"Hulle is myne," het Petrus uitgeroep.
"Ons sal sien," het Pappie gesê. "Nou, Petrus, wie het die neutbome geplant?"
"Ek weet nie," het Petrus geantwoord. "Dit was seker Pappie."
"Dis reg," het Pappie gesê. "Nou kan jy my vertel op wie se grond staan die bome en wie het hulle deur die jare versorg?
"Seker Pappie," het Petrus taamlik nors gesê. "Kan jy my dan sê aan wie behoort daardie bome se neute?"
"Seker aan Pappie," het Petrus gebrom en hy was net baie omgekrap.
"Wel," het Pappie voorgegaan met 'n glinstering in sy oë, "ek is bly dat daardie sakie vir ons duidelik is. Dit is nogal belangrik, julle sal sien. terwyl almal nou saamstem dat hulle aan my behoort, staan dit my natuurlik vry om hulle te gee an wie ek wil Ek is baie dankbaar, Petrus, dat jy my neute vir my opgetel het," het hy met 'n glimlag gesê, "dat aangesien Petrus reken hierdie neute behoort aan hom, dit miskien tog maar die beste sal wees as hy almal kry-"
"Nee!" Dis nie regverdig nie! Nee, nee!" het die ander drie uitgeroep terwyl Petrus se oë straal van blydskap.
"Wag net so 'n bietjie, wag 'n bietjie," het Pappie gesê. "Moenie opgewonde raak nie. Dit was baie selfsugtig van hom om al die neute vir homself te wil hou. Dit sou soveel mooier gewees het as hy ingekom en ons almal gevra het om hulle saam met hom te geniet. Maar Petrus sal eendag leer. Hy sal beter leer; en hierdie voorval mag hom help. Ek dink dit sal."
Toe Petrus hierdie woorde hoor, was dit of hy onrustig word. Hy het nou glad nie meer gerus gevoel oor sy neute nie. "Wel, hier is dit, Petrus," het Pappie gesê en hy het vir hom die bord neute oorgeskuif. "Ek hoop jy geniet hulle. Hulle lyk vir my maar baie verkrimp."
Petrus se gesig het gehang. "En nou," het Pappie gesê, terwyl sy glimlag nog breër word en hy 'n papiersak uit sy jassak haal, "ons ander sal hierdie geniet."
Petrus se oë het ook gerek. Hy het nooit van tevore sulke groot neute gesien nie. Syne het sommer soos verkrimpte ertjies gelyk langs hulle.
"Ek het hulle vandag in 'n winkel gesien," het Pappie gesê, "en het gedink dat julle almal 'n paar sal wil hê" - nogal eienaardig, né? Kom laat ons ons s'n oopbreek. Hoe lyk dit, Petrus, hoe smaak joune vir jou jou?"
Maar Petrus het reeds verdwyn.