My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek Oom Rooies - Die Visterman

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

Oom Rooies - Die Visterman

Oom Rooies Germishuys en sy seuns was Aasfontein se vistermanne; tant Hannie, sy vrou en haar dogters moes die tuin daar onder die berg beplant en in die somer suurvye in die duine pluk om af te stroop, te droog en te verkoop vir konfyt. Ja, dit was hulle taak om huid en haard bymekaar te hou.

Oom Rooies met sy waterige blou ogies ... daar waar hy op die rotse ure lank die branders se rûe vir 'n skooltjie harders sit en dophou, die pet so skuins oor die een oog waaronder die kwassie rooi-grys hare so wil-wil uitloer, die pyp in die krom geëelte hand en die onvergeetlike straaltjie pruimspeeksel wat laer af in die rooi steekbaard verdwyn. Ja, so sal ek oom Rooies onthou - een van ons kuste se vistermanne, manne wat die see en sy wispelturigheid geken het en die blou dieptes met ferm trekke van die roeispaan gefynkam het.

Maar hoe kan ek hom vergeet? Hy, Aasfontein se voordanser op maat van die musiekies van ghitaar, bekfluitjie en konsertina ... 'n Nostalgie na 'n ou, ver wêreld - die reuk van danssweet en stofdampe van 'n losgedanste misvloer. Die setties, die polka, Silensie-sop-sop en die Bosvoëldans het hy my geleer en die liedjie:

Ek en my bokkie bly stokkie-alleen, / In 'n pandokkie wat lek as dit reent. / Vra jy my waarom dek jy dit nie, / Sê ek as die son skyn dan lek dit mos nie.

Daar in die rietdakhuis, regs van die skuitbaai teen die skuinste, het oom Rooies en sy gesin gewoon. Ons kinders het dit die treinhuis genoem, maar aan watter kant die enjin was, kon ons nooit sê nie, want aan weerskante was daar die twee bakoonde wat ons altyd herinner het aan Sir Lowryspas se trein met sy sware vrag en sy twee enjins. Aan die agterkant was die rietdak so laag van die grond af dat ons kinders stilletjies handevol riet kon uittrek. En dan aan die punt van die treinhuis was die kombuisdeur, waardeur almal gekom en gegaan het.

Maar die voordeur wat op die skuitbaai uitkyk, was maar altyd toe. Nee, daardie deur sou ons nie somaar eiegeregtig oopstoot nie; ons het nie bietjie ligvoet vir Meraai, oom Rooies se ongetroude dogter, geloop nie. Net af en toe, wanneer sy die misvloer smeer, sou daardie bodeur oopstaan; my kans dan om al daardie heerlikhede van Meraai se voorhuisie weer te aanskoue. Ek trap versigtig tussen die blink allekrik en perlemoenskulpe waarmee sy ronde ringe in die skulpiesand rondom die paar beteuterde aleweetjies voor die voordeur gepak het, en leun oor die onderdeur. 'n Walm van vars beesmis en die suur ruik van 'n oop rietdaksolder ... 'n reukvermengeling van my voorgeslagte, slaan vlak in my keer val. "Ek wil net kyk, Meraai."

Oorhoeks staan 'n halfwastafel met sy gestyfde tafeldoel - 'n wit tafeldoek met 'n breë rand van pienk en rooi rose wat sy op Elim by die Herrnhutters se Duitse winkel gekoop het en weerskante daarop, twee glaspotjies vol oorgetrekte hawer-are - elke droë hawer-aartjie netjies toegevou in verskillende kleure van blinkpapier. Maar blinker nog, in die ander hoek, staan die vier leë kanondoppe, gerangskik van groot tot klein. Die papkuilsaad in die groot kanondop beweeg liggies soos volstruisvere in die luggie. Ek trek my oë op nou skrefies by die gedagte aan Ma se vreesaanjaende bygeloof en voorspelling van die ewige blindheid wanneer daardie wit donsies in jou oë waai.

Daardie rakkie met die vier leë kanondoppe, het ons kinders altyd die Jorsrakkie genoem, want alles daarop en daaragter teen die muur het met oom Rooies se oudste seun, George, geskakel; dié seun wat in Duits-Oos-Afrika gaan veg het en nooit weer huis toe gekom het om, soos die ander seuns, ook vissers te word nie. Daar teen die muur was rye foto's van George en sy vrou en dogter: van hom alleen in sy uniform, met en sonder sy helm, van sy vrou met 'n bokramkuif waaronder net die een oog uitloer, van die dogtertjie in haar bababadjie, en alle stadiums van uitbol en grootword, en Georgse se rye geraamde oorlogsmedaljes.

Net af en toe het daar 'n vername pak goed aangekom - halfverslete aandklere en skoene van George se Engelse vrou en die portrette. So het oom Rooies en tant Hannie jaar na jaar vergeefs gewag en het Meraai se netjiese woonvertrekkie maar altyd in gereedheid gestaan.

