My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Pieter Pieterse Skedelkuskos

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Skedelkuskos deur Pieter Pieterse

'n Gelukkie by die ongeluk

Daar kom 'n dag dat dit vir jou voel 'die liewe sil newwe ewwe gain wee' sy gatkant yt djou gesig yt wegvattie', soos Hamiet gesê het. Hamiet is die een wat die staandakkaravaar vir 'menie' Siljie' kom opslaan het van wie ek in Baai Baai Tietiesbaai vertel het, en hy het oor die liefde gepraat - nooit daaraan gedink hoe dit vir 'n hengelaar ook soms kan voel of 'die liewe newwe ewwe gain wee' sy gatkant yt djou gesig yt sil wegvattie'.

"Die uiteindes van die aarde," sug die een wat agter die stuur uitklim beswaard toe die bakkie langs die Spookhuis op Torrabaai stilhou.

"Ag, jaaa ... Maak vir my oop," sug die een wat aan die ander kant sit.

En hulle begin ruk aan die deur. Die een van binnekant af, die ander een van buitekant af. En die deur gaan oop.

"Iets fout met die deur," sug die een wat aan die ander kant gesit het toe ons hom ophelp uit die sand uit. "Van Wyngaardt is die van."

"Van Wyngaardt," sê die een wat agter die stuur uitgeklim het ook.

"Wentzel," sê die ou oompie wat onder die kanoppie van die bakkie uitgesukkel kom. "Waar is die kleinhuisie?"

"Die toilette ... e ... het nie hulle dingesse in nie ... e ... hulle werk nie," beduie ek vir hom.

"Waar is 'n plek ... 'n plek, jy weet?" Hy kyk hulpbehoewend oor die kaal woestynvlaktes van die Namib waar jy kan sien wat maak 'n ander ou, al gaan maak hy dit ook wáár. 

Dis nie mense dié wat ken van plekke waar daar nie plekke is nie, besef ek en ek kyk 'n vinnige kyk na die Ingilsman. Sy weet ook. Ek begin vir die oompie verduidelik van die doen-dit-self-prosedures hier rond, maar ek sien sommer aan daardie ver kyk in sy oë hy gaan dit nie maak nie. Haastiglik beduie ek hom  na ons eie buiteplek toe wat ons die 'buiteverkope' gedoop het en wat ons self moet beman. Hy aanvaar die aanbod met dank.

"Bietjie probleme gehad. Was ses dae op die pad. Van Johannesburg af. Twee drivingshafts moeg, twee wheelbearings m oeg, ek dink hy's off-centre," sê die een wat agter die stuur was, die een wat 'n bietjie meer ghrieskolle op hom het as die ander twee. "Hoe byt die vis?"

"Nie sleg nie. Baie kabeljou en galjoen."

"Kabeljou en galjoen..." Hy kry daardie snaakse trek in sy oë wat 'n hengelaar gewoonlik kry as hy hoor van vis. "Dan moet ons maar gaan afpak."

"Seker twee broers," sê die Ingilsman te ons die een Van Wyngaardt agternakyk. Hy wil nie weer in die bakkie klim nie. Hy loop. En dit nogal met so 'n snaakse waggelbeweging, asof hy sy voete so half n a die buitekant toe uitswaai as hy hulle vorentoe bring. Eeers da ons hy het hom so bliknêrs geval, die slag toe die deur oopgaan, maar toe besef ons hy is maar sommer vanself so. Die ander een ry met die bruin vierwieltrekbakkie om na die geboutjie toe waar die betonblokke vir die boere van die binneland se tente gegooi is.

In Desember staan Torrabaai tóé van die Suidwesboere se rygoed en hulle visgoed. Dis net tente en lorries en vierwieltrekbakkies en kragopwekkers vir die vrieskaste en drade vol vis waar jy kyk.  Dit drink en dit vang vis en dit dans, elke ou hou sommer elke aand sy eie dans met sy eie orkes op sy eie bokseil voor sy eie tent. Hulle k om meestal in groot groepe.

"Kyk, die bure is almal hier," hoor jy kort-kort iemand skreeu.

Eers is dit snaaks. Later nie. Want dan vind jy uit jy is ook ' n buurman, maak nie saak waar jy bly of waar jy vandaan kom nie. Jy vind ook uit hier sien 'n boer sy buurman, wat tagtig of honderd kilometer grondpad van hom af bly, dikwels baie meer as wat die manne in die stad hulle bure in die huis langsaan te siene kry.

En hulle weet beslis meer van hom af.

