My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters Pretoria
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

'n Gekrap in die nag

Dit het gebeur in Augustus 1939. Dit is omtrent 'n Moeder en haar drie kinders.  Hulle het by hulle oupa ingewoon, en hulle was baie arm.

Die oupa was nie eintlik godsdienstig nie, maar die Moeder en die drie meisies het almal die Here Jesus liefgehad.

Die Moeder wou baie graag haar drie dogters na 'n kampvergadering neem waar hulle meer van Jesus kon leer; maar sy het nie geld gehad vir die treinreis en die verblyfkoste by die kampvergadering nie. Oupa het gelag oor hulle plan.
"Ek sal julle aanraai om die idee op te gee," het hy gesê. "Julle het nie die geld nie, en dis die einde van die saak."
Maar Moeder het nie die idee opgegee nie. Sy het gebid, en die drie meisies het ook gebid en Jesus gevra om hulle te help en die geld te voorsien sodat hulle na die kampvergadering kon gaan.
Eindelik het die laaste aand aangebreek. Daar was nog geen geld nie, en dit het gelyk dat hulle die plan sal moet opgee.

"Dit help nie om julle daaroor te verknies nie," het oupa gesê. "Julle kan nie gaan nie; vergeet dit maar. En as God wil hê dat hulle moet gaan, waarom sorg Hy nie vir die geld nie?"
Moeder en die drie meisies het weer gebid, toe het hulle bed toe gegaan, en hulle was gou aan die slaap.

Die ure het verbygegaan. As iets gaan gebeur, dan moet dit nou gou gebeur, of hulle sal nie in die oggend kan vertrek soos hulle in die stilligheid gehoop het nie.

Wel, iets het gebeur.
Omtrent halfvier daardie oggend het Doris wakkergeskrik. Sy het orent gekom, want sy het iets gehoor.

Daar was 'n snaakse gekrap buite aan die voordeur.
Dit het ook haar susters wakker gemaak.

Ook Moeder het dit gehoor, en sy was 'n bietjie bang. Sy het haar ore gespits om te luister. Hulel het nog die gekrap gehoor, nou baie harder.
Dors het opgestaan en versigtig deur se kant toe gestaan. Sy het die deur oopgemaak en die donkerte ingestaar.Twee katte was besig om aan die gaasdeur te krap! Doris het die gaasdeur oopgestoot, en tot haar verbasing het sy twee pakkette daar sien lê.
"Moeder, kom kyk wat lê hier," het sy geroep. "Hier lê iets voor die deur."
Moeder het opgestaan om te gaan kyk, en toe het hulle nie net die twee pakkette gekry nie, maar ook vier koeverte.

Opgewonde het hulle die pakkette en die koeverte oopgemaak. In die een pakket het hulle kos gevind vir die treinreis, baie mooi ingepak; en in die ander een was ook die voedsel wat hulle sou nodig hê. In die vier koeverte was geld vir elkeen van hulle.
Hulle was nou so helder wakker en opgewonde dat hulle glad nie meer kon slaap nie. En hoe verbaas was oupa nie toe hulle hom aan die ontbyt tafel vertel wat gebeur het!
Maar wie het die pakkette gestuur? Niemand weet nie. In een van die pakkette was 'n ongetekende briefie - ek het daardie briefie - wat soos volg gelui het:
"Van 'n vriend wat julle 'n voorspoedige reis toewens, en 'n geseënde tyd by die kamp. Mag God julle bewaar en julle weer veilig tuisbring - dit is my bede vir julle!"
Die vraag is nou wie daardie briefie geskryf het? Iemand met 'n teer hart, dit is seker - een van daardie liewe kinders van die Here wat Hy af en toe gebruik om die gebede van Sy kinders te verhoor.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519

"Dan sal ek jou vertel," het Moeder gesê. "Dit is omdat hulle lewe. Die water kan alleen dooie dinge in klip verander; dit het geen krag oor lewende dinge nie."

"Maar wat het dit met my te maak?"

"Alles. Daardie water is 'n beeld van die invloed van die seuns by die skool. Jy kan nie help dat die water oor jou spoel nie, maar jy kan verhoed dat dit jou kwaad doen en jou hart in 'n klip verander."

"Ek sien nie hoe ek kan nie," het Dick gesê.

"Jy kan dit verhoed deur jou hart lewendig te hou," het Moeder gesê. "Net soos daardie plante, moet jy in aanraking bly met die Bron van die lewe, of iets binne-in jou sal net so verhard word soos die ander."

Dick was nou stil, want hy was besig om te dink. "En jy weet net so goed soos ek wie die Lewensbron is," het Moeder gesê. "Dit is Jesus. Alleen as ons in aanraking met Hom bly deur gebed en Bybelstudie, en te luister na die preke in die kerk, sal ons lewe van Hom ontvang om ons leë harte lewendig te hou."

Moeder het vir 'n hele uur in hierdie trant gepraat, en toe het Dick weer uit die bed geklim.

"Ek dink ek sal darem maar bid," het hy gesê. "Moeder is heeltemal reg."

< >