Maar die Jorsrakkie met al sy heerlikhede van die onbekende het ver agtergestaan by die grootste aantrekkingskrag van daardie vertrekkie, naamlik die swartgeraamde gedig van 13 versies van tant Dina Loog van die Mond. Op haar dae was sy die baasrymer van Bredasdorp se distrik, en ná elke grootskaalse tragedie wat 'n huisgesin mos tref, het sy die gebeurtenis vir die nageslag in rymvorm vasgelê.

En so het die geroep na tant Dina Loog weer opgegaan toe oom Rooies en tant Hannie se drie seuns en en ses Kleurlinge met skuit en al daar tussen Struisbaai en Agulhas se wêreld vergaan het. Ek sien nog tant Hannie daar voor die stoof en hoe sy die trane met die voorskoot se punt wegveeg wanneer sy van Jurie, John en onse Daan vertel, en hoe oom Rooies weke lank die kuslyn met sy bebloede voete gefynkam het op soek na uitgespoelde lyke. En dan, eindelik die bewys dat hulle vergaan het: 'n plankie met 'n koperspyker daarin - oom Rooies se eie handewerk, 'n deeltjie van 'n viskissie. Die gedig is na die skuit, Hero, vernoem. Hier volg ses versies daarvan:

HERO

Sie daar op die grote oseaan  en sie hoe die baren opstaan, / Ag waarom voel ons hart so swaar, / Onse arme mans is in groot gevaar.

Wie is die manne en wat doen sy, / Sy gingen uit om vis te kry / Maar keer nooit weer op aard terug / Hoe dat ons vrouens ween en sug.

Dis Jurie, John en ook ons Daan / Het die môre vroeg op see gegaan. / En ook ses Kleurlingen gingen mee, / En verdronk al nege in die see.

Ag Hero, Hero, waar bly jy weg, / Jy het nege man in die see gaan leg. / Ag onse Hero duur en groot, / Jy koste ons 'n wrede dood.

Ag kan ons tog hul lyke kry / Hoe vreeslik ook, dan voel ons bly, / Dat ons dit tog in die aarde kan berg, / Dan voel ons tog nie so bitter sleg.

Ag liewe Jesus wil hen tog troos / En sorg tog ook voor die na-kroon, / Geef hun kleding, geef hun brood, / En blyf met hun tot in die dood.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Net soos daardie voorkamertjie bestem was vir besoekers wat nooit opgedaag het nie, so was die ruim kombuis op 'n Sondagaand die vergaderplek van oud en jonk om te sig - oom Rooies aan die een kant van die tafel en Meraai aan die ander kant met haar Duitse Otto-harpie, 'n plat tafelinstrument van die siterfamilie. Die res van ons sit om die tafel soos bokkoms ingeryg. Daardie dae was Afrikaanse liedjies nog maar skaars en dié wat daar was, was oorlewerings van vorige geslagte - die woorde daarvan almal opgeteken in Meraai se blou oefeningboek. Die stemme trek uit volle bors in eerste, tweede en derde rat - treurige woorde en treurige wysies wat die storie van die versaakte liefde oor en oor vertel.

Maar die forte was Meraai se "Jack the Sailor Boy" waarvan sy die droewige implikasies met die nodige stembuigings baie dieper as een van ons kon aanvoel. Die slotversie:

Oh Captain can you tell me, / Tell me where he can be. / My dearest little lady, / He's drowned in the deep blue see.

En dan oom Rooies se solo. Daar in sy dekstoel met die duikervelletjie teen die rugleuning het hy gesit met sy geblomde koffiekommetjie. Dan het hy sy pyp eenkant in die perlemoenskip neergelê en in sy diep basstem sy Hooghollandse lied gesing:

Ag Bettie als jij kom te trouwen, / Ag schrijven een briefje voor mij. / Dat ik op jou bruiloft mag wesen, / Dat ik op jou bruiloft zing.

Ag Bettie als jij kom te sterven, / Ag schrijf een briefie aan mij. / Dat ik op jou grafsteen mag schrijven: / Hier ligt een soetlief van mij.

Ja, dit was nog die dae toe die tragedies van gedwarsboomde liefde met smaak besing is ...

Don't blame me, Mother dear, / Don't ask me why I cry. / I cannot love another / And that's the reason why.

Ja, veelvuldige tragedies en komiese situasies is in rymvorm vasgelê; en dan is daardie rympies weer later gesing - die een versie na die ander. So het die versies van "Een aand op die trein na Pretoria" en die diepe tragiek van daardie verhaal ons harte geskeur.

En wat dan van hierdie stukkie vaderlandse geskiedenis in rymvorm:

DEATH OF CRONJE

Have you heard of the death of young Cronje, / Who died on the Green Point track. / He was holding his Bible in his hand, / When the bullet entered his back.

They were holding a meeting of prayer these men, / They had stood there night after night / On a spot too close to the fatal wire. / They chose it to get near the light.

The singing was loud and hearty and gay, / What reeked they of danger so near! / When the sentry cried out "Stand off from the wire", / They were singing and could not hear.

