My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek 'n Man kom tuis

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

'n Man kom tuis

Die pad het vir my te lank begin word.

Gewoonlik is ek doodgelukkig alleen op 'n lang rit. Dit gee 'n mens die geleentheid om dinge rustig te sit en uitsorteer. Maar dié middag soek ek 'n stem om na te luister, en ek werk uit: as ek goed ry, baie goed, sal ek nog minstens vier ure lank geselskap moet ontbeer. Miskien was dit die reën wat my ongerus gemaak het; die aanhoudende geluid van veërs teen die windskerm en bande op die nat teer het begin eentonig raak.

Toe staan die man langs die pad. En hy wys met sy  hand hy wil saamry.

Ek het nog skaars die linkerruit afgedraai, toe steek hy sy kop deur die venster. "My van is Gouws en ek werk op die pad en ek gaan na my vrou en kinders toe op Wilgerspruit."

Ek nooi hom saam en ons ry. Hy sit baie kordaat en regop langs my, 'n klein koffertjie op die skoot, 'n week se baard op sy wange en 'n tamaai glimlag om die mond. Sy ander bagasie - 'n paar los pakkies en 'n halwe sakkie lemoene - lê agter op die sitplek.

"Ons is besig met die pad Skurweberg toe. Nou staan ek in 'n tent. Sien ek die familie so een keer 'n maand vir 'n naweek. Ek vlieg Saterdagmôre hier weg, dan kom ek voor aandete daar as ek gelukkig is. Volgende môre vlieg ek weer daar weg. Darem 'n nag. Darem iets."

Dis 'n duisend kilometer heen en terug. Dis moeite.

"Maar wat, daar's baie om voor dankbaar te wees," sê hy asof hy my gedagtes raai. "Dit kon verder gewees het."

Hy's middeljarig. Te oud, lyk dit vir my, om nog jong kinders te hê; te lank getroud om nog rasend verlief te wees. Maar later vertel hy my sy eerste vrou en hulle twee kinders is tien jaar tevore in 'n motorongeluk dood. "Toe trou ek later van tyd met haar jongste suster en toe begin ons maar weer 'n spannetjie."

Heelpad gesels my passasier land en sand oor dit en dat. Hy gesels die reën skoon weg.

Hy vertel my van sy lewe as padmaker. Dis harde werk, ja; dis heeldag in die warm son, dis stof en lawaai, maar nee wat, hy geniet dit, verseker hy my. Hy hou daarvan om paaie te maak. Een dag staan jy nog so en jy sien die onbegaanbare berg, en jy weet: daardie berg gaan ek tem met my span geel ysterperde.

"Dan meet ons uit," vertel hy, "en slaat ons penne in. En ons val weg. Ons skrik vir niks nie - bome, bosse, rotse, skuinstes, niks keer ons nie. Ons stoot daardie pad oop, maak gelyk, trap vas, plant mylpale en padpredikante. Dan ry ons terug met die pad wat ons gemaak het, lekker veertig myl 'n uur, tot op die eerste bult en ons klim uit en gaan staan daar en kyk weer na die berg, wat g'n bobbejaan kon klim nie. En daar lê ons pad - netjies, lieflik, pragtig.

"Dit vat 'n rivier eeue om vir homself 'n lekker p ad te maak. Dit vat my 'n maand."

En die ander ding, sê hy, wat so lekker is van pad m aak:jy maak dit vir jou medemens. "Jy dien," sê hy. "Jy dien jou naaste soos die Bybel sê ons moet. Jy maak dit makliker vir ander mense om by mekaar uit te kom. Kyk nou hierdie pad wat ons vandag ry. Ek het hom help maak. Vandag vat hy my na my vrou en kinders toe. En dis mos wat die Bybel sê - werp j ou brood op die water en na baie dae..."

Die nomadiese kamplewe bodder hom ook nie. "Ag, dis partykeer ongerieflik," gee hy teensinnig toe, "maar daar is baie voordele. Jy kry die wêreld gesien. O, jy ken die wêreld later soos die palm van jou hand. Noem maar 'n plek en ek was daar. Suidwes, Transvaal, die Vrystaat, Natal, die Kolonie. Nee, ek ken die wêreld. En saans as jy daar by die vuur sit saam met die manne, en jy kyk na die sterre oor jou kop, dan het jy vrede in jou hart."

Dit word vir my duidelik, terwyl hy gesels: hierdie man sal jy nie maklik onderkry nie. Hy het vir homself 'n klompie antwoorde uitgewerk. Vir elke terugslag in sy lewe het hy tot dusver 'n teenmaneuver bedink, vir elke ongerief 'n kompenserende argument, vir elke ontbering 'n genadetjie.

Nou hoekom, wonder ek in die ry, kry ons dit nie almal reg nie? Vir die meeste van ons sou 'n lewe soos syne onuitstaanbaar gewees het, maar hy loop oor van dankbare entoesiasme.

Iets wou kom fluister: ja, maar die eenvoudiges van gees...

