My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Onder die Waterval

Was julle al ooit by die Niagara-waterval? So nie, is ek seker dat julle eendag sal wil gaan kyk, nie waar nie?

Daardie waterval is een van die natuurwonders van diewêreld, en niemand kan na die magtige watermassa wat so oor die afgrond stort, kyk, sonder om ontroer te word deur die verruklike grootsheid van die skouspel nie. 
Maar die meeste mense wat hierdie natuurtoneel besoek, sien dit gewoonlik nooit in die grootsheid daarvan nie. Om dit te kan sien, moet 'n mens heeltemal onder die waterval gaan staan sodat die water bo-oor jou verbystort. 

Onder die waterval?

Ja, want niemand het 'n tonnel deur die soliede rots gekap sodat besoekers, nadat hulle met 'n hyser na benede gegaan het, onder die bruisende watermassa kan staan. 

Word 'n mens nat?

Ja, natuurlik, en jy moet vir die okkasie aantrek; maar jy kan die mondering wat jy nodig het daar huur, en hoe snaaks lyk 'n mens daarin! In die prent op bladsy 174 kan julle mense sien met die waterproef-mondering aan. Hulle lyk amper soos kabouters uit 'n towerland, lyk hulle nie? 

En dit lyk soos 'n towerland daaronder, want alles is so vreemd en wonderlik. 

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Kom saam met my, en besigtig die wondertoneel. Is dit nie 'n magtige skouspel nie? Daar skyn geen einde te wees aan die magtige watervloed waar dit donderend oor jou stort, en jou van kop tot tone natmaak nie. Water - daar is oseane en oseane daarvan - verander in kokende wit bruiswater soos dit neerstort onderweg na die see. As 'n mens reg na bo kyk, kan jy die blou lug sien, en skielik word die liefde van Jesus vir jou duideliker. Sy liefde is net soos hierdie magtige watermassa wat ons feitelik heeltemal omhul. 

Die Bybel leer ons dat daar geen perke aan Sy liefde is nie, en dat Hy ons 'volkome red'. (Heb. 7:25)

Dit is ewig, want Hy het lief 'tot die einde toe.' (Joh. 13:1)

Sy liefde is sonder maat, 'Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.' Ps. 103:11.

Soos die magtige Niagara-waterval, vloei dit rondom ons en vertroos en besiel ons, en voorsien in al ons behoeftes 'na sy rykdom in heerlikehid. ' (Filip. 4:19)

Dit laat my dink aan daardie mooi lied wat ons so dikwels sing: "Diep en wyd en heerlikSoos die blou omhoog,Magtig, onoorwinklikSpan Sy liefdeboog."

Het julle ondervind dat Sy liefde so is - soos 'n oseaan van goedheid en vriendelikheid en genade wat sommer bo-oor stroom?

Elkeen van ons kan daardie liefde ondervind as ons wil. 

Staan net onder die waterval en kyk na bo.

< >