When sudden there came the report of a gun, / It scattered the prayer band / When he whom they loved, fell wounded by their side, / His Bible still clasped in his hand.

He died in the night, no mother was near, / To kiss him or hold his hand. / But he told the Doctor he did not hear, / The sentinel's rough command.

No need have ye now for music or words, / No need to get near the light. / You have learned the song that the ransom sing, / In the land that knows no light.

Ja, selfs die Boeregeneraals is in rym besing:

Die ander dag was ik gevraag, / Naar Piet Joubert sijn huis. / Die President was ook net daar - / Sijn vrouwtjie bly maar tuis. / Maar julle kan nooit vir my glo / Hoe bly was ik die dag. / Toen die President met my praat, / Toen zeg ik "O ontzag".

Ons kele is droog gesing. Tant Hannie skink vir almal swart koffie en sit 'n groot plaat pampoenplaatkoek, spesiaal vir Sondagaande gebak, met suiker en kaneel bo-oor gestrooi, in die middel van die tafel neer. Ons sak toe.

En dan vertel oom Rooies 'n paar spookstories, en tant Hannie van haar voorbodes. Ons hare rys. Dis huistoegaantyd. Oom Rooies steek die lantern op en loop voor in die nou paadjie wat deur die melkhoutbosse vleg na ons huis daar bo op die Koppie. En dan Bertie wat agter loop en skree: "Wha! Die spook!" en hy gryp na een van ons in die donker.

So dink ek terug aan die onweersdae in daardie halfdonker kombuisie. Deur die skoorsteen val die reëndruppels met sisgeluide op die oop vuur. Aan die bopunt van die tafel op sy dekstoel sit oom Rooies besig met die brei van 'n nuwe seën of die lap van 'n oue. Eenkant sit die vrouens en skild wilddroeë suurvytjies af vir suurvyekonfyt. Altyd hang daar maar 'n mansmens oor die onderdeur en hou die weer dop vir tekens van opklaar. 'n Visterman bly 'n kriewelrige ding in 'n huis op onweersdae.

"Kyk, daai banke agter op die see ... hulle lê bankvas. Ja-nee, ek het mos vir julle gisteraand gesê daai  kring om die maan gaan 'n draai in die weer bring. En die los vlieswolkies daar ... moenie vir my sê die suidoos gaan opsteek nie. Dan kan julle maar vergeet van galjoen uittrek ... gooi maar daai paar sak rooi-aas wat julle by Tortelduifgat uitgehak het in die see ... g'n galjoen sal sy bek in daai koue water oopmaak nie. En julle sê die vis word n ou ook lekkerbekkig ... wil nie meer seekat vreet nie. Willem, as die weer opklaar, moet jy gaan kyk in die vywers. Gewoonlik met springty is daar 'n paar vissies. Gisteraand het ek 'n lekker skooltjie harders net hier onder in die baaitjie agter die rotse sien lê. Ek het maar gelos want die branders sou die seëntjie fyn en flenters teen die rotse slaan ... miskien het die wind nog dié skooltjie harders in die vywers ingekeer. Ons moet die vywermure nog 'n rapsie hoër pak. Teen die aand se kant met laagwater moet julle so 'n bietjie seekos vir oom Jeremie gaan afhaal. Met spring kan jy maklik by die groot allekrik- en perlemoengate kom."

Ja, so sou oom Rooies ure aaneen gesels oor die see en die weer, terwyl die skuitjie heen en weer gly en die seën langer en langer groei.

So het ons huisgesin oom Rooies en sy gesin geken en leer liefkry; mense wat jy nie op hulle aardse besittings takseer nie, maar wel op hulle opregtheid en innerlike goedheid. Toe was daar nog 'n plekkie vir oom Rooies en tant Hannie in die samelewing - karakters wat vandag uit die pas sou wees met die vinnige polsslag van die lewe.

Die lang treinhuis staan nou leeg en die swart sand voor die agterdeur wat oom Rooies se twee esels, Donkerbok en Tom, maar altyd losgetrap het, is nou onder 'n welige kweekplaat toegegroei. Van die visstellasies waaraan die rye bosse harders gedroog het, staan daar nog net so hier en daar 'n paal, en onder by die fonteintjie se uitlooppyp is daar nie meer die gebabbel terwyl ons wag vir die waterblikke om vol te loop nie.

Hoog bokant die springty se hoogwatermerk lê hulle ou ryperde sonder roeispane; die nate oopgebars en die geverfde name nog skaars leesbaar.

Op 'n vlakkie bokant die see lê hulle hopies grond -  hul laaste rusplaas. Vandag wei die skape daar rustig rond en is al Meraai se mooi skulpwerk op die graftes vertrap. Maar wanneer die hotnos- en suurvyeranke met hul geel en pers blomme die duineveld vol kruip en ek weer die soetgeur van die anysbossie op die landwind ruik, dan dink ek weer aan daardie dae op Aasfontein - so onherroeplik verby.

Suzanne van Rensburg

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >