
Muningi Corge Staproete: Inskrywingsvorm
#MakeAdayOfiT AS veiligheid, natuurskoon en bekostigbaarheid drie van jou vereistes is vir 'n STAPROETE naby Pretoria - en jy wil oud en jonk in die familie betrek - dan is die Muningi Corge Staproete BESLIS vir jou! Kom geniet Kultuur Avontuur Kamp se eerste EENDAG STAPROETE slegs 20km van Pretoria!
Daar is 'n 3km staproete - 'n 5km staproete en selfs 'n 8 km staproete. Wil jy 'n dag in 'n VEILIGE, skoon omgewing met besonderse natuurskoon deurbring? Moenie huiwer nie, vul nou jul inskrywingsvorm in ~ slegs 36 plekke is beskikbaar vir 8 Mei 2021. Hierdie keer doen ons die 5km roete!
As almal terug is by die beginpunt, steek ek die vuur aan vir 'n lekker gemeenskaplike braai. Jy bring jou vleis / wors / sosatie / braaibroodjie, en elkeen geniet middagete volgens sy eie begroting. Daarna mag ieder en elk swem in die dam / rivier (baie skoon water). NB! Geen afsonderlike vure mag gemaak word nie! Daar is 'n restaurant wat kitskos, koeldrank en koffie bedien!
Kultuur Avontuur Kamp
Maklike Aanlyn Bespreking
U voltooi die roete op u eie pas! Volgens u fiksheid en vermoëns kies u tussen die drie roetes. Afhangende van die roete, sal daar minstens 2 rivierkruisings wees - met ongelooflike rotsformasies en pragtige uitsig op die roete. En selfs 'n verassing of twee! Geen afsny tye nie - net 'n VEILIGE stapgeleentheid vir u om met u gesin die natuur te geniet!
Bank: Capitec
Takkode: 470010
Rekening: 127 236 2823
Naam en Van as verwysing (sms 079 219 6735)
*Kredietkaart en Paypal betalings welkom!








