Daar was 'n rukkie stilte en toe het Donald begin.
"Liewe Here Jesus...sê dit nou Margaret."
"Liewe Here Jesus," het Margaret agterna gesê.
"Help my om nie stout te wees nie," het Donald gesê. "Help my om nie stout te wees nie," het Margaret agterna gesê.
"Vergewe my omdat ek vanaand kwaad was," het Donald voortgegaan. Daar was meer snikke, maar Margaret het nie gepraat nie. "Maar jy moet dit sê Sussie," het Donald aangedring.
Eindelik het Margaret gesê "Vergewe my omdat ek vanaand kwaad was."
'En maak my 'n soet dogtertjie." "En maak my 'n soet dogtertjie," het Margaret weet gesê.
"Neem asseblief al my sonde weg om Jesus ontwil, Amen." So het Donald se gebed geëindig. Margaret het dit ook agterna gesê.
"Is dit nou al, Donald, en is alles nou reg?"
"Ja, moet nou nie meer huil nie," het Donald gesê. "Die bladsy wat jy in jou boek bederf het in die hemel - waar die engele alles opskryf wat ons doen - is nou bedek met iets baie rooi, soos met 'n baie rooi stukkie kryt en alles wat daar geskryf gestaan het oor jou stoutigheid, is nou bedek en niemand sal dit kan lees nie. Dit is wat Jesus doen wanneer ons sê dat ons jammer is en Hom vra om ons te vergewe. Is jy nie nou bly nie, Margaret?"
"O ja, Donald. Ek voel nou baie beter. En sal Mammie my nou nie meer slaan nie?"
"Nee, Sussie, sy sal nie. Jy het Jesus gevra om jou 'n soet dogtertjie te maak en wanneer jy soet is, maak jy Mammie en Pappie se harte bly en dan slaan hulle ons mos nie."
"Nee," het Margaret geantwoord.
"Goeienag," het Donald gesê.
"Goeienag, Donald, ek is so bly alles is nou weer reg. Dankie hoor," het Margaret gesê.
Toe was daar stilte en Mammie het saggies die trap afgegaan met trane in haar oë en blydskap in haar hart. Dit was vir haar 'n baie groot troos om te weet dat haar kinders reeds 'n vriend in Jesus gevind het.