My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Oorwinning oor sonde

"Hoekom so treurig, Bets?" het Nonnie gevra, toe haar klein maatjie met die tuinpaadjie aangestap kom. "Jy het gehuil! Wat makeer?"

"Jy sou ook gehuil het as jou Mammie jou so geslaan het soos my Mammie nou net vir my," het Bets gesê, en sy het gesnuif en 'n sekere deel van haar gevryf wat seer was.

"Ek is jammer," het Nonnie gesê. "Maar wat het jy dan gedoen dat sy jou slaan?"

Bets het 'n rukkie stilgebly. Sy wou nie graag iets daarvan vertel nie.

"Kom," het Nonnie gesê, "jy kan vir my vertel, ek is jou maat."

"Ek het vir Mammie gejok en sy het my uitgevang," het Bets geantwoord.

"O wêreld," het Nonnie wat regtig 'n goeie dogtertjie was, gesê. "Maar jy moenie jok nie, Betsie. Mens kry altyd moeilikheid as jy jok. My Mammie sê so en die Bybel sê ook dat jou sonde jou sal uitvind."

"Maar ek kan partykeer nie anders nie," het Bets probeer verskoning maak. "Ek vertel 'n leuen sonder om dit juis te bedoel; en dan moet ek natuurlik weer een vertel om die eerste een toe te hou en dit word al erger en erger totdat my Mammie dit agterkom."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Jy moet leer om nie leuens te vertel en stout dinge te doen nie," het Nonnie ernstig geê.

"Hoe kan ek dit regkry," het Bets gevra.

"Jy kan," het Nonnie geantwoord. "Moet ke jou sê hoe?"

"Asseblief," het Bets gesê, "ek wil graag weet. Regtig ek wil."

"Dis baie maklik," het Nonnie gesê.

"Eerste vra ek Jesus om in my hart te kom. Jy kan dit ook doen Betsie, wanneer jy vanaand bid."

"Ja," het Betsie gesê, "dit is die vernaamste deel. Jy sien, as die duiwel nou aan my hart se deur kom klop dat ek moet leuens vertel, of lelike woorde sê, of diertjies seermaak, of ongehoorsaam wees, dan hardloop ek dadelik om vir Jesus te sê.

'Jesus,' sê ek 'daar klop die stout duiwel weer aan die deur.'

En Jesus sê, 'Goed my kind, laat staan hom vir My.' Dan gaan Jesus die deur oopmaak; en as die duiwel Hom sien, sê hy: "Verskoon my, ek is by die verkeerde huis."

Dan hardloop hy weg so vinnig as wat hy kan, en die versoeking is oorwin."

"Dis 'n goeie idee," het Bets gesê, "en dit klink maklik. Dink jy Jesus sal my ook so help?"

"Ek dink Hy sal," het Nonnie gesê, "as jy Hom net vra.

En Bets het Jesus gevra, daardie selfde aand nog, en skielik het sy die geheim van oorwinning ontdek.

< >