My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Om die diere kos te gee

Hou julle daarvan om diere kos te gee? Dit is groot pret, is dit nie? En dit wil voorkom of die diere ook baie daarvan  hou. Hoe swaai Fidi sy stert as jy aankom met die kos! Hoe tevrede spin die kat as sy piering melk vir hom neergesit word!

Dan is daar natuurlik ook die hoenders in die agterplaas. Hoe hardloop hulle wanneer die mieliegruis vir hulle gegooi word! En dan is daar natuurlik die mossies en duiwe wat kom krummeltjies oppik daar by die agterdeur. Hulle kom so versigtig en tog so afwagtend.

Baie van julle het ook seker kossies geneem vir die eende in die park. Almal gooi graag vir hulle stukkies brood op die water en hoe maklik swem hulle agter die kos aan en sluk dit weg.

Wie van julle het al ooit 'n perd voer gegee? Kyk hoe gelukkig is die dogtertjie waar sy die lam voer. Maar ek dink sy is darem bietjie bangerig ook, dink julle nie so nie? Sy hou darem haar handjjies baie ver van sy bek af. En kyk bietjie na die perd se oë, dit lyk of hy weet dat sy bang is dat hy haar sal byt.

As julle so gelukkig is om naby 'n dieretuin te woon, het julle seker baie maal die apies en ander diere daar gevoer. Het julle al ooit die groot leeus gesien en gehoor hoe hulle brul net voor etenstyd? Veral die robbe is baie prettig as die mandjie vis nader gebring word. Hoe plas hulle in die water as die vis vir hulle gegooi word - dit lyk asof hulle wil sien wie die eerste stuk in die hande sal kry.

Natuurlik weet julle hoe lief die apies vir grondbone is. En daardie groot ysbere, hulle hou baie van koek! Een keer het een vir my regop gesit en met sy poot gewink, so asof hy wou sê "Gee my nog 'n stukkie".

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Die kameelperde is baie gesteld op wat hulle eet - hulle eet nie sommer alles wat aan hulle gegee word nie. Miskien is dit omdat hulle so lank moet sluk voordat hulle 'n mondvol kos eindelik weggesluk het. Hulle is glad nie bang vir kinders nie. Groot soos hulle is, hou die olifante ook baie van die kos wat die kinders hulle gee.

Probeer maar om 'n stukkie koek op die punt van ' n olifant se slurp te sit en kyk dan wat gebeur.
Die feit dat hulle kos gegee word, dra baie daartoe by om die wilde diere mak te maak. 'n Grootwildjagter het eenmaal 'n tier in 'n slagyster gevang. Hy het besluit om dit lewendig huis toe te bring. Vir die eerste paar uur van die rit het die tier vreeslik tekere gegaan en erg gebrul. Maar toe hy begin besef dat hy gereeld sy kos gekry het, het hy kalm geword en eindelik heeltemal mak.

Daar is natuurlik gevaar dat 'n mens 'n dier te veel kkos kan gee. Net soos seuntjies en dogtertjies, sal hulle maagpyn kry as hulle te veel eet. Menige hond is al bederf omdat sy kleinbasie - wat sy hond liefhet - hom die hele dag deur kos gee.

Maar daar is ook gevalle waar kinders hul diere laat honger ly omdat hulle te besig was met ander dinge om aan hul diere te dink. Het een van julle al ooit vergeet om julle hond in die aand kos te gee? Het julle al jul hoenders sonder kos laat gaan slaap?  Soms stel seuns soveel belang in voetbal dat hulle skoon vergeet om hul konyntjies kos te gee.

Wel, as daar van julle is wat vergeet om  jul diertjies kos te gee, dan is dit baie jammer. Hoe sou een van julle daarvan hou om sonder kos bed toe te gaan, of om van julle Mammie te hoor dat sy te besig was met die boek wat sy lees om vir julle jul middagete te berei? Ek weet julle sal glad nie daarvan hou nie.

Ons behoort ons getroue diere te behandel soos ons self behandel wil wees. Ek meen dat die gulde reël vir hulle ook geld sowel as vir ons, dink julle nie ook so nie? Dit weet ek, dat as ons daardie reël getrou volg, sal ons vir ons 'n hele aantal getroue vriende maak wat die lewe vir ons baie interessant en mooi sal maak. 

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >