Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell
My Bede
"Ek vra nie, liewe Heer, dat U
My las moet ligter maak,
Maar dat ek op die smalle weg
U seën steeds mag smaak;
U seën steeds mag smaak."
"Skenk my, wat ook al mag gebeur,
Berusting in my lot;
Help my om kinderlik te sê:
U wil geskied, O God,
U wil geskied, O God."
"As U my lei, sal ek nie vrees
Ten spyte van gevaar;
U wat my lig en lewe is,
Sal ook my siel bewaar;
Sal ook my siel bewaar."