My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Ons Wonderlike Wêreld

In die ou dae is daar gepraat van die sewe "wonders van die wêreld", en onder hulle was die piramides van Egipte, die terrastuine van Babilon, en sommige van die ander groot bouwerke van die mens, wat lank reeds deur die meeste mense vergeet is.

Maar wat is vandag die sewe wonders van die wêreld? Wat sou julle sê? Waarom neem julle nie eendag tyd en maak 'n lys van die wonderlike dinge wat julle gesien, of waarvan julle gehoor het nie? Dan kan julle maklik die sewe uitsoek wat vir julle die wonderlikste is.

Die meeste van julle sal seker die radio die eeste op die lys plaas, of miskien televisie, of so iets. Dit is wonderlike dinge daardie - hulle is feitelik wonderwerke wat die meeste van ons glad nie eens verstaan nie. As die mense van die ou tyd byvoorbeeld kon gesien het hoe 'n prent honderde myle ver deur die lug gestuur word, sou hulle seker gesê het dat dit "toordery" is! Sommige sou seker op hulle knieë voor die beeldradio neergeval en dit aanbid het!

Sommer bo-aan julle lys sal julle vliegtuie, vuurpylskepe, en die groot vliegbote plaas wat 700 passasiers kan vervoer. Dink maar net aan daardie jong vrou wat in Engeland gewoon het, en toe besluit het dat sy na haar geboorteland, Nieu-Seeland, wil teruggaan; sy het self, binne 'n paar dae, teruggevlieg. Dit was gewis een van die grootste prestasies.

Dan dink ons aan die groot brugge wat die mens oor riviere en klowe gebou het - sulke massiewe werke wat 'n mens verstom laat staan wanneer jy hulle aanskou, soos byvoorbeeeld die brug oor die Golden gate en San Francisco-baai in Kalifornië, of die Forth-brug in Skotland, of die Sydney-brug in Australië.

Dan is daar die groot tonnels vir myle deur die soliede rotse van die Alpe. Jare gelede het ek deur die Simplon-tonnel gereis, en dit het ons byna vytien minute geneem - ek het op my horlosie gekyk.

Wat sou die Romeinse keisers nie betaal het vir 'n tonnel deur die Alpe nie! Hulle sou seker nooit geglo het dat so iets moontlik is nie. Hulle het wonderlike paaie gemaak in hulle dae, maar wat sou hulle dink van die pragtige Columbia-hoofweg, of van die tweehonderd myl lange Pennsylvania-tolhekpad waar daar nie een enkele kruispad is nie?

Dan is daar die groot skepe wat die oseane deurkruis; elkeen van hulle bevat 'n duisend wonders wat die mense van die outyd oopmond sal laat staan. Stel julle voor hoe verbaas Markus Antonius en Kleopatra sou wees as hulle die reusebote "Queen Mary", "Queen Elizabeth", die "America", of selfs 'n half dosyn van die ander groot bote kon sien! Dink julle dat julle hulle ooit sou kon laat verstaan dat hierdie berge van staal deur die water kan seil vyf maal vinniger as die ou Reomeinse galei?

As julle na 'n vloothawe gaan, mag julle groot slagskepe soos die "North Carolina" of die "New Mexico" sien - drywende vestings, vol van die wonderlikste uitvindsels! Naby hulle sal julle duikbote sien wat kan duik tot op die seebodem en dan weer na die oppervlakte kan kom, volgens die wil van die bevelvoerders!

Maar ons het nog skaars begin. As julle deur een van die groot winkels stap, sê nou maar Woolworth's sal julle sommer honderde wonderlike dinge sien om op die lys te plaas. Dink aan die mooi weefstowwe wat so goedkoop vandag gekoop kan word, en die wonderlike masjiene wat hulle vervaardig.

En wat van ons hedendaagse koerante? Hulle is wonderlik, nie eintlik oor hulle inhoud nie; maar as ons dink oor hoe die papier vervaardig word, en oor die wonderlike masjinerie wat in die drukkuns gebruik word, dan kan ons hulle met reg een van die wonders van die eeu noem.

