"As ek jou koop, Het hy vir die jong seun gesê, "sal jy eerlik wees en my getrou dien?' Die seun het hom in die oë gekyk. "Eerlik?" het hy gevra. "Ek sal nogtans eerlik wees, of u my koop of nie." Die man was so verbaas om sulke woorde van 'n slaaf te hoor, dat hy met 'n opgeruimde hart die prys vir hom betaal het sonder om 'n woord verder te sê. Dit is werd om so 'n seun te koop, dink jy nie so nie?
Ek wens daar was meer sulke seuns; seuns wat vasberade besluit om "nogtans eerlik" te wees, wat die gevolge ook al mag wees. Veronderstel jy word vyf pond aangebied om 'n leuen te vertel; wat sou jy doen? Ek weet van iemand aan wie so 'n aanbod gemaak was, nie lank gelede nie. Ek het baie arm mense in die agterbuurte besoek.
Daar was 'n Vader, Moeder, en vyf kinders en hulle het 'n tydlank in twee kamers gewoon, feitlik onder die grond.
Die Vader het my langs die donker, nou trappies afgelei na die swak beligte kombuisie. Die skoorsteen het uitmekaar geval en deur die barste in die mure het daar snags 'n swerm goggas gekom. In die ander vertrek, genoemd die slaapkamer, was een van die vensters stukkend en 'n sak is in die gat gesteek om die reën uit te hou. Oral in die vloer was daar gate en die rotte het snags daaruit gekom.
Stukke blikplaat was oor party van die gate geslaan, maar skaars was een gat toe of die rotte het weer 'n ander een gegrawe. Al die huisraad was 'n ou ysterkatel met een van daardie vreeslike ongerieflike matrasse wat hol word in die middel.
"Dis die kinders se bed daardie," het die Vader gesê. "hier tussen die rotte en goggas!" het ek uitgeroep. Toe sê hy vir my iets wat ek nooit sal vergeet nie. "Die eienaar van die plek het my gesê dat iemand hierdie plek wil koop en hy het my vyf pond aangebied as ek, wanneer die koper na die plek kom kyk, sal sê dat hier nie rotte en kakkerlakke is nie. Maar hy kan my nie omkoop nie. Ek is nog 'n Christen."
Watter held! het ek gedink. Vyf pond moes vir hom na 'n fortuin geklink het. En tog vir al hierdie skatte, so nodig vir sy kinders wat honger ly, wou hy nie 'n leuen vertel nie.
Hy was soos daardie arme seun op die slawemark. Nogtans eerlik, wat ookal gebeur. mag die Here ons almal helde maak wanneer ons versoek word!