My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Libido Supplements for men in Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

'n Kindjie sal hulle lei

Julle sal miskien dink dat ek hierdie storie opgemaak het, maar ek het nie. Dit is absoluut waar. Ek ken die seun en die dogter in die storie baie goed en dit is hul Mammie wat die storie aan my vertel het.

Ek kan hulle natuurlik nie op hul regte name noem nie, kan ek nou? Daarom sal ek hulle sommer name gee en die seun Donald noem en die dogtertjie Margaret. Sy was vyf jaar oud en Donald amper nege.

Dit het eendag gebeur toe Mammie die eetkamer skoongemaak en toe sy 'n ou Kerskaartjie in die vuur gegooi het. Dit was 'n baie ou kaartjie wat aan Margaret gestuur is sowat vier jaar gelede.

Die kaartjie het nog skaars gebrand toe Margaret dit sien en sy het 'n vreeslike keel opgesit daaroor.

"Dit is my Kerskaartjie daardie," het sy geskreeu. "Julle moes dit nie verbrand het nie. Ek het dit al die tyd gehou en ek wil dit nou hê, dis myne!

"Maar dit was al so vuil," het Mammie gesê, in 'n poging om haar te troos. "En dit het so lank hier rondgelê dat ek gedink het dat jy dit nie meer wil hê nie."

"Maar ek wil dit hê," het Margaret gesê en sy was baie kwaad. "Julle moes geweet dat dit my kaartjie is en waarom wille my goed verbrand?"

Mammie het probeer om Margaret te kalmeer deur te sê dat sy mos baie kaartjies het, dat hulle tog geen waarde het nie en dat diteerlank weer Kersfees sal wees en dan sou sy nuwe kaartjies kry.

Maar Margaret was onkeerbaar en sy het haar Mammie glad nie mooi name genoem nie. Mammie het toe 'n ander manier probeer om Margaret te kalmeer.... en die bure het seker gewonder wat nou in daardie huis aan die gang was. Julle kan raai wat gebeur het en al wat ek kan sê, is dat 'n huilende dogtertjie 'n rukkie daarna onder die komberse ingekruip het.

Donald het teen daardie tyd ook maar gaan slaap en nadat Mammie hulle nag gesê en die kamer verlaat het, het hy begin praat. Mammie was toe nog by die deur en het die gesprek gehoor.

"Margaret, wees nou soet en slaap," het Donald gesê.

"Ek kan nie slaap nie," het Margaret gesê. "Ek was so stout en ek wil hê dat Mammie my nie weer moet pakgee ."

"Ja," het Donald gesê met 'n medelyde wat verbasend was vir sy ouderdom, "jy was baie stout en dit het my baie sleg laat voel, maar sê nou maar jou gebedjie en dan sal alles weer reg wees."

"Ek weet nie wat om te sê nie," het Margaret gesê, terwyl sy nog gesnik het.

"Ek sal jou help as jy wil, jy kan agter my aan sê. Moet ek?"

"Ja, asseblief Boetie."

Afrikaanse Radio Stasie

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Training for political parties & Councillors

Online Independent Candidate Course

R3499
The Secrets of Body Language

Online Body Language Course

R2095
Table Tennis Development & Coaching Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

Daar was 'n rukkie stilte en toe het Donald begin.

"Liewe Here Jesus...sê dit nou Margaret."

"Liewe Here Jesus," het Margaret agterna gesê.

"Help my om nie stout te wees nie," het Donald gesê.  "Help my om nie stout te wees nie," het Margaret agterna gesê.

"Vergewe my omdat ek vanaand kwaad was," het Donald voortgegaan. Daar was meer snikke, maar Margaret het nie gepraat nie. "Maar jy moet dit sê Sussie," het Donald aangedring.

Eindelik het Margaret gesê "Vergewe my omdat ek vanaand kwaad was."

'En maak my 'n soet dogtertjie."  "En maak my 'n soet dogtertjie," het Margaret weet gesê.

"Neem asseblief al my sonde weg om Jesus ontwil, Amen." So het Donald se gebed geëindig. Margaret het dit ook agterna gesê.

"Is dit nou al, Donald, en is alles nou reg?"

"Ja, moet nou nie meer huil nie," het Donald gesê. "Die bladsy wat jy in jou boek bederf het in die hemel - waar die engele alles opskryf wat ons doen - is nou bedek met iets baie rooi, soos met 'n baie rooi stukkie kryt en alles wat daar geskryf gestaan het oor jou stoutigheid, is nou bedek en niemand sal dit kan lees nie. Dit is wat Jesus doen wanneer ons sê dat ons jammer is en Hom vra om ons te vergewe. Is jy nie nou bly nie, Margaret?"

"O ja, Donald. Ek voel nou baie beter. En sal Mammie my nou nie meer slaan nie?"

"Nee, Sussie, sy sal nie. Jy het Jesus gevra om jou 'n soet dogtertjie te maak en wanneer jy soet is, maak jy Mammie en Pappie se harte bly en dan slaan hulle ons mos nie."

"Nee," het Margaret geantwoord.

"Goeienag," het Donald gesê.

"Goeienag, Donald, ek is so bly alles is nou weer reg. Dankie hoor," het Margaret gesê.

Toe was daar stilte en Mammie het saggies die trap afgegaan met trane in haar oë en blydskap in haar hart. Dit was vir haar 'n baie groot troos om te weet dat haar kinders reeds 'n vriend in Jesus gevind het.

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?