Dit was geen troos nie. Dit het skielik vir my verwaand gelyk om dié man wat die lewe soveel beter onder die knie gekry het as die meeste van ons, sommer net so as 'n eenvoudige van gees af te skryf.

Die son was aan die sak toe ons die dorp nader waar hy moes afklim. Daar was nog grys reënbanke wes van ons, maar óm ons het die bulte klam gelê en stowe in die geel middag.

My passasier het begin stiller raak. Maar ek kon sien hy is opgewonde. Hy het kkort-kort op sy horlosie gekyk en 'n paar keer oorgeleun na my kant toe om die snelheidsmeter onder oog te kry. "Die kar loop lekker vinnig," sê hy. "Ek gaan vroeg daar wees."

Ek wou weet hoeveel kinders hy het.

"Daar is vyf outjies," bely hy trots. "Gawietjie is nou nege. Hy's in standerd een. Hy's die oudste. En Sienie is die jongste, sy's drie. Daar was 'n tweeling tussenin, Andries en Hestertjie, hulle is vyf. En dan nog Petrus. Hy't vanjaar begin skoolgaan. Hy doen goed - hy's 'n slimkop. Hy't tot by die viermaal-tafel geleer nog voor hy 'n skoolbank gesien het."

"Jy moet maar sê hoe ek moet ry," sê ek toe ons die dorp binnegaan. "Dan laai ek jou by die huis af."

Maar daarvan wou hy niks weet nie. Nee, hy sal huis toe stap.

"Maar jy gaan moeilik dra aan al die los goed," sê ek.

"Nee, dankie," sê hy. "Jy't my baie gehelp. Nee, ek stap. Die ou los goedjies raak ek sommer maklik baas."

Ek het gewonder: skort h ier iets? Hoekom wil hy my nie naby sy huis hê nie? Want hy het my aanbod nie sommer net hoflikheidshalwe van die hand gewys nie. Daar was iets in sy stem, 'n beslisheid, wat my vreemd voorgekom het.

Hy had skynbaar 'n slag om gedagtes te raai, die passasier van my. Want skielik verduidelik hy.

"Jy sien, my huis is so ses blokke van die hoofstraat af, onder langs die spruit. Nou, as jy my nou aflaai bo i n die hoofstraat, dan vat ek my goedjies en ek stap met ons straat af tot ek die huis kan sien. Dan sal die hond my eerste gewaar. En hy sal blaf. En dan sal die kinders dit hoor en hulle sal uithardloop buitetoe. Of miskien sal hulle al klaar saam met die hond by die hek staan en wag. En dan sal hulle my sien en my vrou sal op die stoep wees, sien, en die hond en die kinders en die vrou sal aangehardloop kom en ek sal my ou goedjies neersmyt en die tweeling sal voor wees en ek sal hulle gryp, een in elke arm, en dan sal al die ander by wees en ek sal almal groet en vir elkeen sy ietsie gee wat ek vir hom saamgebring het, sien. En dan sal ons saam afstap huis toe en almal sal help dra."

Hy het na my kant toe gekyk asof hy wil seker maak ek verstaan. "As jy my nou met die kar by die huis aflaai, sal dit nie vir ons so lekker wees nie."

Die dorp was doodstil toe ek hom by die bopunt van sy straat aflaai. Hy h et sy koffertjie buite neergesit en die halwe sakkie lemoene gevat en die brood en die skoendoos en die drie ander los pakkies.

Ek het gery. Maar 'n blok verder op die ingewing van die oomblik in 'n dwarsstraat afgedraai en tot onder langs die spruit gery. Toe draai ek links en ry tot by die volgende straathoek, hou stil en klim uit.

Ná 'n tuk kon ek hom sien aankom. Ek het 'n huis gesoek wat syne kon wees - en die huis uitgeken aan die hond en die vyf kinders wat by die hek sit. Op die stoep het 'n vrou sit en wol oprol.

Toe blaf die hond. Die kinders het almal opgespring en straat op gekyk en die man sien aankom. Die vrou het opgestaan, haar wol op 'n stoel neergeplak en hek toe gedraf. Die kinders was al 'n blok ver toe sy die straat bereik. Hulle het na mekaar toe gehardloop, die man teen die afdraande af en die vrou en kinders hom tegemoet. Daar was 'n klein seuntjie en dogtertjie voor en ek het gesien die man laat val sy bagasie en gooi sy arms oop.

Die koffertjie het oopgespring en die lemoensakkie het gebreek. Daar het twee splinternuwe dameskoene uit die skoendoos geval. Maar niemand het dit gemerk nie. Dit was net kinders en hond en lemoene en skokene en pa en ma deurmekaar, 'n hele vyf minute lank.

Toe ek by hulle verbyry, was hulle nog besig om die koffertjie se klere en die skoene en die los lemoene op te tel. Hulle het my nie gemerk nie. En al het hulle, sou dit nie saak gemaak het nie.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Konka Kuiers op RKK

GRATIS
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Chris Barnard

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >