My Volk+ (Die Trekpad van 'n Nasie) ADULT PHARMA 
Oom Attie se slaaptyd stories

Adult Pharma

MALE (and FEMALE) LIBIDO BOOSTER
We offer fast, secure and reliable ordering with your complete privacy. We will go the extra mile for each and every customer. Money Back Guarantee. Express Delivery. Safe Payments.
Community-verified icon


Female and Male Libido Boosters
Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Moeder se Present

Frank kon nie eintlik tot 'n besluit geraak nie. Binnekort sou daar twee verjaarsdae kom in sy huis, en hy het nie geweet wat om te doen nie. Soos die meeste seuns maar is, was hy platsak, en daar kon geen sprake wees van twee prsente nie.

Hy het eindelik besluit om met sy Moeder oor die saak te praat; dit sou 'n bietjie moeilik wees, want een van die verjaarsdae was hare. Maar sy Moeder het altyd verstaan, en sy sou hom seker 'n plan gee, het hy gedink.

Dit het egter so gebeur dat moeder self oor die saak gepraat het.

"Frank," het sy gesê, "ek hoop jy sal nie oom Herbert se verjaarsdag vergeet, sal jy?"

"Nee, ek sal nie sy verjaarsdag vergeet nie," het hy gesê: maar daar is nog 'n verjaarsdag," het hy half fluisterend gesê. Moeder het geglimlag. "Maar Oom Herbert se verjaarsdag is die belangrikste van die twee," het sy gesê.

"Wel, ek dink nie so nie," het Frank gesê op so 'n besliste wyse dat Moeder se hart sommer baie vinniger geklop het. "Ek wil Oom Herbert natuurlik ook lekker laat voel, maar meeste van alles wil ek vir Moeder gelukkig maak!"

Moeder was vreeslik aangedaan oor daardie woorde dat sy Frank gegryp en gesoen het, en dit het Frank skoon laat vergeet van sy moeilikheid in verband met die verjaarsdagpresente wat hy sou moes koop.

Stadig het die dae verbygegaan. Toe Frank hom weer kom kry, het die oggend van sy Moeder se verjaarsdag aangebreek en hy het nog nie eens besluit wat om te doen nie.

Hy is baie ongelukkig daardie oggend skool toe. Wat kon hy nou doen? Waarom het hy nie eerder besluit nie? Om sake nog erger te maak, het dit hom skielik bygeval dat hy ook niks sou kon koop onderweg huis toe van die skool af nie, want dan sou die winkels al toe wees. Hy het baie skaam gevoel dat hy so lank getalm het.

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

 Vind Audio weergawe onder aan die blad.

Enkel Ouer en Kind Kamp

Enkel Ouer Kamp

R1559
Kultuur Avontuur Kamp Stapgroep Pretoria

Stapgroep (Voetslaanklub)

R150
Perdry Pretoria Om die Dam

Om-die-Dam Perderoete

R161
Ward 91 Tshwane

Onafhanklike Kandidaat (Pretoria) 

R600

Op skool daardie dag kon hy aan niks anders dink as sy Moeder se verjaarsdag nie. Hoe kon hy huis toe kom sonder iets vir haar?

Toe het hy skielik 'n ingewing gekry. Hy sou aan haar 'n briefie skryf. Sy mag baie bly wees om 'n brief van hom te kry, en dit sou mos 'n ander soort present wees. Hoe meer hy oor die plan gedink het, hoe meer het hy daarvan gebou.

Toe het hy sommer daar by die skool 'n briefie geskryf aan sy Moeder. Daarin het hy haar vertel hoe lief hy haar het, en dat hy 'n goeie man wil word, sodat hy kan geld verdien om vir haar baie mooi goed te koop wat hy nie nou kon koop nie. Hy het geskryf dat hy haar altyd sou liefhê en vir haar sou sorg solank as sy lewe.

Nadat Frank die brief geskryf het, het hy dit in 'n koevert toegelak. By die huis gekom, het hy stilletjies na die voordeur gegaan en die brief in die briewebus gegooi. Toe het hy soos die posbode aan die deur geklop en hom uit die voete gemaak om sy Moeder kans te gee om die brief te lees.

Toe hy 'n rukkie later by die huis binnekom, was Moeder se oë vol trane, maar daar was 'n vriendelike glimlag op haar gesig. Sy het aan Frank gesê dat dit die mooiste present was wat sy nog ooit ontvang het.

Sowat vier jaar later het ek hierdie Moeder eendag op die trein ontmoet, en sy het aan my gesê: "Daardie briefie is die kosbaarste skat wat ek het."

Slaaptyd stories deur Arthur S. Maxwell

Volgende storie, asseblief?

Radio Omroeper Kort Kursus

Radio Omroeper Kort Kursus

R2095
Adult Pharma

A Pill to Thrill (Distributor Agents Needed)

R350
Independent Candidate Course

Online Independent Candidate Course

R3499
Shuttle Services Pretoria

Privaat UBER Pretoria (Shuttle Service)

R519
< >