En wat van die wonderlike Palomar-teleskoop in Kalifornië, wat sterrekundiges in staat stel om nou twee maal sover as voorheen in die lugruim in te kyk!

Nadat ons al hierdie uitvindsels van die mens op die lys gesit het, en nog baie ander, sal ons lys nog lank nie volledig kan wees nie.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Daar is nog al die natuurwonders wat ons nie neergeskryf het nie. Miskien het julle al die Giant's Causeway aan die noordkus van Ierland gesien. Julle mag dit neerskryf want dit is gewis iets wonderliks. Op baie plekke in die wêreld is daar natuurtonele wat so groots is dat 'n mens hulle kwalik kan beskryf. Daar is byvoorbeeld die sneeubedekte spitse van die Himalaja-gebergte, watervalle wat honderde voet hoog is, soos die Victoria-waterval in Rhodesië, en natuurlik die Niagara-waterval op die Amerikaans-Kanadese grens.

In Noord-Amerika is daar baie natuurwonders, soos byvoorbeeld die Grand Canyon van Kolorado; dit is 'n diep skeur - honderde voet diep en baie baie myle lank - uitgekalf deur water oor 'n tydperk van eeue. Daar is ook die Carlsbad-grotte, diep onder die oppervlakte van die aarde, waar die wonderlikste rotsformasies gesien kan word.

Wonderlik soos die handewerk van mense is, voel ek nogtans dat hierdie natuurwonders van die hand van God nog baie indrukwekkender is as die werk van mense.

Dink aan die reusebome van Kalifornië. Daar bestaan nog bosse van hierdie groot sequoiabome. Onder die grootstes van hulle is meer as driehonderd voet hoog, met 'n stamomvang van dertig voet en meer. As julle na die tekening kyk wat hierdie storie verskyn, sal julle 'n idee kan vorm hoe groot daardie bome werklik is. Kyk hoe ry hulle met 'n motor dwarsdeur die stam van 'n boom.

Hierdie bome is die oudste lewende dinge op aarde. Talle van hulle is meer as duisend jaar oud; sommige is tweeduisend jaar, en ten minste drie is drieduisend jaar oud. As dit waar is, beteken dit dat van hierdie bome, toe Jesus in Betlehem gebore is, alreeds duisend jaar oud was. Watter stories sou hulle kan vertel as hulle kon praat!

Hulle was reeds daar in die tyd van Salomo, en toe die groot Farao's in Egipte geregeer het. Toe hulle hulle wortels in die aarde begin inslaan het, het Babilon nog nie bestaan nie; en toe Rome maar nog 'n dorpie was, het hulle hulle takke reeds wyd uitgesprei.

Watter mens is daar wat sulke lewende dinge kan maak?

Dit is waar, die mens het die piramides gebou, en hulle lyk vandag nos soos hulle duisende jare gelede gelyk het, behalwe op die paar plekke waar hulle deur vandale verniel is; maar die groot bome het vir al daardie tyd gegroei. Dit is die werk van God.

En as ons na wonders soek, kyk maar na die sterre daar bo in die lug, of na die gras onder julle voete. Dan is daar die daelikse wonderwerk van die getye, en van die sand op die strand wat die see keer en terughou. Dink aan die voëls, hoe mooi hulle kan sing, en hoe maklik hulle deur die lug vlieg. Daar is die wonder van die ontelbare klein dingetjies, die pragtige skoenlappers, die arbeidsaamheid en sorgsaamheid van die miere, en die bedrywigheid van bye.

Om die waarheid te sê, is ons omring van so baie wonderlike dinge dat ons nie almal kan tel nie - dinge wat wonderliker is as enigiets wat ooit deur die mens uitgedink is.

Lank, lank gelede het die ou patriarg Job aangaande God gesê dat Hy "groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal." (Job 9:10) Ons voel om soos Dawid uit te roep: "Hoe talryk is U werke, o Here! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van U skepsele!" Ps. 104:24

< >