Die geboutjie waarheen die bruin bakkie op pad is, lê aan die onderpunt van Bulstraat. See se kant van Bulstraat lê Strandstraat en aan die pad se kant van hom kry hy Koeistraat. Versstraat is die een wat nog in 'n paar manne se koppe in 'n beplanningstadium is. Bulstraat het sy naam in die jare gekry toe manne nog manne was en die vrouens trots daarop - toe hulle nog hande-viervoet gestaan en mekaar met die koppe by 'n skottel wyn weggestoot het.

Dié geboutjie, so aan die onderpunt van Bulstraat, is vakansietyd die winkel waar jy aas en hoeke en die noodsaaklikste grocerie'tjies soos Cane en Kellerprinz en miskien 'n botteltjie Old Brown, wat hier rond ook as 'oubie' bekend staan, kan koop en waar die hoofman oor honderd vir die tyd kom bly. Hy is een van die Natuurbewaringsmanne wat van Etosha af optrek om te kom help. As Desember eers verby is, word dit sommer  net 'n geboutjie wat verlate hier in die middel van die woestyn staan en niks doen nie. Maar ons noem hom nog 'die winkel'.

Dis hoe Torrabaai se toilette ook werk.

"Ja, seker twee broers," sê ek. "Daardie vreeslike ding daar op die sleepwa is 'n vrieskas met 'n kragopwekker." Dis een van hierdie allerverskriklikste 'minus forty'-goed op wiele. Nie van dié met die ses en dertig maande paaiemente nie. Ten minste hier in die omgewing van twee en sewentig maande, soos dit vir my lyk, so oor die afstand.

"Dis 'n groot ding," sê die Ingilsman.

"Hulle kan hom vol maak. As hulle lank genoeg bly. En as hulle gelukkig is..."

*** *** ***

Torrabaai ís nie naby nie. Hy lê wyd. Dis diep in die Skedelkuspark, 'n stuk of ses honderd kilometer van Windhoek af - drie honderd kilometer woestynpad noord van Swakopmund. Die drie manne van Johannsburg af is van die eerste besoekers wat in die alleentyd hier uitkom.

Tradisioneel is Torrabaai die boere van die binneland, van Outjo en Kamanjab en Khorixas, se vakansieplek. Baie van hulle pak al dertig jaar elke Desember sonder uitsondering die woestynpad aan - drie honderd, vier honderd, vyf honderd kilometer grondpad en woestynpad ver - om hier hulle jaarlikse vakansie te kom hou. Vroeër jare het hulle met alle denkbare rygoed gekom wat gereeld in die padlose wêreld vasgeval het. Vandag kom hulle met hulle 'fo baai fô's' en hulle groot beestrokke wat spesiaal vir die okkasie afgespuit en dettol gegooi word. Toe die Skedelkus in 1971 'n park onder die beheer van Suidwes se Natuurbewaring word, het die boere die vergunning gekry om Torrabaai steeds as vakansieplek te gebruik.

Destyds moes hulle alles self saambring - slaggoed wat in die rivierlope opgepas is, slaghoenders, water, brandstof. As jy nie meer in die môre 'n haan langs die see hoor kraai nie, sê hulle, het jy sommer geweet - Desember is nou amper verby. Vandag voorsien die 'beepee' brandstof en Möwebaai se watertenkvragmotor word hiernatoe oorgeplaas om water van die pompstasie af op die wal van die Uniab aan te ry. Ja, dan kan jy selfs water kry - teen vyf sent per liter en vyftig sent per stort per persoon. Saamstort is nie toelaatbaar nie. Pa en ma bly te lank weg. Die kinders kry te koud buite in die wind en die mense wat in die tou staan en wag, maak naderhand allerhande Suidwes-georiënteerde aanmerkings.

Wat ook toelaatbaar is nie.

Maar teen die middel van Januarie maak alles toe en alles word weggevat - water, brandstof, die tente, die winkel - almal gee pad en dit word maar net weer woestyn...*

(*Van 1988 af is water en brandstof reg deur die jaar by Myl 77 en Myl 108 beskikbaar)

Van Tietiesbaai af - waar Die Spookhuis drie jaar lank tussen die grys klippe van die Kaapse Weskus gestaan het, waar ek en die Ingilsman mekaar ontmoet en waar ons ook getroud is - is ons eers Transvaal toe. In die Hans Hoheisen Wildtuin, wat vroeër deel van die Timbavati was, digby die Orpenhek van die Krugerwildtuin, het die karavaantjie vyf maande lank onder 'n reuse-huilboerboon gestaan, tot die ongenadige somerhitte van die Oos-Transvaalse Laeveld ons daar uitgejaag het - na die ou boom skielik op 'n dag al sy blare op een hoop op ons afgegooi het. Ons het besef - dis die tyd van afskeid. Floors en Flossie, wat so 'n lang pad saam met ons geloop het, sal by Madi moet bly.

