My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Nuuskierige Nelie

Klein Nelie Nieuwoudt was net soos baie ander dogtertjies van haar ouderom, sy was net so lank en net so mooi. Maar almal wat haar goed geken het, het geweet dat sy in een opsig baie verskil het: dogtertjies van agt jaar oud is gewoonlik taamlik nuuskierig, maar Nelie was nuuskieriger as hulle almal.

Een middag, kort voor Kersfees, het Nelie haar Mammie in die kombuis gehelp. Sy het haar graag gehelp kos kook.

Daardie agtermiddag was Nelie nog nuuskieriger as ooit. Sy wou eers in die een skottel en dan in die ander kyk. Kort-kort het sy haar vinger in die deeg of vulsel gesteek "om te proe hoe dit smaak". Eindelik was Mammie moeg vir Nelie se lollery en het haar winkel toe gestuur om iets te gaan koop.

Toe Nelie uit die pad was, het Mammie haar werk gou klaargekry. Sodra sy die sop op die stoof gehad het, het sy besluit om vir Nelie iets lekkers te maak, want twee van haar maatjies sou daardie aand by haar kom eet.

Vir een van die pastykorse wat sy gebak het, het sy 'n melktertvulses gemaak en daar was toe 'n heerlike melktert vir Nelie en haar vriendinnetjies. Toe het Mammie daar 'n bietjie kaneel en suiker oor gestrooi en dit het sommer baie lekker gelyk. Sodat dit vir Nelie 'n verrassing kon wees, het Mammie dit in een van die muurkaste weggesteek.

Na 'n rukkie het Nelie weer net so nuuskierig soos altyd daar aangekom. Sy wou weet wat Mammie gemaak het solank sy weg was. Sy het in die oond geloer om te sien of daar iets is, maar die oond was leeg en toe raai sy maar dit dit in een van die muurkaste moet wees. Sy was net op pad na die kas waar die verrassing was, toe Mammie haar roep. "Nelie, jy maak nie daardie kas oop nie!"

"Maar Mammie, ek wil sien wat Mammie gemaak het."

"Nee, jy moet dit nie oopmaak nie." Mammie was vasberade.

Nelie het traag omgedraai, Nou was sy éérs nuuskierig! Wat was daar dan in daardie kas? Dit was seker iets baie lekker. Wat was daarin? Sy wou so graag daardie deur oopmaak en het weer nader gestaan.

"Nelie!" Nelie het goed geweet wat dit beteken en het weer weggestap.

"Maar Mammie, wat is dan daarin?" het sy begin soebat.

"Dit maak nie saak nie. Dit is iets vir jou en jou maatjies om vanaand te eet."

"Maar kan ek dan nie net kyk nie? Ag toe tog Mamma, net éénmaal!"

"Nee."

Net toe roep die buurvrou vir Mammie en vra haar om na haar baba te kom kyk. Die outjie het skielik siek geword. Met 'n laaste waarskuwing aan Nelie om van die muurkas weg te bly, het Mammie uitgegaan om die buurvrou te help.

Nelie het op 'n stoel gaan sit, verlangend na die verbode kas gekyk en gewonder wat tog in daardie kas kon wees. "Ek wonder of Mammie sou omgee as ek net éénmaal gaan loer wat daarin is?" het sy gedink. Maar sy het nog die laaste waarskuwing onthou. Sy het nog maar pal na die kas bly kyk en gewens dat die deure vanself kon oopswaai.

Sy het aanhoudend gedink: "Net eenmaal loer, net eenmaal...." Eindelik het sy van die stoel opgestaan en na die kas geloop. 'n Stemmetjie het in haar oor gefluister: "Draai net daardie werweltjie en dan sal jy mos sien."

Hoe nader Nelie aan die kas gekom het, hoe sterker was die versoeking. Sy het 'n stoel nader gesleep daarop geklim, omgekyk of iemand haar sien en aan die werwel begin draai. Dit het mos sommer maklik gedraai! Toe het sy haar vingers in die opening ingesteek en die deur begin ooptrek. Die skarniere het gekraak en sy het weer vinnig omgekyk of Mammie nie dalk al kom nie, maar daar was niemand nie.

Toe sy die deur omtrent drie duim oop gehad het, Nelie ingeloer. A, daar was dit voor op die onderste rak. Haar mond het sommer dadelik begin water. Sy het die deur weer 'n bietjie oopgetrek en toe gly dit meteens uit haar vingers en swaai heeltemal oop.

Nelie het net aan die lekker tert gedink. Sy het vooroor geleun en daaraan geruik. Har hand het sommer vanself vorentoe gegaan en sy het daaraan geraak. "Dit sal seker baie lekker smaak." Sy het die vulsel wat aan haar vingers vasgesit het, afgelek.

Ek toe dit op die lekkerste was, hoor sy iets. Sy het gou omgekyk, maar daar was niks te sien nie, net iets het aan haar rok geraak. Ewe verskrik het sy gou die deur toegemaak, die werwel opgesit en weer op haar stoel gaan sit .... en net betyds ook!

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

Sy was skaars op die stoel of Mammie het weer ingekom. Nelie het haarself maar onskuldig gehou en Mammie het niks agtergekom nie. Hulle het saam die kombuis skoongemaak en die skottelgoed gewas. Toe dit klaar was, het sy vir die aandete tafelgedek en gesorg dat daar vir haar maats ook plek was. Teen daardie tyd was dit al byna vyfuur en die ander kinders sou binnekort daar wees.

"Wil jy nou graag kyk wat in die kas is?" het Mammie gevra.

"Ja, asseblief," maar Nelie was half verleë en Mammie het gewonder wat skort, maar sy het niks gesê nie.

Nelie het weer na die muurkas gestap en net soos sy vroeër in die dag gedoen het, die werwel gedraai en die deur oopgemaak. En toe het sy verskrik en verslae uitgeroep: "Mammie, hier is niks nie!"

Mammie het opgespring en daarheen gehardloop. Dit was waar. Waar vroeër in die middag 'n mooi melktert in die pan was, het nou net 'n onsmaaklike mengelmoes gelê.

"Nelie, het jy hier in die kas gekrap?" Mammie was baie bedroef, teleurgesteld en vies. Nelie het nou gehuil.

"Nee...e...ja...maar ek het dit nie geëet nie. Ek het regtig nie daaraan geraak nie, ek het net geloer, want het dan nou gebeur?" jok Nelie en begin snik.

Toe hoor Mammie die tevrede gespin van 'n kat in die kas. Sy steek haar hand aan die ander kant van die rak in en sleep die kat daaruit. "Maar Nelie, hoe kon jy dan so stout wees?"

"Maar ek het nie die kat daarin gesit nie. Hy het seker self ingespring toe ek die deur oopgemaak het....asseblief tog Mamma!"

Ons sal maar nie verder van alles vertel wat daardie aand gebeur het nie. Ons sal maar net sê dat die kat slae gekry het en dat Nelie se nuuskierigheid na normaal gedaal het. O ja, die drie dogtertjies moes daardie aand maar tevrede wees met brood en botter en konfyt danksy Nelie se nuuskierigheid en ongehoorsaamheid.

< >