My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Kalahari-horing Erection Booster
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Mooi Dinge

Ons hou almal daarvan on na mooi dinge te kyk - en hulle te besit. Mooi dogtertjies, mooi seuntjies, mooi babas en mooi speelgoed! Klein dogtertjies hou van mooi rokkies en mooi poppe. Klein seuntjies hou van rooi motors en stoomlokomotiewe.

Maar het julle al ooit opgemerk dat sommige dinge glad nie so mooi binne is as wat hulle van buite is nie? Daar is 'n baie ou spreekwoord wat lui "dis nie alles goud wat blink nie" - en dis baie waar.

Weet julle, eendag het 'n seuntjie se Pappie vir hom 'n baie mooi stoomlokomotief gegee as Kersgeskenk en die eerste keer toe hy dit opwen, het die veer gebreek. Van buite het dit baie mooi gelyk, maar dit was sleg binnekant. En daardie seuntjie was vreeslik teleurgesteld!

Een keer het 'n Mammie aan haar dogtertjie 'n baie mooi pop gegee en sy was vreeslik in haar skik daarmee. Toe hoe dink julle wat het later gebeur? Wel, terwyl die dogtertjie haar pop gesoen en teen haar vasgedruk het, het die oë uitgeval! En toe was daardie pop so lelik dat die dogtertjie gevoel het dat sy dit nooit weer kon liefhê nie.
As julle oplettend is, sal julle sien dat daar baie dinge is wat van buite mooi lyk, maar wat van binne goedkoop en waardeloos is. 

Soms is dit ook waar van seuntjies en dogtertjies. Hulle Mammies trek vir hulle mooi klere aan en dan lyk hulle so mooi en skoon dat 'n mens sal dink dat hulle engeltjies is wat uit die lug geval het. Maar skielik gebeur daar iets. Hulle maak rusie en daar is so 'n lawaai dat 'n mens sal dink dat hulle glad nie kinders is nie, maar 'n klomp ape uit die bos.

Dis nie net mooi klere en 'n mooi gesig wat mense mooi maak nie. Daar is baie seuntjies en dogtertjies met die lieflikste krulle, wat sommer lelik kan word as hulle nie hul sin kry nie.

Radiostasies in Pretoria

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Training for political parties & councillors

Online Independent Candidate Course

R3499
How to improve your body language skills

Online Body Language Course

R2095
Social Tafeltennis Pretoria

N4 Gateway Tafeltennis Klub Pretoria

R70

Het julle al ooit die storie van Dawid in die Bybel gelees? Wel, toe God na iemand gesoek het om koning te maak oor Israel, was daar baie mooi jongmanne wt graag wou koning wees. Hulle was lank en sterk en sommige van hulle was ook baie mooi aangetrek. Maar hulle het God nie geval nie. Hy het aan Sy profeet Samuel gesê om 'n dapper, eerlike skaapwagterseun daar in die veld te laat haal waar hy sy Pa se skape opgepas het. Die Bybel sê dat hy 'n mooi gesig gehad het en dat hy van binne ook mooi was. Hy het 'n goeie hart gehad.

En God het aan Samuel gesê "Staan op, salf hom, want dit is hy". "Want nie wat die mens sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die Here sien die hart aan.' (1 Sam, 16: 12, 7). Dawid is koning gemaak omdat hy van binne en buite goed was.

Dit is goedheid - nie mooi klere nie - wat mense mooi maak. Die eenvoudigste mense word dikwels baie bemin omdat hulle goeie harte het.

Dit is ook goedheid en nie uiterlike mooiheid nie, wat by God in aanmerking kom. Ons kan nie ons slegte harte vir God verberg deur ons mooi Sabbatklere aan te trek nie. En God sal altyd 'n goeie hart raaksien, al dra die persoon flenterklere.

Wanneer Jesus weer na hierdie aarde toe terugkom - en dit sal nie meer lank wees nie - om Sy kinders te kom haal na hul woning wat Hy vir hulle berei het, sal Hy nie gesteld wees op hoe hulle lyk nie. Wat Hy sal vra, is: Het hierdie kind My lief? Is hy 'n goeie seun? Het hierdie dogtertjie 'n hart van liefde?

As hulle Hom nie liefhet nie, sal Hy hulle agterlaat. Hy sal hulle nie in Sy heerlike koninkryk inneem nie, want hulle sal dit vir almal bederf. Dit is daarom dat die Bybel sê dat Jesus - wanneer Hy weer kom - sy engele sal uitstuur "en hulle sal uit sy koninkryk bymekaarmaak al die struikelblokke en die wat die ongeregtigheid doen en sal hulle gooi in die vuuroond". (Matt. 13:41m 42)

Ons lees nie graag daarvan nie, dit klink nie vir ons mooi nie. Maar dit hoef nie met ons te gebeur nie. Jesus wil ons almal in Sy heerlike wonings hê en Hy het alles gedoen om dit vir ons moontlik te maak. Al wat Hy vra, is dat ons Hom moet liefhê en probeer om net so goed as Hy te wees toe Hy 'n kindjie was.

En dan, wanneer Hy kom, sal ons Hom hoor sê: "Kom, julle geseëndes van my Vader, beërf die koninkryk wat vir julle toeberei is van die grondlegging van die wêreld af. Want Ek het honger gehad en julle het My iets gegee om te eet; Ek het dors gehad en julle het My iets gegee om te drink; Ek was 'n vreemdeling en julle het My herberg gegee; Ek was  nakend en julle het My geklee; Ek was siek en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek en julle het na My gekom."

Dan sal die regverdiges Hom antwoord en sê "Here, wanneer het ons U honger gesien en gevoed; of dors en iets gegee om te drink? En wanneer het ons U 'n vreemdeling gesien en herberg gegee; of nakend en geklee? En wanneer het ons U siek gesien of in die gevangenis en na U gekom?" En die Koning sal antwoord en vir hulle sê: "Voorwaar ek sê vir julle, vir sover julle dit gedoen het aan een van die geringstes van hierdie broerders van My, het julle dit aan My gedoen." (Matt. 25:34-40)

Dit is God se idee van goedheid. Dit is die soort skoonheid wat Hy liefhet. Dit is die mooi dinge wat Hy wil hê dat ons moet doen. Diegene wat dit doen, sal Hy neem na daardie heerlike land van vrede, vreugde en geluk waar die lelike dinge nooit sal inkom.

Laat ons besluit dat ons daarheen wil gaan en dat ons gereed sal wees wanneer Jesus kom.

< >
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?