Teen die einde van die jaar het ons opgepak en agt dae noordwes getrek - tot waar die woestyn sagter word en waar die misdynsig uit die see opstaan om koelneus aan jou te kom vat asof hy vir jou wil sê: 'Ek hou van jou.'

*** *** ***

Toe die Johannesburgers se tent staan, hoor ons daar trek iemand aan die kragopwekker. En hy loop. En hy loop die hele dag en die hele nag en die hele volgende dag en nog 'n nag en 'n dag. Toe sit hulle hom af. Want toe is daar nog nie 'n graatjie om in hom te bêre nie.

Die geheim van die voete wat so uitswaai, word vinnig opgeklaar. Donkervroeg, wanneer die ander twee besig is met maak en aas maak, en laataand wanneer hulle aan die masjiene werk, sien jy die boetie met die voete met een van hierdie metaalverklikkerkontrêpsies wat met batterye werk en wat so 'n skreeugeluid in jou ore maak as jy sy kop oor metaal vee. Al om die winkel. In die dik sand. En hy loop met daardie swaaistap. Soos hy hom nou na links, dan weer na regs swaai, so swaai sy voete. As die kontrêpsie na links swaai, swaai die regtervoet vorentoe, dan swaai die kontrêpsie weer na regs... Asof hy al baie duisende kilometers agter daardie ding aangeloop het.

Die hele dag sien jy hulle op en af langs die strand verbykom met boetie met die wye voete wat agterop die buffer staan en vasklou - diékant toe waar hulle 'n gooi binne-in die seebamboes in gaan maak, anderkant toe waar hulle 'n gooi binne-in die klippe in gaan maak. Die bruin bakkie lyk soos 'n rietbos soos die stokke op homs taan. Alles splinternuwe goed. Die katrolle is van hierdie koffiemeulgeneukies wat hulle gewoonlik gebruik om babers in die Jukskeirivier daar langs Johannesburg te vang. Een van die stokke het so 'n stomperige punt, asof die ou wat hom gemaak het nie genoeg glasvesel gehad het nie.

"Het julle darem water saamgebring?" vra ek toe die een met die meeste ghrieskolle die vierde dag kom hoor waar is die visvangplekke. Hy lyk nie meer so vuil nie. Dis net sy hande wat so vol olie is. Vars olie.

"Genoeg vir koffie. En om pap te maak. En om te drink." Hy het nie die ghrieskolle afgewás nie, besef ek. Hulle het maar net afgeskuur, so in die loop van sy daaglikse hengelverpligtinge en sy gewerskaf aan die masjiene. Hy is 'n bedrywige man. "Bietjie moeilikheid met die djeneryter gehad," sê hy toe  hy sien ek kyk na sy h ande. "As ons net bietjie petrol kan kry."

"Myl 108. Terug op die pad. Suid, soos julle gekom het. Dis honderd en vyftig kilometer." Terracebaai, waar ons naaste bure is, lê vyftig kilometer noord. Daar is ook petrol, maar jy moet 'n permit hê om soontoe te gaan. "Hoe lank bly julle?"

"Ons het bespreek vir drie weke, maar daardie man daar by die hek het gesê twee weke is genoeg, ons sal nie langer kan uithou nie."

Ja, Rudi ken die woestyn. En hy ken mense. Hy is by die mond van die Ugabrivier, waar die ingang van die park is, gestasioneer. Dis honderd en tien kilometer suid van ons. "Die soort katrolle... Hulle vang nie 'n bietjie moeilik nie?"

"Dodelik. Ek het súlke karps gevang in die Bloemhodam. Dis net die stok wat bietjie sukkel. Ek het hom op die dak gehad, toe ry ek agteruit. In die winkel vas. Vergeet van die punt wat agter verbysteek. Maar ek het hom gelas. As meneer dalk een of ander tyd Terracebaai toe gaan en jy kan vir ons 'n kan saamvat vir petrol..."

Die boetie met die wye voete kom moeisaam oorgestap van die tent se kant af. Sy arm is in 'n handdoek wat hy soos 'n hangverband om sy nek dra en oor sy oog het hy 'n lap wat agter sy kop vasgemaak is.

"Van die lorrie afgeval," verduidelik hy en wys pynlik na die elmboog. 

"Ek het deur 'n gat gery,"sê die een met die ghrieskolle.

"Daar is druppels wat ek gesien het daar in ons medisynesak."

Die Ingilsman gaan haal vir hom iets vir sy oog uit die eerstehulpsak wat Koekie nog daardie tyd op Tietiesbaai saam met die groen-en-wit tou vir my gegee het. Die medisynesak is ook so 'n groen-en-wit ene...*

(*Die verhaal van Koekie se onwettige groen-en-wit vloottoerusting is opgeneem in die werfjoernaal Baai baai Tietiesbaai onder die titel "Doekie en haar Koekie".

"Dis maar die seelug. Seker koue gevat."

"Is daar nie dalk iets vir die voete ook nie?" Dis die ou oompie. Hy kom van hulle toilet se kant af aangeskuifel. Hulle het intussen vir hulle 'n emmer, of wat hier rond ook as 'n 'pot' bekend staan, uit die winkel gaan haal en onder die bankie van die kleinhuisie naaste aan hulle kampplek ingeskuif. Sy voete staan dik toegedraai van die klompe pare kouse wat hy oormekaar aanhet. Sy skoene moes hy oopsny om hulle aan te kry. "En sommer iets vir die krampe ook, asseblief..." Hy hou sy een hand oor sy maag. Met sy ander hand hou hy sy broek op. Daar is 'n smartlike uitdrukking in sy oë.

"Die son het hom gebrand, Hy was een en veertig jaar lank 'n treindrywer. Eerste maal in sy lewe dat hy vakansie vat. Nog nooit kaalvoet geloop nie. Wil jy sien hoe lyk dit?" Die een met die ghrieskolle wil net kouse uittrek.

"Die kouse het bietjie vasgegroei," keer die oompie.

"Moet julle hom nie by 'n dokter kry nie?" ondersteun ek hom.

"Die vis kan dalk begin byt," verweer die een met die ghrieskolle.

"Ja. Nee, dis waar, die vis kan dalk begin byt. Ons kan nie ry nie," sluit die oompie die aangeleentheid af.

Die een met die ghrieskolle staan stip na my en die Ingilsman se stokke en kyk wat voor die karavaan staan. "As jy net kan help met die petrol en vir ons wys waar is die visvangplekke. En hoe om die aas aan e sit."

Dié dag vang hulle een en dertig dassie. Die jakkalse vreet al een en dertig op. Al wat nog aan een van die drade rondwaai waar die vis vir die nag uitgehang was om af te droog, is een stert met nog so 'n stuk van die dassie se kol wat effens wys. Die dag daarna vang hulle vier kabeljoue, maar met die petrolmoeilikheid wil hulle nie die vrieskas aan die gang kry nie. Nie vir net vier visse nie.Hulle meen om hulle maar solank so 'n bietjie droog te maak vir die dag. Wat hulle styf toemaak. Vir die jakkalse.

Die aand is die vier kabeljoue vrot. Van die hitte.

Hulle vang nog vier kabeljoue en hang hulle aan 'n stellasie wat lyk soos Haman se galg wat oor die tent staan. Dis nou vir die jakkalse en om 'n bietjie wind te kry om nie sleg te word nie. Die kraaie vreet al vier die kabeljoue op en toe die wind opkom, val die stellasie 'n gat in die tent waar die kraai inkom. Hulle pik die pak stukkend waarin hulle meel is.

Die volgende dag gaan vang hulle nie vis nie. Hulle wag van vroegoggend af vir die kraaie en die jakkalse, elkeen met 'n rek wat hy vir hom gemaak het en 'n mooi hoop ronde Torrabaaiklippe langs hulle. Maar 'n woestynjakkals en 'n woestynkraai laat hom nie vang nie. Nie van 'n Transvaler nie. Hulle kom nie náby die Johannesburgers se kampplek nie. Hulle sit doer in die koppe op die klippe en wag en dis al vir my of ek eenkeer duidelik een van die kraaie hoor giggel. so half gedemp, asof hy sy poot langs sy bek hou...

Die aand kom vra die een met die meeste ghrieskolle 'n bietjie meel om pap te maak. Hy lyk gedaan. Die son het hulle drooggebrand in die bedompige tent waar hulle die hele dag vir die jakkalse en kraaie gesit en wag het.

"En 'n stukkie lyn om op my katrol te sit. Die pylsterte en die haaie het alles van die koffiemeulens afgehardloop. En miskien 'n paar gewigte... Ons het al ons gewigte daar in die klippe afgegooi..."

Maar toe kan hulle ook nie die gewigte en die lyn gebruik nie, want vroegoggend ry hulle met hoogwater in die dik sand en val vas. Vierwieltrek en al. Toe ons die aand die petrol vir hulle bring, sit hulle nog nie die kragopwekker aan die gang nie, want daar is nog steeds niks om in die vrieskas te sit nie. Boetie met die wye voete het darem met sy kontrêpsie 'n ou tiekie op die strand gekry terwyl die ander twee klippe onder die wiele gepak het. Nie 'n 1931-tiekie nie, maar darem 'n tiekie. Wat baie beter is as die hoop bottelproppe wat hy om die winkel opgetel h et.

"Miskien bring ons vir hulle 'n bietjie geluk," sê die Ingilsman toe ons Saterdagoggend douvoordag besuit om vir die dag saam met hulle na die Witstrand toe te gaan wat nou éintlik die kabeljouplek is. Maar dis vyf en twintig kilometer woestynpad in die suid in, soos die boere hierdie wêreld se rigtings aandui.

Ons ry met ons eie Rooiford. En hy is nie 'n vierwieltrek nie. Die laaste paar treë na die strand toe, waar die sand losser word, vra ek die een met die meeste ghrieskolle om vir my spoor te trap met sy vierwieltrek, dan kan ons met ons voertuig agteruitry tot by die water.

En hier kom hy. Agteruit met daardie bruin lorrietjie van hom. En hy hang hier langs die oop deur uit. En hy sien nie ons stokke wat agter by die bak oorsteek nie, want hy sien net kabeljou en steenbras en galjoen. Dis nou dié wat hy nog gáán uitroei. En ons skreeu, maar dit help niks.

"Wat het dan gebeur?" vra hy beswaard toe hy kom kyk wat se slag die was. Hy voel aan my stok se voorste ring wat flenters gery is en krap so tussen die vrot rooiaaskoppe en souserige sardyn rond wat agter op sy bakkie lê. "'n Gelukkie by die ongeluk," sê hy en hou selftevrede 'n nuwe puntogie vir 'n stok en 'n tolletjie gare om dit vas te draai omhoog.

Dié dag vang hulle niks.

Ons ook nie.

Toe is dit al amper twee weke wat ons niks vang as ons saans ná werk 'n vinnige gooi gaan maak vir 'n aandetetjie nie. Vandat hulle op Torrabaai gekom het. Afgesien van die aas is die vrieskassie dol-dolleeg. Die aand by die huis maak ons in stilte 'n gooi onderkant die karavaan. Dis die enigste plek waar hulle spore nog nie lê nie. Ek sit vas. Toe ek wil lyn breek, kom hy skielik los en hier kom hy. Maar swaar. Soos 'n stuk bamboes. In die vlak water sien ek dis ' n seekat. Nie sommer so 'n ene nie. 'n Menéér. Ek gee 'n lang skree en bring hom met 'n boog klippe toe. Die Ingilsman gooi stok neer en hardloop nader.

Ek dag ons soen hom.

*** *** ***

Lank na donker kom sê die een met die meeste ghrieskolle vir ons dat hulle maar die volgende dag wil oppak om te gaan kyk of hulle nie iets kan maak by Myl 108 nie; hulle twee weke wat die man by die hek hulle gegee het, is eintlik nou nog nie heeltemal om nie, maar Myl 108 is darem 'n plek waar hy al vooreen was en alles.

"Toe was ek saam met my pa-hulle," sê hy. "Toe moes ons ook voor die tyd teruggaan om by 'n dokter te kom. My pa het 'n hoek deur sy neus gekry en my ma het in 'n baber getrap. Langs die pad gooi my pa nog nie sleepwa met die diepvries ook om en toe word al die vis sleg. Meneer het nie dalk 'n klompie van die ou kouse wat meneer nie meer gebruik nie, dit lyk nou of die ou oompie se voete al slegter word, hy wou ook kom groet, maar hy sukkel om te loop en die aandlug is nie so goed vir my broer se oog nie..."

Vroegoggend staan ek en die Ingilsman die bruin bakkie en agternakyk. Ek voel aan my stok se punt en ek dag - 'n gelukkie by die ongeluk...

Dieselfde dag begin die vis weer byt.

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Konka Kuiers op RKK

GRATIS
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Hennie Aucamp

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >