar hoe dink u, wat het my oorgekom? Ek het dit verloor. Ek kon dit nêrens vind nie."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

"Wat het jou Moeder toe gesê?" het ek gevra. "Ek het haar nie vertel nie," het die dogtertjie gesê. "Ek was bang, want ek het geweet dat sy baie teleurgestel sou wees."

"Wat het jy toe gedoen?"

"Ek het 'n eksemplaar van die Slaaptydstories in die hande gekry, en daarin het ek gelees hoedat kinders se gebede verhoor is. Ek het toe vir myself gesê: "As Jesus hulle gebede verhoor het, waarom sou Hy dan nie ook myne verhoor nie?" Ek het sommer daar gekniel en Hom gevra om my te help om my jas weer te vind voordat Moeder uitvind dat ek dit verloor het."

"Dit was 'n baie verstandige ding om te doen," het ek met 'n glimlag gesê. "En hoe het jy weer die jas gevind?"

"Wel, ek het orals gesoek, en toe ek in hierdie gebou inkom, het ek dit daar in die hoek oor 'n stoel sien hang. Ek was vreeslik bly. Ek is seker dat dit 'n verhoring van my gebed was, dink u ook nie so nie?"

"Natuurlik was dit," het ek gesê.

God wil kinders graag help met hulle moeilikhede, of hulle groot of klein is.

Maar hier is 'n storie wat nog wonderliker is.

Dit is omtrent 'n Moeder met vyf kinders. Haar man was vir 'n lang tyd van die huis af weg, en vir weke het sy geen geld van hom ontvang nie. Al die geld wat sy gehad het, was op, en sy het haar baie bekommer oor kos, en die ligte, en hitte vir die kinders, want die winter was ophande.

Haar grootste moeilikheid vir die oomblik was die feit dat sy die gas rekening moes betaal - dit het byna twee dollars beloop. Sy het nou die finale waarskuwing ontvang dat die gastoevoer afgesny sou word as sy nie dadelik die rekening betaal nie.

Dit sou vreeslik wees as dit gebeur, want dit sou beteken dat hulle geen kos kan kook nie, ook nie eens die ketel nie. Die vrou was baie neerslagtig, en het besluit om sommer 'n endjie te gaan stap. Sy het haar jas aangetrek en in die rigting van die kerkie waarheen sy altyd gegaan het, geloop.

Die wind het sterk gewaai, maar die vrou het dit skaars gemerk, want sy kon aan niks anders dink as daardie gasrekening nie. Terwyl sy geloop het, het sy gebid: "Liewe Here, help my tog om die geld gou in die hande te kry, sodat hulle nie die gas afsny nie."

Skielik het sy, sonder enige rede, van die sypaadjie afgestap en in die middel van die straat geloop. Toe het daar iets teen haar gesig vasgewaai, sy het die ding gegryp. Dit was 'n dollarnoot! En voor sy nog mooi weet wat met haar gebeur het, het daar nog 'n dollarnoot teen haar gesig gewaai.

Net daardie twee note en niks meer nie.

"Dankie, liewe Here," het sy gefluister terwyl sy verder stap. "Dit is al wat ek nodig het," het sy gesê met 'n glimlag van blydskap op haar gesig.

Is dit nie wonderlik hoe die antwoord op sommige gebede kom nie?

In die geval van hierdie vrou, het die antwoord vinnig en dadelik gekom, 'n mens kan sê, "op die vleuels van die wind."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >