My Volk +(Die Trekpad van 'n Nasie) ENKEL OUER KAMPE
Vertellers Die Groot Verhaalboek My tante wat in Chelsea woon

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon



Female and male libido boosters
Vertellers Die Groot Verhaalboek

My tante wat in Chelsea woon

Ek het daardie jaar neëntien geword, 'n voortvarende fantas, uitgelewer aan emosies wat ek skaars kon peil, wat nog te sê tem. In sekere sin was ek die prooi van my jeug. Ek wou ondervindings en sensasies versamel soos jy seëls bymekaarmaak. Elke ondervinding moes groot, diep en blywend wees. Per definisie: ondervindings op bestelling. Ek het nie geweet dat ondervindings hulle nie laat reël nie. En ek het ook nie kon vermoed dat "groot" ondervindings meestal met die "klein", alledaagse werklikheid skakel nie.

Maar miskien moet ek in billikheid teenoor myself sê dat dit geen gewone jaar was nie. Dit was die jaar toe ek net ná die B.A.-eksamen Europa toe kon gaan, heeltemal op my eie. My ouma se erflating aan my het dit nie alleen moontlik gemaak nie: sy het dit ook as wens in haar testament genoem. Sy het Duitsland as jong meisie verlaat en wou altyd hê dat ek die plekke wat sy as kind geken het, moes besoek. My wyse pa het besluit dat dit vir my die ideale geleentheid was om 'n selfstandigheidsin te ontwikkel en my eie hart te leer ken. Ek kon naamlik glad nie op 'n toekomsrigting besluit nie. Koerantman, kunstenaar, toneelspeler - al dié moontlikhede het my laat duisel en twyfel. Die reis moes dus 'n terapie word. Vir my was dit soveel meer, moes dit soveel meer word. Ek skat die meeste jong mense sou in my omstandighede lewensgulsig geraak het.

Maar dié gulsigheid het my baie stelle laat aftrap. Toe ek in Engeland aankom, was dit reeds winter. Ek wou nie in Londen oorwinter nie, daarvoor was ek te oorgehaal vir die Vasteland. Kennisse het my afgeraai om op my manier - ryloop, jeugherberge, kampeer - die kontinent aan te durf; dit was nie die tyd van die jaar daarvoor nie. Ek het vermetel geglo aan die son en krag in my eie liggaam en het al hul bedenkinge weggelag.

Hierdie lag sou in die daaropvolgende weke telkens hol in my ore weerklink.

Dover in die reën. Boulogne in die reën. Weke van reën. Druilerige weer. 'n Hemel wat afsak tot op die dakke.

Die een brandsiek kamer ná die ander.

In Dover: 'n weeïge kamer wat onbarmhartig deur die bleek môrelig verken word. Eenmaal was dit 'n deftige vertrek, 'n onthaalsaal, dalk nog 'n  balsaal, met kroonlugters, en gordyne van pluisferweel. Maar nou het dit die droewigheid van verwelkte glorie. Vogtige kamers. Kamers sonder gordyne.

Op die koop toe raak ek verkoue. Ek kyk deur bewasemde treinvensters na die verreënde landskap: alles grys, wasig en impressionisties. Die aarde kan die water nie meer hou nie: orals staan plasse. Op landerye boggel die hooimiedens wat Monet so graag geskilder het, nou nie geel nie, maar swart, swaar van die vog, gereed om in die aarde in weg te sak.

Ek voel my uitgesluit. Die weer hou my buite Europa, en ook die mense. In my naïwiteit het ek geglo dat Engels my orals sal kan help.  Op die Franse platteland is dit 'n heidense, onbekende spraak. In Parys praat die ontvangdames by die Gare du Nord dit. Net hulle.

Later voel ek my selfs uitgesluit wanneer 'n jong Duitser in 'n jeugherberg wellustig lê en snork. Snork is so 'n selfsugtige genot. Buite spoel die see aan teen die strand, lispelend, sag, tot dit eindelik, genadiglik, teen my slape aanspoel.

Wanneer het die listige gedagte my vir die eerste keer totaal oorrompel? Dit moet op die trein na Amiens gewees het. 'n Klomp Franse werkers, met blou hemde, rooi gesigte en swart barette, het skuins oorkant my gesit. Een was besig om 'n grap te vertel; die ander het oor die mikke van hul bene geleun en gespanne elke beweging van die spreker gevolg. Die verteller het sy slag geken ... hy het spanning opgebou ... sy storie het die klimaks genader ... toe hef hy sy hande op, soos 'n dirigent...

Dawerende gelag. Die gehoor klap op hul knieë, hul dye; are swel  op voorkop en nek; monde is oopgespalk; sweet breek op gesigte uit. Eindelik sak hulle terug teen die bankleunings, uitgeput ná die inspanning.

Omdat ek die grap nie verstaan nie, raak dit op 'n onredelike wyse 'n grap ten koste van my. En ek besluit: dit ís geen weer vir reis nie, dit ís geen land vir reis nie. Ek wil terug Londen toe waar die mense tee drink en waar ek in 'n huurkamer 'n soort primitiewe huislikheid kan inrig. Maar om om te draai gaan ook erkenning beteken: ek het in my oormoed ponde en ponde in die water gegooi. Die duur van my verblyf in die vreemde hang af van hoe verstandig ek met my erfgeld werk. Leef ek versigtig, kan dit 'n jaar word, langer nie. En koppig byt ek op my tande: Kontinent, hier kom ek, verkoue en gebroke, maar ek kom; my ondervindings wil ek hê, katedrale en konserte, tuine en paleise, en as daar tyd voor oorbly, miskien ook die liefde.

Amiens word op meer as een manier die keerpunt van my reis. Dis hier dat ek finaal deur 'n katedraal verneder word. En dis hier waar ek Nancy Wrotham ontmoet.

'n Enkele reël in 'n reisgids het my na Amiens gevoer: "The Cathedral of Notre Dame is die most representative example of French Gothic..." Dit móét, het ek my voorgeneem, en die sin aangestreep - duidelik 'n ondervinding vir die esoteriese groep. Esoteries was toe my gunsteling modewoord; ek het dit te pas, maar meestal te onpas gebruik. Dit duik soos 'n leitmotiv in my briewe en dagboek van destyds op.

Ná my aankoms in Amiens het ek my rugsak in die stasiebewaarkamer gelaat. Ondervinding het my geleer dat jeugherberge tot vyfuur, halfses die middag toe bly. Intussen kon ek die katedraal bywerk.

Maar weer sou dit wees soos met die Notre Dame in Parys, of die katedraal van Chartres; net erger, veel erger. Die groot ondervindings laat hulle nie soos visnette inhaal nie. 'n Groot ondervinding gebeur net in 'n groot gees. Die Notre Dame in Amiens het 'n reeks vernederings verseël. Dit het my verpletter. Ek wou huil, maar nie van ontroering nie: ook hiervoor was ek te klein. Van onmag. Ek het na gebrandskilderde vensters gekyk tot my oë daarvan begin brand het. Die kriptoneel: 'n purper donkie en 'n geel bees. Soos Chagall of Rouault, het ek desperaat gedink, so "diepte" aan my ervaring probeer gee. Maar 'n belewenis wou dit nie word nie. Daardie katedraal met sy winterse ongetooidheid en smeulende vensters het vreemd en onverskillig teenoor my gebly' dit wou geen toegewings maak nie. Ek het letterlik uit die gebou gevlug, met my sterkste herinnering dié aan kersvlammetjies in 'n sykapel wat al eenkant toe, eenkant toe beur in 'n tog, en iewers naby die hoogaltaar die sielige gezoem van 'n vloerpoleerder.

Buite die katedraal het ek verydeld staan en kyk hoe 'n leë emmer in reën en wind om en om rol op matglimmende leiklipstene. Toe duik ek weg in die kraag van my baadjie en stap stasie toe.

Op pad na die jeugherberg het die gehawendheid van Amiens my bedruktheid vererger. Orals die tekens van oorlogsverwoesting. Groteske geraamtes van geboue. Blinde vensters. Waar eens 'n bed of tafel was, en rose in 'n kruik, het nou die onkruid oorgeneem. So ver ek stap, teen die motreën in, die sak 'n dooie gewig op my rug, kom die gezoem van die poleerder na my terug; die tergende, slopende geluid van 'n blikemmer wat op die keistene rol.

Ouder gewoonte word dit 'n lang soektog voor ek uiteindelik by die jeugherberg aanland. Dit is die bewoonbare gedeelte van 'n groot, formele gebou wat in die oorlog lelik onder grofgeskut deurgeloop het. Die opsigter wag my in of ek sy prooi is. Barbarossa, doop ek hom onmiddellik: hy het rooi hare, 'n perdegebit en groot hande met vuil naels. Die groot hande ontvang gierig my geld.

Ons is in 'n saal van 'n vertrek - kombuis en eetkamer. Vuil, ruglose houtbanke teen die mure. 'n Soort altaar met vyf of wat gasstofies daarop. Een lig in die hele vertrek: 'n skermlose gloeilampie wat aan 'n lang tou van die dak af hang. In die verste hoek van die vertrek is 'n meisie besig om iets in haar rugsak te soek; of liewer, sy het gesoek toe ek binnekom, maar terwyl ek met handgebare iets aan Barbarosse probeer verduidelik, staan sy op en kom stadig nader. 

"Engelssprekend?" vra sy op 'n gegewe oomblik, sommer so teen Barbarossa se rede in. Hy begluur haar, maar wanneer hy begryp dat sy wil tolk, glimlag hy sy geel tande bloot. Sy asem ruik na knoffel.

Die opsigter wil my glo net die slaapkamer gaan wys. Nee, nee, die rugsak mag nie saam nie: Mon Dieu, wat 'n gedagte! Agter sy rug trek die meisie Nancy skewemond vir Barbarossa. Dadelik is daar 'n band tussen ons.

Wanneer ek terugkom, staan sy my en inwag.

"Ek is Nancy Wrotham," stel sy haar voor. "Dis wonderlik om weer Engels te hoor."

Die twee, drie dae dat ek saam met Nancy was, was sy nie vir my lelik nie. Sy was amper vir my mooi, omdat sy in daardie stadium so 'n dringende behoefte by my was: 'n mens tot wie ek kon deurdring. Sy was die eerste mens om my na my "ballingskap" te verwelkom.

In terugblik besef ek maar alte duidelik dat sy nie mooi was nie. Ek is oud genoeg om dié bekentenis te maak: my vriende het tog nooit geglo aan die asembenemende skoonheid wat ek in Amiens ontmoet het nie. Sy was klein; dit was die koddige omtrent haar. Maar nie petite nie; dit was nie die soort kleinheid wat mans beskermend teenoor 'n meisie laat optree nie. Dit was 'n kleinheid wat amper grotesk is, al of die natuur haar as dwerg bestem het, maar op die laaste oomblik van plan verander het. Iets van die oorspronklike bedoeling skemer tog deur in die eindproduk: in die verhouding tussen die ledemate en die liggaam; tussen kop en liggaam. Of miskien was dit haar nar-agtige optrede wat 'n mens aan 'n dwerg laat dink het?

"Jy het 'n nare verkoue," was een van die eerste dinge wat sy gesê het.

"Dit sal verbygaan," het ek met bravade geantwoord.

"O nee, nie in dié weer nie. Kom, ek het iets in my rugsak." Sy haal tablette uit die flap van haar sak, toevallig dieselfde soort waarmee ek my dokter. Maar ek sê niks nie, aanvaar dit met groot dankbaarheid.

"Kom ons maak 'n groot ete, toe, wyn, sop en die lot!" stel sy voor.

By die kafeetjie op die hoek gaan koop ons Gruyère-kaas, 'n regte Franse fluitbrood en 'n bottel wyn. En wanneer ons 'n ruk later op koerantpapier by 'n smerige tafel sit en eet, begin ek voel dat ek vir die eerste keer "die lewe" ervaar. Omdat ek nie gewoond is aan wyn nie, raak ek gou spraaksaam, by tye selfs geestig. Nancy lag histeries oor my grappe, ook oor die minderes. Die opsigter kyk ons  misprysend aan. Nancy bied hom brood en wyn as soenoffer aan, wat hy maar alte geredelik aanvaar. Terwyl die klimaat gunstig is, vra hy sommer of ons sy koffie ekstra sterk kan maak. Ons begin giggel: daar is vir hom hoegenaamd geen aanduiding dat ons wél koffie gaan maak nie. Maar om sy goeie gesindheid te behou, knik ons nadruklik met die koppe, já, ja seker.

Was ek alleen met hierdie man in hierdie kamer, sou ek ondergegaan het aan die bedruktheid. Hy sou vir my iets boos geword het, 'n verskrikking. Want die eensaamheid maak jou agterdogtig. En agterdog wek agterdog. Vir die eerste keer in my lewe besef ek dat 'n mens aan die alleenheid kan ondergaan. Nou is Barbarossa vir my 'n bejammerenswaardige skepsel, 'n mens wat sekerlik nie veel verdien nie en dikwels honger moet wees. Dankbaar lê ek my hand op Nancy s'n. Sy verstaan onmiddellik die gebaar.

"Hoekom reis jy dié tyd van die jaar?"

Ek kan nie 'n bevredigende antwoord bedink nie, kyk byna skuldig weg, tot dit my byval dat haar posisie presies dieselfde as myne is.

"En jy?" Ek klink byna beskuldigend.

"Ag, jy weet hoe dit is. Die dinge raak skielik vir jou te veel. Jy moet wegkom, dat jy perspektief kan kry..."

Ek luister byna asemloos - sy formuleer so mooi.

"Maar nou ja ..." Sy trek haar skouers op, tik met 'n teelepel op die tafel. "My tante was tog reg..." Sy bly 'n lang ruk stil, asof sy oor iets nadink, duidelikheid oor 'n probleem wil kry.

"Jou tante...?" vra ek toe.

Sy kyk op, byna of sy verras is om my nog daar te sien.

"My tante, ja ... my tante wat in Chelsea woon."

"Daardie mooi buurt in Londen, die kunstenaarsbuurt?" Ek wil darem nie oningelig klink nie.

"Ja," glimlag Nancy, "want sien, my tante is 'n kunstenaar. Sy is 'n groot aktrise."

Ek voel of ek op die rand van die grootste gebeurtenis van my lewe staan. "Wie ... is sy?"

Nancy noem 'n naam: Sarah Cooper.

"Ek moet erken dat ek nog nooit van Sarah Cooper gehoor het nie."

"Jy sou ook nie," sê Nancy meerwarig, "my tante verneder haar nie om in films te speel nie, daarom is haar roem net tot Engeland beperk. "Maar" - Nancy maak haar oë toe en glimlag weer - "dis 'n groot, gevestigde roem. Jy moet haar in die klassieke rolle sien: Medea, lady Macbeth, Hedda Gabler..."

"O, ek moet haar sien!"

Nancy kyk oop 'n raaiselagtige manier na my.

"Maar jy sál haar sien, op die verhoog en ook in die persoon. En meer nog, jy sal haar huis in Chelsea sien."

"Vertel my van die huis in Chelsea, toe, vertel my alles!"

En nou wyk die mure van ons grou asiel al verder weg; die reënnag verdwyn en ons stap hand aan hand met 'n leiklippaadjie na 'n pers voordeur met 'n groot koper-deurklopper.

"My tante is só teatraal, weet jy?"

Terwyl Nancy praat, is dit nie of sy oor bekende dinge praat nie, dis of sy met stygende opwinding die dinge opnut ontdek: die chaise longue, die tapisserieë, die Griekse beelde, die egte Renoir, die kandelabers.

"En die kamer, haar kamer?"

"Wat daarvan?"

"Die gordyne - fluweel, of Regency-strepe?"

"Hoekom vra jy as jy weet?"

"Maar ek wéét nie, ek vra mos!"

"Regency, hoe dink jy dan? My tante is van die verhoog!"

Uiteindelik sit ons uitgeput terug. My koffie het yskoud in my beker geword. Ek skuif dit vieserig weg.

"Jy't netnou iets wou sê... Jy't gesê: 'My tante was tóg reg..."

Nancy lyk afwesig. Sy loop terug op haar spoor. Haar gesig verhelder: "O, ja!"

"Ja?"

"My tante het gesê sy begryp nie die lus om te reis nie. Sy't Shakespeare aangehaal - ken haar Shakespeare soos haar Bybel - wag, ek soek dit..."

Nancy diep 'n smoeselige slapbanduitgawe van As you like it uit haar rugsak. Met die orentkom gooi sy haar haarsliert terug oor haar kop. "Hier ... wag, waar's dit nou, hier: 

"'Rosalind : A traveller: by my faith you have great reason to be sad: I fear you have sold your own lands, to see other men's; then to have seen much, and to have nothing, is to have rich eyes and poor hands.'"

Nancy sit die boek weer weg. "Act 4 scene 1," sê sy. "My tante was reg. Ek gaan môre terug huis toe.

'n Beklemming pak my. Ek wil iets sê: die gesprek het te skielik afgebreek. Met 'n slim opmerking wil ek ongedaan maak wat sy gesê het. Maar ek kan aan niks anders dink om te sê nie as: "Was jy by die katedraal?"

Sy roer haar een skouer, terwyl onderlangs na my kyk. "Ja; maar ek dink 'n mens moet 'n Katoliek wees om dit te waardeer."

Vertellers Die Groot Verhaalboek

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Konka Kuiers op RKK

GRATIS
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Haar opvatting klink vir my te maklik, maar ek aanvaar dit, want dit versag die vernedering van die middag. Ek is dubbel lief vir haar oor hierdie weldaad.

In hierdie stadium sê die opsigter ons aan om te gaan slaap. Nancy wil my soen. "Moenie, ek is verkoue," keer ek lomp.

"Wie sê ek wil nie aansteek nie?" En sy soen my vol op my mond.

*** *** ***

My slaapkamer is die treurigste waarin ek nog geslaap het. Ek mag nie my slaapsak kamer toe neem nie en moet onder growwe, grys komberse inkruip. Buite ratel los sinkplate in die wind. En die dieptes van die gebou huil 'n kind. Tog is ek diep gelukkig: in die aangrensende kamer, met net 'n muur tussen ons, lê Nancy. Sou sy ook aan my dink? Ek bekommer my nie meer daaroor dat sy môre weggaan nie, want ek weet al klaar: waar Nancy gaan, gaan ek.

Die volgende oggend verslaap ek my. Dis die rustigste wat ek nog geslaap het vandat ek op die Kontinent reis. En buite, ja, werklik, is 'n beduidenis van son. Ek moet dit so gou moontlik vir Nancy vertel. Met my toiletsakke in die hand loer ek by die kombuis in. Sy is besig om 'n Engelse ontbyt aan te slaan: eiers, wors en spek in 'n pan. "Ja, ek weet: son," spring sy my voor, "maar jy moet opskud, die ete is amper klaar en ons trein vertrek oor 'n halfuur."

Sy het my verlos van 'n besluit, van 'n morele verantwoordelikheid. Ek gaan terug Londen toe, nie omdat die Kontinent my ingebreek het nie, maar omdat 'n gawe meisie  dit gebied het.

Van Amiens na Boulogne, van Boulogne na Dover.

Ons skip se naam is The Maid of Orleans. Ons sit op dekstoele, komberse oor ons bene. Die see is groen in die verte; nog verder weg, op die horison, purper, soos die vlerk van 'n eksotiese vlinder. Oor alles heers ' n onweershemel, ryk aan atmosfeer en grys skakeringe.

Steeds bly ons bestendige tema: Nancy se tante wat in Chelsea woon.

"Natuurlik is dit in orde: jy trek saam met my by my tante in. Sy hou van jong mense om haar. Dis 'n groot huis. Sy vra dikwels hoekom ek nie 'n vriend of vriendin saambring as ek by haar kom kuier nie..."

"Werklik, Nancy!" My protes klink bra flou. Ek sien al hoe ek van 'n Chelsea-adres af huis toe skryf: 'En glo dit of julle wil of nie, ek is die gas van die beroemde Sarah Cooper. Natuurlik het julle nog nooit van haar gehoor nie..."

Dis op die laaste skof van ons reis, van Dover na Victoria Station, dat Nancy onverklaarbaar stil word, 'n snaakse soort stil, wat na aan hartseer is.

"Hoekom so stil?"

"Sommer; sê maar van opwinding." Nancy kyk na die prentjielandskap van Kent. "Het jy al ooit gesien hoe hop groei?"

Op Victoria Station neem sy my na die bagasiebewaarkamer.

"Maar gaan ons nie...?"

"Natuurlik, liewe ding, maar ons gaan nie op die moltrein sukkel met dié lomp bagasie nie. Tant Sarah se chauffeur kan dit later kom haal." Nancy se vrolikheid het iets opgeskroefs. Sy lyk verdwerg en krampagtig. "Wag jy nou soos 'n soet seun terwyl ek tant Sarah gaan bel. Kry solank die What's On en kyk of sy vanaand speel..."

Ek het 'n uur gewag. Twee uur. Ek het What's On van voor tot agter deurgelees. Nêrens het ek op die naam Sarah Cooper afgekom nie. Ek het my rugsak gaan haal en Earl's Court toe gegaan om 'n kamer vir die wintermaande te loop soek.

*** *** ***

Nou is daardie winter, soos so baie sedertdien, vir altyd verby, en leef dit net in die onvolkome argiewe van die herinnering. Ek dink dikwels aan die meisie Nancy wat my in Amiens en van Amiens na Londen opgebeur het met vertellings oor haar tante, maar my gedagtes aan haar is veel minder as toe sy my vergeefs op Victoria Station laat wag het. Ek dink selfs met vertedering aan Nancy, want ek besef dat haar tante 'n wensvervulling was en dat sy, in billikheid teenoor haarself, nie anders kon opgetree het nie.

Sy het die spel beëindig waar dit moes, en sy't haar amulet behou.

Hennie Aucamp

Vertellers Die Groot Verhaalboek

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >